"verkeerd" poems
'n lewe in konstruksie...
dis tog die mees logiese manier om dit te beskryf...
ons bou en bou en bou,
en toets dan die produk.
Maar aan die einde, as ons klaar gebou het...
wat is dan daarvan te kom.
'n Lee huis...
'n stil pad...
en wat het ons van onself geleer?
En wat leer ons van die wereld en mense om ons
, vasgevang in die stryd teen tyd...
niks nie.
Ons het net voor onself uitgekyk
na die vaal stene
en die slukkerige sement.
Watter vreugde het dit vir ons gebring.
Niks nie.
Nee,
ek weier.
Ons is tog hier geplaas met vrye wil.
En iewers langs die pad,
raak almal die pad duister...
en word dan deur die samelewing verdoem.
Die mensdom besluit dan wat van hulle sal word...
In daardie oomblikke is God meer vergete
deur die skares wat saamdrom op die rand van die pad...
die wat lag en vinger wys...
die wat klippe gooi,
as deur die wat die prentjie aanskou.
Soms kort ons 'n perspektief van uit die donker,
om die lig rerig te verstaan...
Soms moet ons eers die genadelose aanraking van die koue voel,
voordat ons die sagte streel van die son oor ons gesigte kan waardeur.
Daar le wysheid in die donker,
want dit is in die donker waar jy aleen is,
met niemand om in jou oor te fluister wat reg of verkeerd is nie.
Net die wind om jou siel te sus,
die stilte om jou uit te rus...
en niemand wat jou god kan wees
of sy woorde
en planne
vir jou kan uitmessel nie.
Die pad het die gevaar geraak.
Dis koud en korrupt.
En ons is dankbaar,
dat ons die kans gekry het om dit te sien,
terwyl ons stadig verswelg word deur die skadu's
en wegsmelt in die donker...
want nou weet ons dat ons pyn maar net 'n gedeelte van die werklike hartseer was...
ons is die gelukkiges...
en hulle loop op die pad na verdoemtenis
Oct 8, 2013
Oct 8, 2013 at 7:12 PM UTC
Ek skrik die 10de Augustus wakker.
Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg.
Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker.
Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg.
Vaagweg **** ek, "I look to you"
"And when melodies are gone"
"I hear you in a song"
Ouma was ons eie Whitney Houston
Haar sterk gees was ons rots.
Al het ons met tye lekker koppe gebots.
Sy was my vestiging, ons familie se trots.
Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou.
Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou.
Ouma se omgee het my soveel keer gered.
Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed.
Mag die voëltjies altyd bly sing
Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring
Ouma was altyd bereid om te help
Vol genade het ouma, harde harte versmelt
Mag oupa altyd verlief bly
Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry
'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal
So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal
Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is
Al sit ek heel wat die potte mis
Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer
Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer.
Dankie vir elke koppie soet tee
Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee
Dankie dat julle vir my alles kon gee
Dat hulle harte net liefde kon skree
Dankie dat ouma my veilig kon hou
Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou.
Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou.
Ek gaan ouma mis, al my liefde, Thomas.
Aug 16, 2018
Aug 16, 2018 at 2:52 AM UTC
Want die more bring die goue
die nuwe , hitte , dag
en wind wat deur die takke skeur
die dood wat huil ;n kind wat lag
en twyfel sypel deur die huurglas
soos tik , of sandstorms
bring die tyd ook wroegings
van interne euforie
en donker oorskry die norms
geen meer swart en wit
geen meer ja , nee
reg, verkeerd
ek weet nie
ek weet nie meer nie
elke dag bring heldersiendheid
met eerste oogoplsag
maar elke more twyfel ek
terwyl Janus vir my lag...
terwyl 'n amper skynbare keuse
op 'n defnitiewe antwoord wag
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:39 AM UTC
Jy het die reg tot lewe
Oh grondwet, die dood lag jou uit!
Die sardoniese blik
van 'n gesteelde besluit,
**** jy nie die klop-klop van vier perde hoef
wyle die openbaring in
jou blaaie kom poef.
Skaam jy jou nie
vir sulks blatante leuen,
of het jy jou ore aan Satan verleen
toe jy jou hoop soos saad versprei
om naief- die jeug, in die versoekingte lei.
Ons eet karkas-krummels
as 'n daaglikse brood
Terwyl jy ons verseker
dat jy die waarheid ontbloot
soos die arme tiener meisie,
geryp; en nou - dood.
Jou bedoelings was goed,
maar jou kakpraat te groot.
Jul 14, 2014
Jul 14, 2014 at 6:38 AM UTC
n Moeder het ek al gedink is wonderlikste skepping op arde.
Sy vermaan, verstaan en dan bestaan net oral en die hele tyd gereed om te vergeet wat ek altyd verkeerd doen.
Sy othou die goeie met soveel soenne en drukkies en help altyd met die en met daaitjies.
Haar hart is skoon en woon in n plek wat my hart genoem word en sal altyd myne bly. 2016/01/09
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:47 AM UTC
Door van discussiëren en proberen
over te gaan op tieren en roepen,
chaotisch georganiseerde facebookgroepen,
die de straten en een ander mens onteren,
zullen we maar weinig bereiken.
Begrijp mij niet verkeerd, ik ben niet links
of rechts of tracht geen richting te ontwijken.
Het initiatief is alvast iets heel erg flinks.
Maar denk wat langer voor je spreekt,
zoek wat meer alvorens je de stilte breekt.
Gebrek aan kennis komt met de jaren,
is van alle tijden, ook ikzelf heb nog zeer veel te vergaren.
Inhoudelijk heb ik niet veel te bieden, make ik niet veel great
again. Maar van bovenaf, bovenal is er één ding dat ik zeker weet.
Op de man spelen, velen kan dat wel bekoren,
't is thans door op de bal te spelen dat je echt kan scoren.
Jan 17, 2019
Jan 17, 2019 at 10:21 AM UTC
Starend
Sijpelend zonlicht
Bekladde bladzijden
Overpeinzend, verlies
Deinend, verborgen
getier
Oorzaken, redenen, onzin
Niet genoeg, veel te veel
gewoon verkeerd
Zelfkastijding en eigentwist
Halve indrukken
gedempte kreten
Apex van apathie en egofobie
Dierbaren die doodzwijgen
Leven en leut die uitblijven
Ik zal het moeten ontstijgen
Aug 15, 2019
Aug 15, 2019 at 1:00 PM UTC
Hier is ek, vyf en vyftig jaar oud, met geen antwoord
hoekom is ek hier en waarheen gaan ek na die dood
wat het my lewe nou eindelik beteken;
en wie is bevoeg om daai som te bereken?
is daar n hel en n hemel, reinkarnasie of nirvana
al die interaksie, die gesukkel, die daaglikse drama
christen, moslem, boedhis, ateis of jood
almal soek iets om aan te roep in hul nood
wie is reg en wie is verkeerd; hoekom weet ons so min
duisende gedagtes, geen tyd om die rede te ontgin
soms huiwer die antwoord vir n oomblik waar my diepste gedagtes woon
en net voor ek dit kan aangryp en verstaan vervaag dit soos in n droom
en los my met niks, die eindelose sirkel, om en om
en die dooies is stom
Jun 1, 2021
Jun 1, 2021 at 7:17 AM UTC