Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"toegevou" poems
Jy het die son gaan haal Toe dit nag was. Oor die horison gedraf En hom terug gesmokkel in jou tas. Jy het hom net hier , skuins Bo ons koppe gehang. Sodat ek jou altyd kon sien En nooit moes verlang. Maar die maan het my bygebly Haar geduldig in my skadu toegevou -N fluisterstem in my oor "Kyk, hy mors met jou" Jy het die son gaan vang Toe dit nag was En in sy lig Sien ek toe , wie jy eintlik was. Jy het die son vir my gaan haal En gedink as jy loop Ek in sy skerp lig sal verdwaal? Maar toe jy gaan toe hunker die maan Sy het my trane weg gevee En ek het saam met haar gegaan. Gister sien ek jy kom aangedraf En jy sit die son in jou koffer. Toe jy weer oor die horison verdwyn Lag ek en die maan, oor jou nuutste slagoffer.
0
Jul 20, 2016
Jul 20, 2016 at 1:05 AM UTC
Sonvanger
Ek skrik die 10de Augustus wakker. Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg. Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker. Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg. Vaagweg **** ek, "I look to you" "And when melodies are gone" "I hear you in a song" Ouma was ons eie Whitney Houston Haar sterk gees was ons rots. Al het ons met tye lekker koppe gebots. Sy was my vestiging, ons familie se trots. Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou. Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou. Ouma se omgee het my soveel keer gered. Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed. Mag die voëltjies altyd bly sing Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring Ouma was altyd bereid om te help Vol genade het ouma, harde harte versmelt Mag oupa altyd verlief bly Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry 'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is Al sit ek heel wat die potte mis Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer. Dankie vir elke koppie soet tee Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee Dankie dat julle vir my alles kon gee Dat hulle harte net liefde kon skree Dankie dat ouma my veilig kon hou Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou. Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou. Ek gaan ouma mis, al my liefde, Thomas.
0
Aug 16, 2018
Aug 16, 2018 at 2:52 AM UTC
H1938 - 2018
ek staar dae lank na n lee wit muur binne my brand als soos vuur in eensaamheid word ek toegevou buite kou die druppels dou die laaste uur voel ek so koud voel so amper amper oud al die dinge wat my pla dra ek diep, dit volg my na ek kou en herkou my tong so amper flou steeds ***** jy naby my en ek kan jou net nie kry
0
Jul 7, 2015
Jul 7, 2015 at 11:01 PM UTC
weer en weer
Gedagtes wat eenvoudig lig lief is Kan helder maak Koppe wat te slim swaar donker deurmekaar raas Woorde wat moedig sag sappig is Kan heel maak Harte wat moedeloos af gebreek is blaas Dade wat beleefd groots gaaf gelukkig is Kan skeppend maak Hande wat hopeloos toegevou honger staan staak Drome wat goedhartig braaf kreatief is Kan hemels moontlik maak Oorkom toekoms wat donker verborge na vrees smaak
0
Aug 11, 2020
Aug 11, 2020 at 7:41 AM UTC
Die Toekoms