Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
lucy winters Jul 2015
Al wat jy my wys gemaak het is dat seer die selfde voel
Maak nie saak van watter oord dit spoel
Ek en pyn ken mekaar al jare
Jy het my niks nuuts laat ervaar
Daar is geen onderskeid binne my tussen jou seer en syne
Dit le nou als binne my, dis als nou myne
So wat bly oor van jou sogenoemde goeie intensies, wil ek weet
Binne n jaar of wat het jy als hier vergeet
Die bietjie wat ek gehad het, het ek met jou gedeel
Dit was nie wat jy wou he, my hart het jou verveel
Ek was net n goeie tyd wat jy op gedress het en liefde genoem
Terwl ek lee hande daar gestaan het en jou met my hele hart gesoen
Ek wens ek het harder probeer en jy het net geluister
Toe ek hard en saggies, en aanhoudend nee, nee, nee deur jou soene fluister
Written for B. Ek is jammer.
lucy winters Jul 2015
ek is deurskykend, transparant, deurmekaar
opsoek na my vrede, my mensweesm my wees
ek voel so secondhand, so op gebruik, so klaar
bid vir verlossing, a trade in vir n nuwe vlees, nuwe gees, beter wees
my oe hoop op vol trane on gehuil
ek slaan lelike kolle uit in my sogenoemde persoonlikheid
maar dis alles ek, ek wat my vervuil
ek wat my eenkant hou, ek wat my uit smyt
ek wat ja se al wil als binne my nee skree
ek wat bly staan terwyl ek moes weg hardloop
ek wat myself wou uitvee
ek wat myself vir cheap thrills verkoop
maar hirdie ek is te oud om te kniel
hierdie ek word te oud om te glo
so ek staan waar ek staan en verniel
en ek bly staan sonder n tree en verloor
kyk dis ek wat hier staan, te sad om te bid
te seer om te huil, versteen deur my toedoen
daar is geen hande vat en aansit
maar ek dra dit met n smile want dis my skoen
Jare terug geskryf.  Al hou ek nie van wat ek gekry het,  dra ek my keuses en die nagevolge

— The End —