"soveel" poems
Ek skrik die 10de Augustus wakker.
Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg.
Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker.
Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg.
Vaagweg **** ek, "I look to you"
"And when melodies are gone"
"I hear you in a song"
Ouma was ons eie Whitney Houston
Haar sterk gees was ons rots.
Al het ons met tye lekker koppe gebots.
Sy was my vestiging, ons familie se trots.
Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou.
Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou.
Ouma se omgee het my soveel keer gered.
Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed.
Mag die voëltjies altyd bly sing
Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring
Ouma was altyd bereid om te help
Vol genade het ouma, harde harte versmelt
Mag oupa altyd verlief bly
Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry
'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal
So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal
Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is
Al sit ek heel wat die potte mis
Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer
Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer.
Dankie vir elke koppie soet tee
Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee
Dankie dat julle vir my alles kon gee
Dat hulle harte net liefde kon skree
Dankie dat ouma my veilig kon hou
Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou.
Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou.
Ek gaan ouma mis, al my liefde, Thomas.
Aug 16, 2018
Aug 16, 2018 at 2:52 AM UTC
my engel sonder vlerke,
jy het onverwags jou verskyning gemaak
my hart geneem
sonder om eens aan my te raak
met my hart op my mou
al was ek soveel keer gewaarsku
tog voel ek só veilig by jou
my engel sonder vlerke,
ek wil weet wat laat jou lag,
*** om jou gemoed op te beur
as jy nie kans sien vir die dag
ek wil weet *** jy koffie drink,
jou hartslae per minuut
en waaraan jy elke sekonde van die dag ****
my engel sonder vlerke
met jou groenbruin oë
en mooiwees glimlag
laat jy my weer in sprokies glo
vir jou doen ek alles,
sonder om ‘n oog te knip,
net oor ek oor jou mal is
alles net vir
my engel sonder vlerke.
Dec 24, 2020
Dec 24, 2020 at 12:49 AM UTC
n Moeder het ek al gedink is wonderlikste skepping op arde.
Sy vermaan, verstaan en dan bestaan net oral en die hele tyd gereed om te vergeet wat ek altyd verkeerd doen.
Sy othou die goeie met soveel soenne en drukkies en help altyd met die en met daaitjies.
Haar hart is skoon en woon in n plek wat my hart genoem word en sal altyd myne bly. 2016/01/09
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:47 AM UTC
N man kan ook net soveel vat.
Of kan hy meer?
Stof vergader in my kern
My bene toe onder n wit sy net.
N hartklop van gewigte wat val,
My teen die bed vasdruk.
Elke versreël eindig met n punt.
Elke strofe sonder rym.
Dit is nie n gedig nie,
So hoekom hou ek aan met skryf.
In n amper-liefdesbrief:
N deuntjie sonder noot.
*** okal die besonderse seer.
In my antwoord wil ek skree.
Ek stagneer jou meer,
maar stilstand is my dood.
Feb 18, 2017
Feb 18, 2017 at 12:52 PM UTC
met nat oë en stem rasper-hees
sal sy my eers
met kaneel en gemmer genees
met swaar lyf en kop wat klop
salf sy my eers
met heuningwoorde gesond
en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei
bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei
met die seer wat nog so rou in haar talm
bid sy eers die onrus in my kalm
en ek weet saans ween en woed
onverbiddelike storms
in haar gemoed
en dan soggens uitgespoel en broos
is sy nooit te swak om haar kroos
eersmaal te troos
vir speelgrond wond of hart wat breek
terwyl daar dubbeltjies soveel dieper
in haar insteek
die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het
vir elke afvlerkkind
die lyntjies waar sy op die mooiste wyse
haarself met ander verbind
waar sy soveel ander se seer verberg
ten spyte van alles wat dit van haar verg
hier sit ek stil en verwonder my
aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC
Eina! Die prikkel van n naald
Gif vloei soos water in my lewens-strome
Val my liggaam aan met geweld
Die skeur en afbreek van my drome
Elkeen voel ek
Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld
Dis die knop wat als begin het, nee
Die trek van n kanker stokkie
Die waarskuwing op die boksie gee mee
My lus kon ek nie meer hou nie
'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn'
**** ek soos die rook diep in my longe verdwyn
***** is my voorland
Ek kan lankal nie meer op my bene staan
My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan
Ek is skaam, so so skaam
Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil
Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil
O dood, ou vriend
Vir my kan jy maar kom haal
Ek wag al maande vir jou,
Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal
Hy was erger, soveel erger as ek
Sy are het al begin kraak
Na Elke inspuiting, of behandeling
Het hy op alles gebraak
Ek is amper daar, ek voel dit aan my
Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC