Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"verskyn" poems
die wind straal die angst van my voorkop weg die skerp sout lug vul my met die prag wat voor my verskyn al die onsekerheid verdwyn soos sout wat met water meng the wind caresses my anxiety away from my brow the sharp salt air fills me with the beauty that appears before me all the uncertainly disappears just like salt that mixes with water
0
Feb 10, 2012
Feb 10, 2012 at 5:46 PM UTC
sout vir die seel - salt for the soul
Skielike hartsbegeerte verskyn oorstelp Verlang na bo om op berg vas soos boom Wil staan gaan saam met dit wat is! Sonder afwagting sonder skroom In die lewegewende liefste Stroom Sommer so sonderling se droom In stralende lagge ligse verwondering Salig met sagte wit wind wat wolk Sonder sodanige mondige verklaring Wil skugter skuif saam as woordlose tolk Gewortel in aarde geplant vir liefde se bewaring
0
Aug 13, 2020
Aug 13, 2020 at 7:17 AM UTC
Gewortel
Eina! Die prikkel van n naald Gif vloei soos water in my lewens-strome Val my liggaam aan met geweld Die skeur en afbreek van my drome Elkeen voel ek Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld Dis die knop wat als begin het, nee Die trek van n kanker stokkie Die waarskuwing op die boksie gee mee My lus kon ek nie meer hou nie 'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn' **** ek soos die rook diep in my longe verdwyn ***** is my voorland Ek kan lankal nie meer op my bene staan My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan Ek is skaam, so so skaam Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil O dood, ou vriend Vir my kan jy maar kom haal Ek wag al maande vir jou, Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal Hy was erger, soveel erger as ek Sy are het al begin kraak Na Elke inspuiting, of behandeling Het hy op alles gebraak Ek is amper daar, ek voel dit aan my Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
0
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC
Aan die dood se sy
Onverwags verskyn prag voorwaardelik Verdoesel my ongemaklike donker twyfel Natuur bekoor beskeie knus veranderlik Herinner koel met bot kleurvolle bloeisel Koester sigbaar aarde hart soet met vrolik Landskap verwelkom lag lente groen raaisel Verlig gemoed swaar wat was ondergeskik Verkwik vaal winter koue geil met verskansel Blommeryk kyk spruit uit kyk! Is dit nie Wonderlik?
0
Jul 24, 2020
Jul 24, 2020 at 6:26 AM UTC
Blommeryk
Kleurlose reënboog draai binne diepste Ongesiene vanuit donkerste draai vanuit swart Sonder om te verfraai word sowaar eers minste Volkleurspektrum vloei langsaam oppad na hart Briljante rooi illumineer oranje geel en groen Kannie wag vir die skitter verskyn *** van goud Bestraal spier deur die verhewe wit spektraal Hierdie krag straal mag maak klein benoud Kannie begin verwoord minder vertaal Vertrou die vloei maak bloei onstoflik stout Besig om jou verlede en toekoms te herskryf Einste imponderabele elektriese, elektriese spiraal!
0
Jul 28, 2020
Jul 28, 2020 at 5:08 AM UTC
Imponderabele Elektriese Spiraal