Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"soen" poems
Haar hoekkantoor In elke straat Elke gulsige kliënt Ń vark, n vraat Besig om haar naam te maak Die vrou van dir nag En haar eenmansaak In die oggend skrop Sy , staalwol Skuur glad Teen haar tenger Figuur maar blou Passie versier en Versuur haar wese Dis nie moord nie Dis nie dood nie Dis glad die reg nie Dis sonde , ellende Haar bedoelings Was nooit sleg nie Haar troos is min Haar teespoed swaar Haar siel verkoop sy Vir ń appel en ń ui Want wie kan ń prys Op die liefde sit Sy tel haar winste In trane en seer Die geld is ń bonus Het sy beweer, Want die vrou van Die nag, kort ook ń soen Sy werk vir liefde En tot die oordeelsdag Sal sy dit bly doen...
0
Apr 17, 2014
Apr 17, 2014 at 10:17 PM UTC
Vrou van die nag
Die môre groet jou met ń nat soen En ontplooi haar goue gloed Oor jou fynbos en Olifants-oor Die wind ween oor die rykdom Wat jy deur jare van sweet en bloed, vir jouself terug geëis het , maar streel deur jou grashalms Met die harmonie van hoop wat deur jou are pols... Pols, wanneer 4x4 en ossewa spoor oorkruis! Hier timmer jy aan my - lê die hoeksteen van ń graniet gebou Ek sal strewe om jou te eer. Suid-Afrika , ń ode aan jou.
0
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:06 PM UTC
Ode aan my land
Haar hoekkantoor In elke straat Elke gulsige kliënt Ń vark, n vraat Besig om haar naam te maak Die vrou van dir nag En haar eenmansaak In die oggend skrop Sy , staalwol Skuur glad Teen haar tenger Figuur maar blou Passie versier en Versuur haar wese Dis nie moord nie Dis nie dood nie Dis glad die reg nie Dis sonde , ellende Haar bedoelings Was nooit sleg nie Haar troos is min Haar teespoed swaar Haar siel verkoop sy Vir ń appel en ń ui Want wie kan ń prys Op die liefde sit Sy tel haar winste In trane en seer Die geld is ń bonus Het sy beweer, Want die vrou van Die nag, kort ook ń soen Sy werk vir liefde En tot die oordeelsdag Sal sy dit bly doen...
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:47 PM UTC
Vrou van die nag
Kom ons wees oppervlakkig Kom ons verbeel ons dit was niks , 'n nag vol stampe en stote dis al , - dis al Kom ons wees naief en jonk en dom , en ... ag ek weet nie ons leef mos net eenkeer? Kom ons wees koud en hard, soos die plaiveisel en die mure waarteen jy my vasgedruk het as ons soen! Kom ons bou vir maande aan iets en verloor dit in jou hortende stem wat soms die sprong oor die berge kon maak, maar nou wegkwyn in kuberstiltes -stiltes -stiltes waar jou ***** se echo in die verlede verdwyn. Waar is jy nou? Nou dat my are al lintend- swerwend in die wind agter jou wapper en my hart knus in jou glas bottel le... nog 'n glas bottel, was al wat jy werklik wou he. Kom ons wees verlief Depressief Agressief Neem inisiatief en vergeet van my... ,want diep binne het ek jou nog eintlik lief... Hello Genisis Kom ons wees oppervlakkig...
0
Jun 3, 2014
Jun 3, 2014 at 6:10 AM UTC
Siklus
Skryf poësie in die sand Dis altyd soeter deur jou hand Sien *** die letters smelt as die gety inkom Dis nou te laat om weer huis toe te kom Kom ons hardloop in die nag Wilde harte is op jag Vasgedruk hier in mekaar se arms Lê ons veilig, bly en warm Ek wil jou vra, kan ek soen jou op die bek Soos ons gedoen het toe ons nog verliefdes was Om vriende aan die einde van dit als te bly Was wat ons wou, maar dit gee geen vrede nie
0
Apr 17, 2023
Apr 17, 2023 at 12:35 AM UTC
Vriende aan die Einde
jy het soos 'n warrelwind in my lewe ingekom; onverwags en alles omver gegooi, maar op 'n goeie manier. ek kan vir die eerste keer uit my buik uit lag, my hare deurmekaar los, en pizza eet sonder om te huiwer. daar is nie vlinders nie, maar 'n rustigheid oor my. ek is só bang dié goeie tyding draai en jy stap weg, so vinnig as wat jy gekom het. so vou vir 'n ring, 'n belofte, uit geroeste draad. wat rooibruin merke aan my vingers laat wanneer die noodlot jou probeer steel. sommer ogiesdraad, dat dit nie regtig is nie. maar dat my hart kan rustig raak. vat my pinkie in joune en seël dit met 'n sagte soen en ek sal weet - jy is hier om te bly.
0
Feb 6, 2023
Feb 6, 2023 at 3:23 AM UTC
belofte