"slegte" poems
Drome is gemaak om n lang nag interesant te maak.
Dis n sprokies verhaal van goeie dinge of selfs die slegte.
Van kastele en weelde, n lewe vele meer voor sal soek of selfs drome van cowboys en crooks met perde wat gallop op en af die berge, opsoek na diamante en gewere.
Dan is daar die nagmerries wat mens se hare laat rys, n skrik en n gesnik en wakker voor die wekker en n gewonder wat sopas gebeur het!
n Droom kan beloon, n droom kan verloon, n droom kan waarheid word dit hang af *** jy voel.
Egter klein bietjie raad van n nuwe jaar se digter… droom n droom, leef die oomblik met of sonder die donker nag, want n ware droom is oomblik van waarheid waaruit jy jou kastele kan bou in n ware sprokiesland vandag. 2016/01/26
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:42 AM UTC
Daar was n onheilspellende tog
naderende wuif in jou menswees
dit het my getrek tot by jou gees
Ongelukkig het my aanvanklike slegte humorsin
Jou nie genoeg bemin
nie
Daar was iets in jou
Iets misterieus
Iets dieper as vlees
Dieper as die horison
In die oorsprong van die son
Het jy my hart gevind
Aug 9, 2017
Aug 9, 2017 at 3:03 PM UTC