"verdwyn" poems
Met jou patetiese pantomiem teen n God wat jy haat
verkrag jy harte en bevestig sy bestaan.
*** seer voel jou vuiste as jy slaan na die wind?
*** groot voel jou ego met die roem wat jy vind?
Swakelinge swig soos skape voor jou opstand en hype
Jou talent is verduister in verganklike tripe.
Jy is nie die eerste of laaste wat laster,
wat liefde verloor met die haat wat jy koester.
Ons is almal maar net wasems wat verdwyn in die mis
tot verniet gaan ons woede en onheilige twis.
Daar is nog genade terwyl die son skyn
om omkeer te maak van die krakende pyn.
Feb 2, 2010
Feb 2, 2010 at 10:33 PM UTC
In die asemdroogtes van die nag
Word ek gebombardeer deur die warrelwinde van my ongesproke woorde
Wat ten laaste my hart van dolomiet versag
Skrapnel vlieg rond in die inner ruimtes van my gesonder verstand
In die geweldadige debat tussen die skynbare sinneloosheid van die Woord
En die gevoel van jou hand in myne
In geheim bou ek ń koningryk van lugkastele
Waarin jou beeld in elke kamer pronk.
Maar selfs díe verdwyn in die wasige misgordyn van dade
Waarvoor ek self nog swyg
Ten slotte:
Ek smag na jou...
-kammeraaddkap
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:09 PM UTC
Dis stasie was stil
en donker gelaat.
Die nag kwyn in lig
en die dag kry sy wraak.
Die spore le koud
verdwyn op die horison,
en ek wag vir 'n stoomtrein
wat nooit sal kom.
Karre jaag die lewe
in die stad duskant die spoor aan
en 'n sateliet voer ons inligting
vanuit sy ordinere wentelbaan,
maar ek verspeel my tyd
deur hier langs die spoor te staan.
My soeke vir liefde
was waar liefde ontbreek,
soos om te wag vir 'n stoomtrein
of om vir kos te smeek.
Ek soek nou vir liefde
op die verlate stasies
van die vandag se tyd
, maar al wat ek kry is 'n taxi
en die wereld lag my uit.
Ek wag vir my trein.
Ek wag vir jou.
Jun 19, 2014
Jun 19, 2014 at 7:36 PM UTC
Wanneer n mens jou gedagtes laat dwaal, oor die jarre laat verdwaal dan besef mens weereens die wonderwerke van mense.
Mense wat sterk is, sterker as wat ek is.
Mense wat wense laat waar word, soos in n storie lyn waar alle hartseer verdwyn.
Dan is daar n spesifieke mens wat ek die beste voor wens.
Wat my elke dag laat weet dat pyn mens nie kan terug hou van n lewe vol lewe en geluk nie.
n Ware punt van krag, wat regtig niks terug verwag behalwe die omgee en die liefde van n mens wat niks het om terug te gee behalwe n dankbare hart nie.
Jy is my beste maat, my nooit verlaat, my buddy en my sussie.
Ek is jou grootste fan dall. Beslis is jy alles en meer waarvoor ek kon wens en sal jou altyd lief he en trots wees op jou. 2016-04-16
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:30 AM UTC
Jare van hartseer, jare van pyn.
Eendag sal dit verdwyn en die lewe sal wees ja, makliker om te leef.
Dag vir dag stap ons deur die woude van gedagtes en *** ons dan herrinder word deur die vlaktes van daai gedagtes.
Dan onthou ons die goeie ou dae van vreugde en menigte liefde en so verander ons dag na dag ons lewens van hartseer vlaktes na wonderlike gedagtes. 2016/01/05
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:52 AM UTC
Jy het die son gaan haal
Toe dit nag was.
Oor die horison gedraf
En hom terug gesmokkel in jou tas.
Jy het hom net hier , skuins
Bo ons koppe gehang.
Sodat ek jou altyd kon sien
En nooit moes verlang.
Maar die maan het my bygebly
Haar geduldig in my skadu toegevou
-N fluisterstem in my oor
"Kyk, hy mors met jou"
Jy het die son gaan vang
Toe dit nag was
En in sy lig
Sien ek toe , wie jy eintlik was.
Jy het die son vir my gaan haal
En gedink as jy loop
Ek in sy skerp lig sal verdwaal?
Maar toe jy gaan toe hunker die maan
Sy het my trane weg gevee
En ek het saam met haar gegaan.
Gister sien ek jy kom aangedraf
En jy sit die son in jou koffer.
Toe jy weer oor die horison verdwyn
Lag ek en die maan, oor jou nuutste slagoffer.
