Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"stywer" poems
Jou eierbeloftes word In mooi woordjies En trane spoortjies Toegedraai En ingelyf In die raadsale Van my helderheid En my bekwaamdheid Oor gesonde redenasie Uit legio self disintigrasie Ek bêre dit knus In my eie kluis Te midde my huis Ń yspaleis As ek dit bewaar Teen die donker gevaar Wat dreig uit elke Oordeelsdag Wat op al die ponde en onse wag Elke "ek het vasgeval in verkeer" Elke "jou wanvertroue maak my seer" Elke kode woord Agter die slot op jou skerm bly jou sondeval verstoord!! Jou eierbelofte is ń kuikenmoord!! Dan hardloop ek terug En kyk na die dop Wat my toe snou As ek dit net stywer toevou , minweted salmonella En bylepes Skuil in die amnion En wurg die blou driehoek Op ń voortrekkervlag Eet ek daarvan sal die dood op my wag Jou eierbeloftes Jou akkideskak eer Jou asyn rein liefde Sal ek bly trotseer Vergewe my tranedal Want blykbaar is Ek net verlief Op my eie terugval
0
Apr 12, 2014
Apr 12, 2014 at 10:26 AM UTC
Legio self disintigrasie
niemand behalwe ek ken die krag van jou hartklop van binne. dus die eerste ding wat ek gehoor het. dit het my gekalmeer en gese moenie bekommerd wees nie ek is hier, altyd. gevolg deur 'n rustige stem wat die wind kalmeer. die het gesing en gebid oor my. gesondheid was die meeste gevra. die stem het baie gepraat. dit was goeie tye vir my. al wat ek graag vergeet is die tye wat jy en die ander stem gestry het. dan het jou stem verander na hartseer en bedroef. trane het jou wange gevul terwyl jou arms my omvou het. al stywer en stywer. so belangrik was ek. die groot dag, jy het gese jy gaan jou hare eers was, maar toe versnel die hartklop en dinge gebeur wat ek nie begryp het nie. jy het ernstig siek geword en nog alleen by die huis. jou arm om my hospitaal toe. ek is gebore saterdag 25 mei 1985. skielik was ek alleen en weg van my geliefde klop. jy was in 'n diep slaap. mense gehardloop om ons om als weer reg te maak. ai opwindende oomblik. Maar geen arms wat omvou en rustige stem wat bekend is nie. net vreemdheid.
0
Apr 3, 2013
Apr 3, 2013 at 2:06 AM UTC
net ek
Die verwoesting van die velede loop uit in die hede. Hier waar als tot rus kom met die lug wat soos 'n skarlakenrooi duin al *** stywer smeul, met die spanning klop in harmonie met die donker kol in my hart wat die toekoms verniel. Die bloedsaar le rooi op die horison soos 'n verlore asempie van 'n kind en die gefluister van die wind begin praat in die dieptes. Die verwoesting le in die rooi lug soos 'n sluier...
0
Jun 23, 2016
Jun 23, 2016 at 5:36 AM UTC
Verlede Verwoesting