"verbeel" poems
Vanaand vou ek my snoesig toe
in die soet-droom blou lug
iewers tussen die maan en die sterre...
en as die liggies my pla
trek ek weer, soos kleintyd, die duvet oor my kop
en verbeel myself dat
jy
en jou honger hande
nie in die werled bestaan nie!!
Ek kruip dan in die sagte plekkies
van ontstuimige oseane...
so tussen deur die nate van
die brekende golwe...
en le terug as die trek
van moegheid my kom haal...
en terwyl die vloeiende satyn
my wange streel...
maak ek my oe toe
en glimlag
Nov 11, 2013
Nov 11, 2013 at 3:38 PM UTC
Soos die maanlig steel deur die loetjie in my gordyn
Sluip jy my gedagtes in so net voor ek aan die slaap raak
So asof ek ewe skielik van jou bewus word
Terwyl jy eintlik al die heeltyd oor my **** streel
en saggies in my oor fluister oor dinge wat my hart vinniger laat klop
Of, verbeel ek my al hierdie dinge
En is my laaste asem voor Klaas Vakie my wegneem niks meer
As gewone naggeluide en n kwynende gewelfd..
Nov 26, 2012
Nov 26, 2012 at 3:08 PM UTC
Kom ons wees oppervlakkig
Kom ons verbeel ons dit was niks
, 'n nag vol stampe en stote
dis al , - dis al
Kom ons wees naief
en jonk en dom
, en ... ag ek weet nie
ons leef mos net eenkeer?
Kom ons wees koud en
hard, soos die plaiveisel
en die mure waarteen jy my
vasgedruk het as ons soen!
Kom ons bou vir maande
aan iets en verloor dit
in jou hortende stem
wat soms die sprong
oor die berge kon maak,
maar nou wegkwyn in
kuberstiltes -stiltes -stiltes
waar jou ***** se echo
in die verlede verdwyn.
Waar is jy nou?
Nou dat my are al
lintend- swerwend in
die wind agter jou wapper
en my hart knus in jou
glas bottel le...
nog 'n glas bottel,
was al wat jy werklik wou he.
Kom ons wees verlief
Depressief
Agressief
Neem inisiatief en
vergeet van my...
,want diep binne
het ek jou
nog eintlik lief...
Hello Genisis
Kom ons wees oppervlakkig...
Jun 3, 2014
Jun 3, 2014 at 6:10 AM UTC