Jul 20, 2016
Jul 20, 2016 at 1:05 AM UTC
ervaring het my beindruk experience has impressed me
en die fyn lyne and the fine lines
is op my vel on my skin
ingedruk pressed
as ek die lyne streel if i caress the lines
om hulle te laat to make them
verdwyn disappear
word ek bekalm i become calmed
ontspanning loer in relaxation peers in
soos 'n kleintjie like a young child
wie 'peek n boo' who plays
speel 'peek n boo'
drome spoel dreams spill
soos die trek van like the pull of
die getye the tides
'n hele oseaan a whole ocean
van lewe of life
in die verlede in the past
en 'n hele oseaan and a whole ocean
wat voor my le lies before me
niemand kan voorspel no one can predict
wat sal gebeur nie what will happen
die lyne in my lewe word getrek the lines in my life are drawn
deur die kunstenaar by the artist
deur die digter by the poet
deur die tuinier by the gardener
Apr 20, 2012
Apr 20, 2012 at 8:28 AM UTC
die wind
straal
die angst
van my voorkop weg
die skerp sout lug
vul my met
die prag
wat voor my
verskyn
al die onsekerheid
verdwyn
soos sout wat
met water meng
the wind
caresses
my anxiety
away from my brow
the sharp salt air
fills me with
the beauty
that appears
before me
all the uncertainly
disappears
just like salt
that mixes with water
Feb 10, 2012
Feb 10, 2012 at 5:46 PM UTC
Here gee my krag elke dag.
My pyn wil nie verdwyn.
My hart raak swaar want die jaar is net nog een van baie waar ek uit roep na U om hulp.
U genade is groot en ek glo dat U n plan berade het om my pyn te laat verdwyn.
My lewe is in U hande en ek weet U sal my bande los maak en my vry laat loop oop in n lewe van liefde en vrede.
*** wonderlik die oomblik van geen pyn, my gebede beantwoord en die pyn het verdwyn volmaak aan geraak en geseen deur n genesende hand van bo.
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:46 AM UTC
Ek het jou verloor tussen die lyne van my eksamen blok...
Jy was die orde in my
Lewe, die yin
Van
My yan....
My tipografie is
A
F
Want dit was jy wat
My met
Grense ingehok het
En my weerhou het
Van die eindelose hartseer
Wat in vryevers
Verskuil lê...
Maar ek het my eksamenblok
En jy het jou lektor wat
Veg
Vir die aandag wat by hom moet wees
, maar gemors word
O
P
Mense
&
Dinge
wat jou verlei...
Ons laatnag gesprekke
Ons saamlag-
Saam sing-
Saam huil-
Saamwees-
-sessies probeer vir lewe en dood klou...
Maar In die tiktak van
Die horlosie verdwyn
Die laaste bietjie van jou...
Jou ure is nie
Meer dieselfde as
Myne nie...
En die beelde van jou
Is nou slegs
'n goeie herrennering
En 'n hartseer what if...
Totsiens
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:25 PM UTC
Ek het jou verloor tussen die lyne van my eksamen blok...
Jy was die orde in my
Lewe, die yin
Van
My yan....
My tipografie is
A
F
Want dit was jy wat
My met
Grense ingehok het
En my weerhou het
Van die eindelose hartseer
Wat in vryevers
Verskuil lê...
Maar ek het my eksamenblok
En jy het jou lektor wat
Veg
Vir die aandag wat by hom moet wees
, maar gemors word
O
P
Mense
&
Dinge
wat jou verlei...
Ons laatnag gesprekke
Ons saamlag-
Saam sing-
Saam huil-
Saamwees-
-sessies probeer vir lewe en dood klou...
Maar In die tiktak van
Die horlosie verdwyn
Die laaste bietjie van jou...
Jou ure is nie
Meer dieselfde as
Myne nie...
En die beelde van jou
Is nou slegs
'n goeie herrennering
En 'n hartseer what if...
Totsiens
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:40 PM UTC
In die asemdroogtes van die nag
Word ek gebombardeer deur die warrelwinde van my ongesproke woorde
Wat ten laaste my hart van dolomiet versag
Skrapnel vlieg rond in die inner ruimtes van my gesonder verstand
In die geweldadige debat tussen die skynbare sinneloosheid van die Woord
En die gevoel van jou hand in myne
In geheim bou ek ń koningryk van lugkastele
Waarin jou beeld in elke kamer pronk.
Maar selfs díe verdwyn in die wasige misgordyn van dade
Waarvoor ek self nog swyg
Ten slotte:
Ek smag na jou...
-kammeraaddkap
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:58 PM UTC
Nog n jaar is verby, waar gaan die tyd dan heen?
Ek was klein en toe verdwyn n paar jaar.
Toe is ek groot en het skoon vergeet van dinge wat verby is.
Ywerig om groot mens te wees was alles tevergeefs want nou dat ek is, wens ek vir n lewens rewind in my mind, om alles weer van voor af te beleef soos gegee was aan my voor die groot mens wees wens. Dankbaar vir genade van bo vir n lewe so groot en ryk vol pragtige mense en wense.
So se ek dan dankie, dankie vir klein en groot, vir die hulpende hande in my lewens boot vir nog n jaar wat sowaar verby is. 2016-08-14
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:23 AM UTC
Kom ons wees oppervlakkig
Kom ons verbeel ons dit was niks
, 'n nag vol stampe en stote
dis al , - dis al
Kom ons wees naief
en jonk en dom
, en ... ag ek weet nie
ons leef mos net eenkeer?
