"verby" poems
Jou intrieke detail
En fokus, riem deur
Jou werk soos are...
En ontmitologiseer die
Twyfel rondom ń
Onbetwyfelde meesterstuk...
Jou woorde is die huid
Van ń poëtiese mens
Wat sy stem verhef
Oor die onbenullighede
Wat my begaan , en
My fyn moed,
So breekbaar soos ma
Se porselein goed...
Raak jy verlore of
Raak jy aan my hart.
Raak jy dalk moeg
Vir die bleeksiel wat
Vêr verlore raak in jou
Oneindige insig.
Want jou woorde spoel
Oor die blaai in ń
Vloedgolf van misverstand,
soutwater smart streel
Jou alliterende liefde
Wat verby my rym...
Ons was nog altyd ń klug.
Verlief op ń digter.
Onbenullig, die metafoor.
Tussen die lieflike lyne
-Sal ek myself verloor.
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:05 PM UTC
As ek snags
in ons bed
met my koue voet
jou warm kniekuil kry
dan voel ek
die ewige geluk
ook al is môre
dalk alles verby
Oct 13, 2017
Oct 13, 2017 at 6:03 AM UTC
Ek het die siek gewoonte om oog op te slaan
en die nagprag te aanskou met digters-oog
wat 'n ster van elke mens wil maak
en elkeen wil bekoor, maar
selfs al span ek al my mag in
is daar een ster hoog verhewe...
Daar sit die ster op 'n tuinstoel troon ,
oe betowerer deur die vuur
andag gestrek deur die ganse heelal
- orals behalwe hier,
waar ek soos 'n straatbrak honger kyk,
aan die voete van 'n ster
*** almal bietjie aandag eis
*** almal van jou kry
maar ek soos 'n een aand wonder
uitteer aan jou droewe stilswy
My slapelose nagte
maak my van die drome vry
want in realiteit, al kyk ek vir die sterre,
kyk hulle soms verby.
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:44 AM UTC
My kinderjare was
Soetsappige drome
En ek het weggesluimer
Agter suiwer onskuld,
Met ń krag van geloof
Wat my oortuig het dat
My God ook jou God is...
Dat elke pad ń onnodige
Veiligheidsgordel verg
Dat elke beursie ń oneindigheid van R20
Note besit het en dat
Elke graf leeg was na die derde dag
Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde
Uiltjies knip wat my
Tot die meerderheids
Besef van addolosensie gebring het.
Selfs al het ek teen ń
Eksponensiële spoed
Ń volwasse begrip ontwikkel
,Was my redenasie oor die
Hiernamaals nog vaag
Met slaap in die oog
Eers toe daar een
langs my Val
En tien aan my sy
Het die drakoniese deun
Van die doodswek my
Uit my snoesige slaap geruk.
Met elke groef wat nuwe
Paaie teer vir my trane,
Elke silwer randjie wat
Lostrek van die donker wolke
En op my hoof kom rus
Soos die koue staal
Van ń koningin se swaard
Wat my inlyf in die
Sidderende realiteit van grootword en lewe
Nou is die droom verby
Nou staan ek op
En vrees om plat te val...
Ek oes en saai
Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai...
Nou word paaie ń lang gebed
Ter beskerming van my hart
Wat ek so maklik uitdeel
En beursies ń kommoditeit
Wat skree van die honger
Soos die mense van ń land
Wat al sy geloof verloor het...
Nou brand die sand my voete
En die seesout droog my vel...
Nou word wraak ń amp
En liefde ń kombinasie
Van gifte en giwwe
, maar ek sal nooit weet
Wanneer is dit wat nie...
Nou word lewe ń gebed.
Ek het ophou my
Kinder rympies sê,
Nou bid ek pynlik swaar
En hoop dat God
Nog genade vir my en
vir jou Sal hê
Amen
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:44 PM UTC
Dis nou die tyd om te babbel
En my mond verby te praat
, want hulle sê mos
A drunk man's words is
A sober man's thoughts...
En wie weet dalk vind ek
Die antwoorde in ń diep gesprek met myself...
Sien ek is nie een van daardie
AA lappies wat skeinheilig
Sit en slukkies suip om
Geluk onder in die bottel
Op te spoor nie.
Ek rook skaamteloos en
Omhels die intense stank
Van 10 jaar se lewe wat ek
Mors en longkanker, want
Dit herrinner my an oupa se
Skoot en *** veilig ek was
In daardie asbak woonstel
Waar ek soos white-trash eers my brood moes inspekteer vir
Indringer kokkerotte wat ook
Maar net teen ons kompeteer het
Vir ń krummeltjie kos.
Ek babbel, want wat anders kan mens doen as vrees jou aangryp as die koue staal jou hande brand -
En nee ek praat nie van lemme en inspuitings nie,
Want lemme maak merke waarvan ek reeds te veel het wat nou oor my polse uitgesprei lê en my herrinner *** swak ek was, maar *** sterk ek was... en inspuitings los ek vir die dokters en susters en die bloeddiens
Wat my leeg wil tap om een of ander sad case se lewe te red met bloed van ń bloedjie wat self nog in die verdoemtenis rond dwaal.
Ek babbel, want dis social anxiety en scary stuff om in ń kring te sit en Russian roulette te speel met al 5 van die mense wat ander van jou verwag om te wees. Want wat gebeur as ek myself in hierdie hoerasie van persoonlikhede raakskiet. *** weet ek watter een is ek as elke een die sneller swaar trek en hoop en bid vir ń blank... *** weet ek.
Kliek...
Kliek...
Kliek...
Kliek...
Bang!!
En nou babbel ek maar weer
...
Want ek het so pas agtergekom ek weet ook nie juis *** dit voel om dood te wees nie.
Wie is ek...
*** sal ek weet
Bang!
Bang!
Bang!
...
Ek weet.
Apr 26, 2014
Apr 26, 2014 at 8:23 PM UTC
*Binne d vlgde 20 min verjaar jy ~ jy word ouer ~ nog 'n jaar verby ~ waisted! Or so it feels! Ma net vi een rede... Its another year I did not spend with you!!! Jys my love at first sight! The love of my life!! And I'm not there wif you!!!! Ek hoop mt my hele hart ~ jy geniet jou aand! Weet net ek sit hier ~ en **** an jo wens ek was daar saam mt jo!!! Happy birthday!!*
Apr 16, 2011
Apr 16, 2011 at 2:01 PM UTC
want my fyn porselein is nou skerwe op die vloer
als wat goed is in die lewe;
saam met die suur melk uitgemoer
al my heuningtee en moerkoffie staan nietig in my kas
, ek hunker na n glasie brandewyn
om die herrinneringe mee weg te was.
Want Vader al val 'n duisend aan my sy
en tien duisend hier langs my
vlieg Eros se pyle net die heeltyd verby.
Ek is moeg vir alleen wees
moeg vir bang wees
vir koue voete
koue hande en
'n hart wat altyd koud sal wees.
waars die liefde en genade
waarvan ons in ******
en die Bybel lees.
Waars my stukkie hemel.
Waars my engelkoor.
Is dit ook tussen my suur melk...
of het ek dit deur bottervingers verloor?
Jun 23, 2014
Jun 23, 2014 at 7:46 PM UTC
Alleen staan ek in die gang
Onsigbaar vir die om my
My woorde het geen krag
Soos ‘n warrelwind is dit gou verby.
Maar die bome ritsel nie eers nie,
Die wind verroer nie ‘n blaar.
Die warrelwind keer terug na my
Om saam met die ander op te gaar.
Hierdie woorde-winde binne my,
Worstel in my siel,
Dit deurdrenk enige gevoel van samesyn,
Soos ‘n slak onder ‘n trok se wiel..
Splat,
Squish
Eeeuw, gross!
Lê my lewe op die steen
Sies, Ga
Ag nee a man
Spoel dit weg saam met die reën.
Wie sal die woorde wil hê?
Wie sal die warrelwind kan verstaan?
My soektog is nog lank nie verby nie,
Maar vir nou berus ek myself op papier
en by die Maan.
Jan 20, 2014
Jan 20, 2014 at 1:20 PM UTC
Jy wys nie die son vir 'n blinde wat weer kan sien nie.
Dis mos nou kinders-kry dan trou ,
'n priem baba se : Ek is lief vir jou.
Verby nog voor dit begin het.
Of is my hart nou wiegiedood wat
doodluiters my eie galg om die baba hang.
Breek ek die glas-skoen? voordat die lewe dit kan breek?
Of het ek nou maar oulaas 'n manier
om al die goeie goed - uit vrees
van stapel te stuur?
Ek kan jou volg... sal jou volg;
sou jou volg tot waar die wind ons waai
en saam jou kan ek... sal ek
sou ek heeldag rondomtalie en tiekiedraai,
maar *** gaan ek die onbekende in
as dit tussen my en die horison le?
My hartklop eikehout in die gang,
hy klop nog koud , maar hy klop nou!
En jy praat van altyd en van later en van dan:
verder selfs as wat my sig durf reik!
Jy is my nou.
Jammer dat ek more jou gister gaan wees;
probeer verstaan, ek verlang nog silwer en plooie
en die wereld is my lapdoek en die lewe is my lee papier
en ek wil groei.
Ek kan nie die trouring dra nie
,as hy nog koud aan my vinger kleef...
my hart is dalk nog prematuur ,
maar ek wil graag uitgan
en die koue skouers en spervure
vir my self gaan beleef.
Moet my nie die son wys nie
Ek leer nou eers *** om te sien...
en moet nie se jy is lief vir my nie,
want more is dit verby nog voor dit begin het.
En dan hang ek die priem.
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:42 AM UTC
Nog n jaar is verby, waar gaan die tyd dan heen?
Ek was klein en toe verdwyn n paar jaar.
Toe is ek groot en het skoon vergeet van dinge wat verby is.
Ywerig om groot mens te wees was alles tevergeefs want nou dat ek is, wens ek vir n lewens rewind in my mind, om alles weer van voor af te beleef soos gegee was aan my voor die groot mens wees wens. Dankbaar vir genade van bo vir n lewe so groot en ryk vol pragtige mense en wense.
So se ek dan dankie, dankie vir klein en groot, vir die hulpende hande in my lewens boot vir nog n jaar wat sowaar verby is. 2016-08-14
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:23 AM UTC
Knipoog, wink-oog
Loop verby
Hart kyk weg
Om die invloed te vermy
Raak an my hand
Vat mis, raak my siel
Raak ek verlief?
Wat het my besiel?
Knipoog , winkoog
Is dit vir my?
Nee , dis vir haar...
Jy kyk my verby!!
Lok uit suspisie
Gee my die hoop;
Hoeveel ander het
Hul siel aan jou verkoop?
Bruin oog, blink oog
Blink jy vir my?
Lees weer jou rympies
Om my hart te kry!!
Maak gou liefste
Lewe flits verby,
Lees jy jou rympies:
Vir haar...
Of vir my!?
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:46 PM UTC
So ver ek loop ruik ek die droogte, die son se gebak, maar ja ek loop met gemak, al vinniger en vinniger die pad langs.
My droom het waar geword om n ver pad langs te stap en te gesels, met wie anders as met myself, die wind, die vertes en die mindere gebergtes.
Die wind waai om my heen, dit kreun en steun, maar dit leen my n tyd vir alleen wees in my gedagtes, ag daar is net geen klagtes.
Soos ek stap lag ek klip hard want my hart voel so vry, so vry soos die wind wat my verby kry.
Dan haal ek die wind weer in en sing n lied van blydskap teenoor my Heer, my dapper Held en stap Maat.
Soos die dae verby gaan en die vertes nader kom, verstom ek my aan my hart se gejubel van blydskap en geluk.
My hart is vry so ver soos die oog kan sien, ek loop in vreugde en gemak, dag na dag in n natuur so hard maar tog so sag.
My hart smag na my liefde, die maat van my lewe, so ewe te vroeg weg gevat, maar stap, stap hy saam en ons hou net aan en aan tot ons weer by mekaar gaan staan in n veld van omhelsing en blye verwelkoming, hand aan hand net aan die Anderkant.
Ja my hart is vry so ver soos die oog kan bedui.....
2017-11-08
Dec 3, 2017
Dec 3, 2017 at 7:55 AM UTC
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik tuis;
Tuis soos in n vreemde wereld wat juis net vir my gemaak is.
Die outydse geboue wat vertel van jare terug, die noue strate wat ver af le amper verby more, die klasieke fietse met klokkies wat "trieng" in die verby gaan na ander plekke, ook die french brode wat jou vertel van vandag en die krag van twee hande wat gebruik is om die smaak in jou gedagtes te laat verdwaal, om n storie te vertel.
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik bly;
Bly soos n kind wat haarself bevind in n lewe vol nuwe dinge, vol nuwe betekenisse soos n nuwe paar oe wat oop gaan om te sien en dan te verstaan.
Maar die lewe gaan aan met n lank terug en n more wat kom of n vandag wat verby gly na n elke dag;
Wat my vertel van n lewe van geluk en plesier om te geniet vandag, elke dag.
2016/07/17
Jul 3, 2017
Jul 3, 2017 at 1:39 AM UTC
Voel jy ook soms asof die wêreld na 'n einde kom
Niks maak meer saak nie
Niks het meer waarde nie
Al wat oorbly is nou
Alles voel so lank gelede
Die jare het verby gevlieg
Hier staan ons aan die einde van 'n reënboog
En na alles wat gedoen en gesê was
Kruis ons paaie weer mekaar
'n Bittersoet versoening
Ons het 'n kronkelpad geloop
Ons het tydelik ontspoor
Maar nou verstaan ons mekaar
Niemand is tog so anders nie
Ons het meer ingemeen as wat ons kon droom
Maar dit was 'n stryd
Net om te vind dat ons tog so eenders is
Tyd gemors, tyd verloor
Hier staan ons nou op die laaste spoor
Die fluit het geblaas
Die treine rol in
Treine wat mekaar gemis het
Treine wat behoort aan mekaar
Jan 17, 2025
Jan 17, 2025 at 6:06 AM UTC