"sluip" poems
Blompen ; dompen
My pen lè los in my hand ,
Bibberend soos 'n straatkind in die kou;
Net so blinkoog - net so hol,
Vol drome wat in die agterkop brou
Maar die ink loop hortend oor die blou
Treinspore, mompelend soos 'n man
Wat die vreemde dialek van opgee praat
En sy laaste vloek op die hemel inspan
*** sku sluip die musa in die skemerson
Waar net echoes van haar in die droewige letters lê
En die gebeendere van hol woorde waai met die wind
Tot waar sal net die uitgedroogde môre kan sê?
My pen is nietigvaal teen die goudskrif teen die muur
En hunker uit desperaatheid na 'n siggaret
, want die ander het vere en woorde wat vlieg...
*** skep ek 'n wereld met die dors pen wat ek het?
My môre lyk puntloos en onvoltooid.
My gemoed knak en splinter oor die papier.
Die ink loop meer kunstig onder fisika
As die hand van die skrywer, Die verlepte Angelier
Oct 26, 2014
Oct 26, 2014 at 11:41 AM UTC
Soos die maanlig steel deur die loetjie in my gordyn
Sluip jy my gedagtes in so net voor ek aan die slaap raak
So asof ek ewe skielik van jou bewus word
Terwyl jy eintlik al die heeltyd oor my **** streel
en saggies in my oor fluister oor dinge wat my hart vinniger laat klop
Of, verbeel ek my al hierdie dinge
En is my laaste asem voor Klaas Vakie my wegneem niks meer
As gewone naggeluide en n kwynende gewelfd..
Nov 26, 2012
Nov 26, 2012 at 3:08 PM UTC
Di storm, di woed
Di wind, di huil
Ruk di mure soos hy hardloop omi hys
Wat sal wees sal staan
Hu diep is ons wortels
Is di fondasi stewig
Saggies en versigtig sluip x nader
Da sit vrees omring deur sy makkers
Trots op homself
Hy kry my oorhand
Vandag behoort geveg aan ju
Ma more verklaar x my oorwinning
In god se naam n met god se krag
Oct 25, 2017
Oct 25, 2017 at 3:11 AM UTC