Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"vasgedruk" poems
Kom ons wees oppervlakkig Kom ons verbeel ons dit was niks , 'n nag vol stampe en stote dis al , - dis al Kom ons wees naief en jonk en dom , en ... ag ek weet nie ons leef mos net eenkeer? Kom ons wees koud en hard, soos die plaiveisel en die mure waarteen jy my vasgedruk het as ons soen! Kom ons bou vir maande aan iets en verloor dit in jou hortende stem wat soms die sprong oor die berge kon maak, maar nou wegkwyn in kuberstiltes -stiltes -stiltes waar jou ***** se echo in die verlede verdwyn. Waar is jy nou? Nou dat my are al lintend- swerwend in die wind agter jou wapper en my hart knus in jou glas bottel le... nog 'n glas bottel, was al wat jy werklik wou he. Kom ons wees verlief Depressief Agressief Neem inisiatief en vergeet van my... ,want diep binne het ek jou nog eintlik lief... Hello Genisis Kom ons wees oppervlakkig...
0
Jun 3, 2014
Jun 3, 2014 at 6:10 AM UTC
Siklus
Skryf poësie in die sand Dis altyd soeter deur jou hand Sien *** die letters smelt as die gety inkom Dis nou te laat om weer huis toe te kom Kom ons hardloop in die nag Wilde harte is op jag Vasgedruk hier in mekaar se arms Lê ons veilig, bly en warm Ek wil jou vra, kan ek soen jou op die bek Soos ons gedoen het toe ons nog verliefdes was Om vriende aan die einde van dit als te bly Was wat ons wou, maar dit gee geen vrede nie
0
Apr 17, 2023
Apr 17, 2023 at 12:35 AM UTC
Vriende aan die Einde