Kom ons wees koud en
hard, soos die plaiveisel
en die mure waarteen jy my
vasgedruk het as ons soen!
Kom ons bou vir maande
aan iets en verloor dit
in jou hortende stem
wat soms die sprong
oor die berge kon maak,
maar nou wegkwyn in
kuberstiltes -stiltes -stiltes
waar jou ***** se echo
in die verlede verdwyn.
Waar is jy nou?
Nou dat my are al
lintend- swerwend in
die wind agter jou wapper
en my hart knus in jou
glas bottel le...
nog 'n glas bottel,
was al wat jy werklik wou he.
Kom ons wees verlief
Depressief
Agressief
Neem inisiatief en
vergeet van my...
,want diep binne
het ek jou
nog eintlik lief...
Hello Genisis
Kom ons wees oppervlakkig...
Jun 3, 2014
Jun 3, 2014 at 6:10 AM UTC
Bo op 'n berg
Met my bobbejaan gedagtes wat terg
Die eggo van my mania skree terug
Wat soek jy hier?
Ek drink uit die rivier
Ek sink my oë in die rooi son
Ek **** alweer
Die donker wolke
Die reën wat kom
Ek laat my gedagtes so dans
Plek tot plek
Gras van Kees
En mens en vlees
Sny deur my
Woede en naaktheid
Die lag van 'n sekere malheid
En die sagtheid van jou moeder ken
En dan meer bring ek twee
Van my na die tafel in 'n oop gesprek
Met my leemtes en my onbeheerbare
Soeke na wat ek herken binne my donker gate
Ek dwaal verlate
In riviere van die samelewing
Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn
In die strate van spoed en bloed
Die woorde uit die bek van die dier
Die ongetemde kwaad van primate
Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles
Tot hy verval en wegkwyn
Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre
Waarheid en verlossing
Waar vind ek die antwoord vir alles?
Sep 18, 2019
Sep 18, 2019 at 5:40 PM UTC
dis amper vyf jaar later.
jy drink nog saam my koffie in my bed tydens ons stiptelike afspraak -
op nostalgiese Sondae aande
wanneer die wêreld stilraak,
kort voor die week weer sy stophorlosie
aanpas.
die herinneringe tog só aanskoulik,
maar stééds kan ek myself nie bring om
jou stem te herroep nie!
voor ek jou kan vasgryp, weer saam jou kan lag
óf
my gesig sag teen jou bors kan vasdruk,
verdwyn jy,
en Skuld neem jou plek in tussen die lakens,
klink die koppie teen myne
gee ‘n grynslag
en sluk my heel in.
Jul 21, 2019
Jul 21, 2019 at 1:47 PM UTC
In die hart van Afrika se suidegrond,
Styg ’n taal, sterk en bond.
Diep in son en sand,
Stemme dra oor hierdie land.
Afrikaans, die taal van hart en kin,
Gevleg met stories van waar ons was en bin.
Van boereveld tot stad se straat,
Sy ritme sterk, sy klank hard.
Woorde wat van berge hoog weerklink,
Stories oud, na die hemel gesink.
Met elke “sê,” ’n belofte gegee,
Van erfenis wat nooit sal verdwyn.
Ons taal sing van lag, van trane en vrees,
Van stryde gewen en drome geheg.
Al verander die tyd, al rol die gety,
Afrikaans bly staan, sterk en vry.
So hef jou stem, laat dit luid wees,
’n Lied van trots, ’n taal om te lees.
Want in elke frase, elke woord en rym,
Dra ons ons Afrikaans, deur elke tyd.
Nov 5, 2024
Nov 5, 2024 at 1:54 PM UTC
Eina! Die prikkel van n naald
Gif vloei soos water in my lewens-strome
Val my liggaam aan met geweld
Die skeur en afbreek van my drome
Elkeen voel ek
Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld
Dis die knop wat als begin het, nee
Die trek van n kanker stokkie
Die waarskuwing op die boksie gee mee
My lus kon ek nie meer hou nie
'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn'
**** ek soos die rook diep in my longe verdwyn
***** is my voorland
Ek kan lankal nie meer op my bene staan
My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan
Ek is skaam, so so skaam
Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil
Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil
O dood, ou vriend
Vir my kan jy maar kom haal
Ek wag al maande vir jou,
Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal
Hy was erger, soveel erger as ek
Sy are het al begin kraak
Na Elke inspuiting, of behandeling
Het hy op alles gebraak
Ek is amper daar, ek voel dit aan my
Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC
nóú is alles
dit verdwyn
of jy laat los of klou
glip deur
jou geheue as jy gryp
na die moes en sou
dis die vegeetbare rituele
die nietighede
wat ons op
ons voete hou
vou jou wasgoed
voer jou kinders
koester jou kleinood
onthou
om te onthou
May 13, 2022
May 13, 2022 at 11:01 PM UTC