"verhewe" poems
Ek het die siek gewoonte om oog op te slaan
en die nagprag te aanskou met digters-oog
wat 'n ster van elke mens wil maak
en elkeen wil bekoor, maar
selfs al span ek al my mag in
is daar een ster hoog verhewe...
Daar sit die ster op 'n tuinstoel troon ,
oe betowerer deur die vuur
andag gestrek deur die ganse heelal
- orals behalwe hier,
waar ek soos 'n straatbrak honger kyk,
aan die voete van 'n ster
*** almal bietjie aandag eis
*** almal van jou kry
maar ek soos 'n een aand wonder
uitteer aan jou droewe stilswy
My slapelose nagte
maak my van die drome vry
want in realiteit, al kyk ek vir die sterre,
kyk hulle soms verby.
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:44 AM UTC
Man hard half blind in twee verdeel
Soekend minwetend diep in sy donker
Vrou luikend sag half vergete verseël
Verlangend moker sy dorre die koker
Laat hulle liefs benader versoenend seel
Vloek roep sy soekend in almal veels te lank na waardige blaker
Hulle móét heimlik verblywend uiteindelik mekaar ontmoet
Gesplete verlede sal so saam versoen die pynlike splinter
Skeurende skyding sal saamvoeg mens verhewe skyn in sy geheel
Minsaam niet verewig sal getroudes liefs mekaar innerlik begin betower
Vrede verligte verpligting sal egte skeiding en miskraam gevoelig streel
Mens half harts lied sal soos lente volkome vol met saamsmelt tower
So word ons eenstemmig bymekaar gevoeg harmonieus om te sing in Liefde se Heilse Groot Koor
https://blominblou.weebly.com/blog/man-verdeel
Aug 5, 2020
Aug 5, 2020 at 8:34 AM UTC
Ryk in maniere
wat nie gemeet of
Maklik bepaal kan word
Oorstallig
Rustig
Tevrede
Ryk daarna uit
Na ander oorstelp
Wat nie kan help
Bedroewig
Mismoedig
Begewe
Deel gerus jou harts lied
Sing vir dié in droogse donker
Belaai met verdriet
Vrylik
Lieflik
Begeeflik
Herinner hulle heimlik
Hul oorvloedige innerlike erfstuk
Skink 'n heildronk op die Heilbron
Bespoedig
Begeerlik
Begiet
Buig saam die kop
Ontvang die Heilse heet
Verborge net as jy vergeet
Ligweg
Verhewe
Belewe
Stap dan heelhartig helder
Koester elke kosbare tree
Destinasie onbepaald ewig verder
https://blominblou.weebly.com/blog/skatlik-ryk
Aug 4, 2020
Aug 4, 2020 at 2:04 AM UTC
Kleurlose reënboog draai binne diepste
Ongesiene vanuit donkerste draai vanuit swart
Sonder om te verfraai word sowaar eers minste
Volkleurspektrum vloei langsaam oppad na hart
Briljante rooi illumineer oranje geel en groen
Kannie wag vir die skitter verskyn *** van goud
Bestraal spier deur die verhewe wit spektraal
Hierdie krag straal mag maak klein benoud
Kannie begin verwoord minder vertaal
Vertrou die vloei maak bloei onstoflik stout
Besig om jou verlede en toekoms te herskryf
Einste imponderabele elektriese, elektriese spiraal!
Jul 28, 2020
Jul 28, 2020 at 5:08 AM UTC