Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"strate" poems
Knuppeldik gaan slaap die stad na 'n feesmaal van smaak en kleur vloei die reuke deur die strate in 'n Brown se beweging van geur. Alle trommels , trommeldik maar maak 'n lee geraas en in die donker , agterstrate begin die ander nou te aas Kom die honger hande uit die sakke en krap met rook-geel vingernael soek die skummel in die swartsak vir 'n laaste dissipelsmaal. Maar jy is skille , jy is doppe jy is alles wat laat gril nie genoeg vir koningstafels maar vir my net genoeg om die knaagdiere te stil. Onerfare soos ek is , vat my hongerbrein ook mis watter mens kan so dan lewe? watter mens kan so dan eet? van die lykswa en die straatveers het hierdie boemelaar vergeet. Ek is mens en nie 'n vark nie, (al moet 'n mens ook eet). En stil vergaan die boemelaar wat kieskeur ook wou wees, nog 'n straatkind se ou lykie nog 'n honger kinder gees... ek wat was het mos gesien *** kos op tafels lyk, en het sodanig hart verloor op kosse kleur en ruik. Met 'n bord vol knubbels le die lykie voor hom , onaangeraak. Al was kos ook wat kos was daar het hy te lief vir die droom geraak. Eerder kwyn en dood verslaan as om die droom te ruineer. Eerder dood van honger, as om hierdie kos , as sulks te eer.
0
Jan 14, 2015
Jan 14, 2015 at 10:37 AM UTC
Liewer vir die droom geraak
De ces journées ternes où le ciel plat et infini Plafonne sur nos vies, cantonnant nos humeurs, Se dresse parfois un luisant et pâle trait à l'horizon, Vaine rumeur lointaine d'avenirs moins sombres; Mais à en fixer le contraste, cette strate nous surplombant Se métamorphosera lentement en vierge ciel, Clair comme l'azure de ces lentes et chaudes journées, Et cette ligne lointaine, un rassurant paysage éloigné.
0
Apr 5, 2022
Apr 5, 2022 at 8:33 PM UTC
Plafond (2012) [FR]
Bo op 'n berg Met my bobbejaan gedagtes wat terg Die eggo van my mania skree terug Wat soek jy hier? Ek drink uit die rivier Ek sink my oë in die rooi son Ek **** alweer Die donker wolke Die reën wat kom Ek laat my gedagtes so dans Plek tot plek Gras van Kees En mens en vlees Sny deur my Woede en naaktheid Die lag van 'n sekere malheid En die sagtheid van jou moeder ken En dan meer bring ek twee Van my na die tafel in 'n oop gesprek Met my leemtes en my onbeheerbare Soeke na wat ek herken binne my donker gate Ek dwaal verlate In riviere van die samelewing Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn In die strate van spoed en bloed Die woorde uit die bek van die dier Die ongetemde kwaad van primate Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles Tot hy verval en wegkwyn Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre Waarheid en verlossing Waar vind ek die antwoord vir alles?
0
Sep 18, 2019
Sep 18, 2019 at 5:40 PM UTC
Bobbejaan Gedagtes
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik tuis; Tuis soos in n vreemde wereld wat juis net vir my gemaak is. Die outydse geboue wat vertel van jare terug, die noue strate wat ver af le amper verby more, die klasieke fietse met klokkies wat "trieng" in die verby gaan na ander plekke, ook die french brode wat jou vertel van vandag en die krag van twee hande wat gebruik is om die smaak in jou gedagtes te laat verdwaal, om n storie te vertel. So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik bly; Bly soos n kind wat haarself bevind in n lewe vol nuwe dinge, vol nuwe betekenisse soos n nuwe paar oe wat oop gaan om te sien en dan te verstaan. Maar die lewe gaan aan met n lank terug en n more wat kom of n vandag wat verby gly na n elke dag; Wat my vertel van n lewe van geluk en plesier om te geniet vandag, elke dag. 2016/07/17
0
Jul 3, 2017
Jul 3, 2017 at 1:39 AM UTC
Vandag