Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Wat skryf die hand?
Wat skryf die pen?
In 'n kunste swyg
wat ek so goed herken.

*** loop die sinne
uit in 'n meesterstuk,
wanneer die muse
aan my stiltes verstik?

*** skep ek weer skrywes
wat mense laat wroeg,
sonder die hartseer
en met al hierdie moeg?

*** laat ek my digters tong
luiters in die oopgraf in
met 'n hand vol liefde
raak my siel weer blind.

Waar kom my ritme en passie vandaan
, maar beter nog, met die koms van geluk
... waar het dit heen gegaan?
Albatros , albatros
verstik aan my tong
, begrawe geheime
agter die bitterbessie bos,
Waar my geliefde swaai
aan stilswy se galg.
Weenlied van die Albatros.

Ek wortel my moed
in rooigrond en klei
, maar berre my binnegoed
in n blinde man's boek.
Wees vry , wees vry
jou sondes bely
, maar stommemans kreet
oor die liefdesoek.

Albatros , albatros
skree in die waak.
Verslenter jou naam
in die buurt se stil slaap.
En die wraak van die
doodstong sal
jou nietig verlaat.
Deel jou bitter bessies , want
dit was gister reeds te laat.
Tussen my gesteelde fotos
En bekoorde akoorde
Verstik ek aan twyfel
In my verlies aan woorde

Ń Oorverdowende stilte
In die kuberruim
,Die koperkoord kletskamers
En bakkiesblad boodskappe.
Trek op jou neus vir
Die new-age kakkerlakke.

Tik my vingers stompies
Op die gladde skerm
Rook in die aande as
My gemoedsbekakkings kerm
Oor die stilte op die foon...
Rukkings deur my lyf
My harts onwrikbare toorn

Ek **** aan jou
Ek droom van jou
Ek wens en hoop op jou
, maar self met die masker
Van moderne tegnologie;
**** jy ook
*** raas die stilte nou?
Onder die laslappie kombers
van die sterre en die maan
het my hart talle male verstik
aan n proetjie eensaam.

ñ koue hart wat reik
Na iets om vas te hou
in bed wat oorloop
Van spasies net vir jou

, maar in die siekbed van die see
Het ek te veel tyd spandeer
Voor n plafon van hoop
Wat met motreen bo my oopskeer.

En in retrospek kyk ek na my bed
Wat nog altyd leeg staan
Nie sonder jou nie
Maar oor die twyfel in my eie bestaan.

My bed was net leeg...
Oordat my hart leeg was
Soos n vol kanvas
Met wit leeg gekwas.

Want ek was daar,
En nou dat ek verstaan
Weet ek die nag is net donker
Sonder die sterre en n maan.

Wat my laat met die vraag...
Was dit die bed of was dit ek
Want wat is werklik leeg-
Die mens , of die plek?
Marie Sep 2019
Sigarette en sonskyn
Dagga en rooiwyn

Ek wil vergeet
Ek wil gelukkig wees
Ek wil lewe sonder vrees

Maar die wereld gaan dood
En Armoede verstik aan droe brood

Ons vergaan

Ek nodig sigarette en sonskyn
Ek is opsoek na goeie tye met dagga en rooiwyn

Die wereld maak seer, maar ons kan vergeet
En probeer gelukkig wees.

— The End —