Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
lucy winters Jul 2015
ek is deurskykend, transparant, deurmekaar
opsoek na my vrede, my mensweesm my wees
ek voel so secondhand, so op gebruik, so klaar
bid vir verlossing, a trade in vir n nuwe vlees, nuwe gees, beter wees
my oe hoop op vol trane on gehuil
ek slaan lelike kolle uit in my sogenoemde persoonlikheid
maar dis alles ek, ek wat my vervuil
ek wat my eenkant hou, ek wat my uit smyt
ek wat ja se al wil als binne my nee skree
ek wat bly staan terwyl ek moes weg hardloop
ek wat myself wou uitvee
ek wat myself vir cheap thrills verkoop
maar hirdie ek is te oud om te kniel
hierdie ek word te oud om te glo
so ek staan waar ek staan en verniel
en ek bly staan sonder n tree en verloor
kyk dis ek wat hier staan, te sad om te bid
te seer om te huil, versteen deur my toedoen
daar is geen hande vat en aansit
maar ek dra dit met n smile want dis my skoen
Jare terug geskryf.  Al hou ek nie van wat ek gekry het,  dra ek my keuses en die nagevolge
lucy winters Jul 2015
ek kyk vir die girl in die spieel en wonder of sy weet
*** hard ek probeer om haar te help vergeet
ek se vir haar ek hou van *** sy lag
en *** hoog sy mense wat dit nie verdien nie, ag
sy sug en trek haar skouers op en af
"die lewe is te kort om almal te straf"
se sy terwyl stadig wegkyk
en nog n stukkie van haarself weg smyt
ek fluister sag "as jy so aanhou gaan daar niks oor wees"
antwoord sy " ons is niks meer as vlees en gees
wanneer more kom, beteken vandag nie veel
als verander en tog niks want die son bly geel"
nikseegende donker oe kyk terug na my
ek is bevrees die girl gaan leeg bly
lucy winters Jul 2015
finally na jare se rusteloosheid
jare van verlore wees, rond soek na my
elke avenue na jaag, opskop en my kniee numb pleit
het ek my vrede om jou om my gekry
my en jou se safe place
weg van al die jare s elies en disgrace
ek vat my dae een vir een soos ek kans sien
en dit sal n lieg proe as ek nie se my verlange le diep
het altyd gedink as ek beter was sou ek jou verdien
maar ek was te naief, te jonk, te blind
het myself my gevoelnes verbied
ek was moeg vir wag, die seer, die verwyt
moeg vir die fluister van trane oor my wange en die verlange
ek wou nie die weggeooi meer wees, wou jou weg smyt
bang vir alleen wees, wou nie die faulty een wees, bang
ek het vir ons ons eie soace create
n safe place waar nie ek of jy mekaar ooit weer kan forsake
ek hoef jou nooit weer te soek want ek weet waar jy gaan wees
finally you can help chase away my fears
Vir  my dad geskryf.  Na sy dood het ek 'n tattoo van hom gekry
Vandag vloek-groet ek die verlede
en spuug die suur naam uit
en rig ek al my groot gebede
om gistergoed ook weg te smyt

Maar koester ek die kleine vrees
in die diepste van my hart
sal more net soos gister wees
breek die ook van die smart

en deel ek in vertroulikheid
my woordsopregte eed
as more soos 'n spiel wil lyk
sal dood my uit ellende sleep

Tog, mik ek vir die kruine
- droom my silwer droom
,  vermy vergete pyne
van 'n toekoms palindroom.

Want as my lepel andersom
dieselfde as tevore lyk
wees jy ook nie te verstom
as ek na sagte doodsoen reik.
Tanya Jun 2017
Hoeveel keer gaan jy my hart nog breek?
Jy het belowe jy sal dit nooit doen nie
Ek weet ek het nie jou liefde hanteer soos ek moes nie
Ek was nie gereed nie en jy weet dit nou meer as ooit

Maar dat ek jou lief gehad het, en steeds het, is sonder twyfel
Ek weet ek het dit nie gewys in die maniere wat ek moes nie
Ek weet ek moes jou buckets vol maak
Ek het getry

Maar vandag is n ander storie
Vandag kan ek sê dat ek geleer het
Ek kan sê dat ek verstaan wat mens moet gee
Ek begryp die betekenis van liefde
Ek verstaan wat ń soulmate beteken

En tog weereens smyt jy my weg soos ń ou lap
Ek ken nie die mens wat jy nou is nie, jy is harteloos, verdwaal, onbekend

En so ken jy my nie meer nie

"You don't know the new me, I put my pieces back differently"
My stukkie hoop vir jou afwagting is weg..

— The End —