"vasgevang" poems
'n lewe in konstruksie...
dis tog die mees logiese manier om dit te beskryf...
ons bou en bou en bou,
en toets dan die produk.
Maar aan die einde, as ons klaar gebou het...
wat is dan daarvan te kom.
'n Lee huis...
'n stil pad...
en wat het ons van onself geleer?
En wat leer ons van die wereld en mense om ons
, vasgevang in die stryd teen tyd...
niks nie.
Ons het net voor onself uitgekyk
na die vaal stene
en die slukkerige sement.
Watter vreugde het dit vir ons gebring.
Niks nie.
Nee,
ek weier.
Ons is tog hier geplaas met vrye wil.
En iewers langs die pad,
raak almal die pad duister...
en word dan deur die samelewing verdoem.
Die mensdom besluit dan wat van hulle sal word...
In daardie oomblikke is God meer vergete
deur die skares wat saamdrom op die rand van die pad...
die wat lag en vinger wys...
die wat klippe gooi,
as deur die wat die prentjie aanskou.
Soms kort ons 'n perspektief van uit die donker,
om die lig rerig te verstaan...
Soms moet ons eers die genadelose aanraking van die koue voel,
voordat ons die sagte streel van die son oor ons gesigte kan waardeur.
Daar le wysheid in die donker,
want dit is in die donker waar jy aleen is,
met niemand om in jou oor te fluister wat reg of verkeerd is nie.
Net die wind om jou siel te sus,
die stilte om jou uit te rus...
en niemand wat jou god kan wees
of sy woorde
en planne
vir jou kan uitmessel nie.
Die pad het die gevaar geraak.
Dis koud en korrupt.
En ons is dankbaar,
dat ons die kans gekry het om dit te sien,
terwyl ons stadig verswelg word deur die skadu's
en wegsmelt in die donker...
want nou weet ons dat ons pyn maar net 'n gedeelte van die werklike hartseer was...
ons is die gelukkiges...
en hulle loop op die pad na verdoemtenis
Oct 8, 2013
Oct 8, 2013 at 7:12 PM UTC
Agressie kook in my siel
Dit brand soos warm olie
Ek is kwaad.
So fokken kwaad.
Alles is kak
En ek is vasgevang
In 'n eindelose storm
Van sweet en rooi
My wese donder en brul
So.
Liewe Wereld,
Jou ma se poes.
Jan 31, 2013
Jan 31, 2013 at 10:15 AM UTC
sommige mense siele some people’s souls
skyn van hul shine out of
ligame uit their bodies
anders is betrap others are trapped
vasgevang embroiled
in bitter denke in bitter thoughts
in bitter dade in bitter deeds
opgevreet consumed
deur by
angst anxiety
jalousie jealousy
gierigheid greed
onsekerheid uncertainty
opgetwis twisted up
onbewus unaware
Jun 14, 2012
Jun 14, 2012 at 8:08 AM UTC