Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"twyfel" poems
Jou intrieke detail En fokus, riem deur Jou werk soos are... En ontmitologiseer die Twyfel rondom ń Onbetwyfelde meesterstuk... Jou woorde is die huid Van ń poëtiese mens Wat sy stem verhef Oor die onbenullighede Wat my begaan , en My fyn moed, So breekbaar soos ma Se porselein goed... Raak jy verlore of Raak jy aan my hart. Raak jy dalk moeg Vir die bleeksiel wat Vêr verlore raak in jou Oneindige insig. Want jou woorde spoel Oor die blaai in ń Vloedgolf van misverstand, soutwater smart streel Jou alliterende liefde Wat verby my rym... Ons was nog altyd ń klug. Verlief op ń digter. Onbenullig, die metafoor. Tussen die lieflike lyne -Sal ek myself verloor.
0
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:05 PM UTC
Digterlike liefde
Tussen my gesteelde fotos En bekoorde akoorde Verstik ek aan twyfel In my verlies aan woorde Ń Oorverdowende stilte In die kuberruim ,Die koperkoord kletskamers En bakkiesblad boodskappe. Trek op jou neus vir Die new-age kakkerlakke. Tik my vingers stompies Op die gladde skerm Rook in die aande as My gemoedsbekakkings kerm Oor die stilte op die foon... Rukkings deur my lyf My harts onwrikbare toorn Ek **** aan jou Ek droom van jou Ek wens en hoop op jou , maar self met die masker Van moderne tegnologie; **** jy ook *** raas die stilte nou?
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:37 PM UTC
Oorverdowende stiltes
Onder die laslappie kombers van die sterre en die maan het my hart talle male verstik aan n proetjie eensaam. ñ koue hart wat reik Na iets om vas te hou in bed wat oorloop Van spasies net vir jou , maar in die siekbed van die see Het ek te veel tyd spandeer Voor n plafon van hoop Wat met motreen bo my oopskeer. En in retrospek kyk ek na my bed Wat nog altyd leeg staan Nie sonder jou nie Maar oor die twyfel in my eie bestaan. My bed was net leeg... Oordat my hart leeg was Soos n vol kanvas Met wit leeg gekwas. Want ek was daar, En nou dat ek verstaan Weet ek die nag is net donker Sonder die sterre en n maan. Wat my laat met die vraag... Was dit die bed of was dit ek Want wat is werklik leeg- Die mens , of die plek?
0
Jul 9, 2016
Jul 9, 2016 at 2:49 AM UTC
'n leë bed
Hoeveel keer gaan jy my hart nog breek? Jy het belowe jy sal dit nooit doen nie Ek weet ek het nie jou liefde hanteer soos ek moes nie Ek was nie gereed nie en jy weet dit nou meer as ooit Maar dat ek jou lief gehad het, en steeds het, is sonder twyfel Ek weet ek het dit nie gewys in die maniere wat ek moes nie Ek weet ek moes jou buckets vol maak Ek het getry Maar vandag is n ander storie Vandag kan ek sê dat ek geleer het Ek kan sê dat ek verstaan wat mens moet gee Ek begryp die betekenis van liefde Ek verstaan wat ń soulmate beteken En tog weereens smyt jy my weg soos ń ou lap Ek ken nie die mens wat jy nou is nie, jy is harteloos, verdwaal, onbekend En so ken jy my nie meer nie "You don't know the new me, I put my pieces back differently"
0
Jun 1, 2017
Jun 1, 2017 at 9:56 AM UTC
Wie is jy?
Want die more bring die goue die nuwe , hitte , dag en wind wat deur die takke skeur die dood wat huil ;n kind wat lag en twyfel sypel deur die huurglas soos tik , of sandstorms bring die tyd ook wroegings van interne euforie en donker oorskry die norms geen meer swart en wit geen meer ja , nee reg, verkeerd ek weet nie ek weet nie meer nie elke dag bring heldersiendheid met eerste oogoplsag maar elke more twyfel ek terwyl Janus vir my lag... terwyl 'n amper skynbare keuse op 'n defnitiewe antwoord wag
0
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:39 AM UTC
As tyd nie leer nie
Onverwags verskyn prag voorwaardelik Verdoesel my ongemaklike donker twyfel Natuur bekoor beskeie knus veranderlik Herinner koel met bot kleurvolle bloeisel Koester sigbaar aarde hart soet met vrolik Landskap verwelkom lag lente groen raaisel Verlig gemoed swaar wat was ondergeskik Verkwik vaal winter koue geil met verskansel Blommeryk kyk spruit uit kyk! Is dit nie Wonderlik?
0
Jul 24, 2020
Jul 24, 2020 at 6:26 AM UTC
Blommeryk