Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"vanaand" poems
En wanneer hou ons piekniek op die maan - daar waar die son nie meer skyn nie, kan ek jou donker toevlug wees as die dag se hitte steek? en sal jy 'n skadu gooi oor my en my lieflike hart ons kan saam met strome swem as die branders oor ons breek. Voor vrees jy weer oortrek en my noodloos in die noodlot agter laat in 'n eensame straat, van drome en ander herrennerings wat by my ***** van liefde en so ook my verlede wat jy veronderstel was om te tem. En in die gaap van stilte tyding waar die wysers ons vermy, sing ek my eensaam lied en vra vir jou... **** jy die golwe huil vir die koeelronde maan? Sien jy die spore op die strand? Waar vat die pad van verdwaaltenis my, anders as na Jonker se hand. Vanaand is ek verslae. Die maan se kind trek pêrels en rol hulle oor die hartseer berge. Vanaand le ek en dryf, terwyl ek kyk na die maan, en die sterre... sal jy my wolkombers wees , my glimlag pille vir kersfees, want ek is dalk te arm , maar ryklik met jou geseen. Sal jy my korrel sand , my rooikruis , my boei want my hart is reeds verweer , keur my voor ek ook in die see uitbloei.
0
Jan 6, 2015
Jan 6, 2015 at 3:41 PM UTC
Red my
Vanaand vou ek my snoesig toe in die soet-droom blou lug iewers tussen die maan en die sterre... en as die liggies my pla trek ek weer, soos kleintyd, die duvet oor my kop en verbeel myself dat jy en jou honger hande nie in die werled bestaan nie!! Ek kruip dan in die sagte plekkies van ontstuimige oseane... so tussen deur die nate van die brekende golwe... en le terug as die trek van moegheid my kom haal... en terwyl die vloeiende satyn my wange streel... maak ek my oe toe en glimlag
0
Nov 11, 2013
Nov 11, 2013 at 3:38 PM UTC
Onder die duvet
skuld skuld skuldenaar dit suis vanaand in tolbos tale rond-en-wind-ge-foeter oor ‘n dor doer pad ‘n uitgestrekte stoftong lek geraamtes tot aan die silwer koppies in die Klein Karoo se maan skuld skuld skuld–in–aar is Ma ‘n vreemdeling wat staan en tee drink in ‘n ander vrou se blou kombuis skuld skuld skuld–in–haar al starend na die krake weerspieël die vensterglas ‘n aarde broos verbrokkel maar die reën sal kom my kind die reën sal kom profeteer die roes–rooi wolke al loeiend in die wind sal Ma staan onmiskenbaar soos ongetemde buffelsgras gewortel en gegrond
0
Jul 12, 2016
Jul 12, 2016 at 6:22 AM UTC
DROOGTE IN MY MOEDERTAAL
Ini stilte vani nag Terwyl di krieke sing Fluister die slang Dus ju laastes in ju eigene bed Hy fluister direk na my vrees Vrees onbeskryfbare vrees X vul hu my kop di spanning neem Hu verlang x vanaand vi ju Soos woestyn na water X ken my waarheid X staan op my waarheid Ma huveel struikelblokke voor da kom Huveel spanning n gedagtes voor redding My redder vertrou x op Tot my laaste Amen
0
Oct 25, 2017
Oct 25, 2017 at 3:10 AM UTC
2017.10.24
ek glo nie, maar vanaand bid ek, nie vir wat of wie, maar vir wat ooit was, vir my onskuldige jeug, toe ek plesier kon haal uit pakkies swiets, toe ek nie geweet het van oud word nie, ek glo nie, maar vanaand is ek op my knieë, want iewers het ek my onskuld verloor, my plesier word nie meer geput uit sondag oggend cartoons, of met vriende speel na school, met vrees in my hart sluit ek my oë, en verdwaal in hierdie jongere drome, vanaand is daar geen hallelujahs, en geen amens
0
Jun 18, 2020
Jun 18, 2020 at 7:02 PM UTC
ek glo nie