Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"sodat" poems
En soms in die vroee oggend ure **** ek steeds jou stem... wanneer ek sukkel om te slaap,                                                                                                  maar my lyf deuretrek is van moegheid                                          , voel ek nog jou sagte aanraking. Dan ***** jy by my soos die neurie van 'n lang vergete wiegelied in die agterkop,                                                                      of die weergalming van ons gegillende stemme deur die lang gange van die lewe... dis dan wanneer die hartseer my tref. Dit vul die    l e e m t e s     wat gelaat is deur die    s p a s i e s     waar jou vingers altyd so                 perfek                              In myne gepas het, in die dooie gevoel, oor al die plekke waar net jou aanraking                            soms genoeg was om elektrisiteit op te wek                                     wat my nog vir weke speelvol geprikkel het. Dan vorm dit saam in die [kamers] van my hart,      waar jou n.a.a.m,                                     jou < liefde 3                                                          en jou ~legende* vir altyd sal bly ... en stroom deur die vensters van my siel... sodat ek weer 'n gesonde uitkyk op die lewe kan he. Soos 'n magtige rivier      loop dit by al die voue af,        maar altyd met grasie... en ek huil
0
Oct 8, 2013
Oct 8, 2013 at 6:42 PM UTC
Vroegoggend smart

Continue reading...
27
Jy het die son gaan haal Toe dit nag was. Oor die horison gedraf En hom terug gesmokkel in jou tas. Jy het hom net hier , skuins Bo ons koppe gehang. Sodat ek jou altyd kon sien En nooit moes verlang. Maar die maan het my bygebly Haar geduldig in my skadu toegevou -N fluisterstem in my oor "Kyk, hy mors met jou" Jy het die son gaan vang Toe dit nag was En in sy lig Sien ek toe , wie jy eintlik was. Jy het die son vir my gaan haal En gedink as jy loop Ek in sy skerp lig sal verdwaal? Maar toe jy gaan toe hunker die maan Sy het my trane weg gevee En ek het saam met haar gegaan. Gister sien ek jy kom aangedraf En jy sit die son in jou koffer. Toe jy weer oor die horison verdwyn Lag ek en die maan, oor jou nuutste slagoffer.
0
Jul 20, 2016
Jul 20, 2016 at 1:05 AM UTC
Sonvanger
Ek skrik die 10de Augustus wakker. Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg. Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker. Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg. Vaagweg **** ek, "I look to you" "And when melodies are gone" "I hear you in a song" Ouma was ons eie Whitney Houston Haar sterk gees was ons rots. Al het ons met tye lekker koppe gebots. Sy was my vestiging, ons familie se trots. Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou. Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou. Ouma se omgee het my soveel keer gered. Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed. Mag die voëltjies altyd bly sing Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring Ouma was altyd bereid om te help Vol genade het ouma, harde harte versmelt Mag oupa altyd verlief bly Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry 'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is Al sit ek heel wat die potte mis Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer. Dankie vir elke koppie soet tee Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee Dankie dat julle vir my alles kon gee Dat hulle harte net liefde kon skree Dankie dat ouma my veilig kon hou Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou. Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou. Ek gaan ouma mis, al my liefde, Thomas.
0
Aug 16, 2018
Aug 16, 2018 at 2:52 AM UTC
H1938 - 2018
met nat oë en stem rasper-hees sal sy my eers met kaneel en gemmer genees met swaar lyf en kop wat klop salf sy my eers met heuningwoorde gesond en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei met die seer wat nog so rou in haar talm bid sy eers die onrus in my kalm en ek weet saans ween en woed onverbiddelike storms in haar gemoed en dan soggens uitgespoel en broos is sy nooit te swak om haar kroos eersmaal te troos vir speelgrond wond of hart wat breek terwyl daar dubbeltjies soveel dieper in haar insteek die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het vir elke afvlerkkind die lyntjies waar sy op die mooiste wyse haarself met ander verbind waar sy soveel ander se seer verberg ten spyte van alles wat dit van haar verg hier sit ek stil en verwonder my aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
0
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC
mamma