Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"vergifnis" poems
Daar was g'n tyd vir bybelversies nie , want die brood van lewe was te duur En wie wil nou regtig wag om ring As die manne vir jou hoogliedere sing. Aan die begin was daar niks nie Maar hyt gepraat met sy hande En toe was daar lig en oh die gode Dit was goed! Dit was goed! Maar hy was aleen in n wereld met als En almal was sonder naam , toe hy sy laaste een gee en ek Deur bloed en been vir hom geskep is. Dit was goed, dit was goed En ek huil snot en trane van seer Maar die appel proe soet Of jy hom in die hemel of die hel hap... Jy is die fontein van lewe, Ek drink van jou en raak dors Vir meer as net een aand van sterrevolg. Mag ek dronk raak op jou wyn? Of is jy my een reeds voor!? En ek kan.nie kerk toe hol nie En die Bybel vloek my skel Want jou lyf voel soos die Hemel Maar Hy se jy is die Hel. Mag ek langs jou bed op kniee neersak En jou hand in myne neem?? Kom ons raak besope... Genoeg om liefdesliede vir mekaar te kreun. More bid ons om vergifnis En vergeet wat sonde is Tot die vlees te veel begeer En die lewenslig so bietjie blus. Dit is *** die liefde werk, Dis my lewe dié Die struikelblok wat my versmoor Van n vel religie.
0
Feb 15, 2015
Feb 15, 2015 at 5:50 PM UTC
Die vel religie
Ek skrik die 10de Augustus wakker. Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg. Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker. Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg. Vaagweg **** ek, "I look to you" "And when melodies are gone" "I hear you in a song" Ouma was ons eie Whitney Houston Haar sterk gees was ons rots. Al het ons met tye lekker koppe gebots. Sy was my vestiging, ons familie se trots. Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou. Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou. Ouma se omgee het my soveel keer gered. Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed. Mag die voëltjies altyd bly sing Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring Ouma was altyd bereid om te help Vol genade het ouma, harde harte versmelt Mag oupa altyd verlief bly Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry 'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is Al sit ek heel wat die potte mis Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer. Dankie vir elke koppie soet tee Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee Dankie dat julle vir my alles kon gee Dat hulle harte net liefde kon skree Dankie dat ouma my veilig kon hou Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou. Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou. Ek gaan ouma mis, al my liefde, Thomas.
0
Aug 16, 2018
Aug 16, 2018 at 2:52 AM UTC
H1938 - 2018
reëndruppel, reëndruppel val van die hemels reëndruppel, teerdruppel my hart vir vergifnis bedel reëndruppel, veerdruppel op my hart val sag reëndruppel, meerdruppel 'n storm in jou mag reëndruppel, keerdruppel wag, hy kom nou reëndruppel, leerdruppel 'n brood gebak, steeds rou
0
Oct 21, 2017
Oct 21, 2017 at 12:57 PM UTC
nat.(afrikaans)