Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"skryf" poems
Trek my siel uit met swart onlogiese krapmerke op my pick n pay strokie. Breek my fingers af op n hout skryf blad en hou die honde naby vir die bene wat spat. Vermergel dan my vellies en gooi dit op n graf en se dis vir al die girlys -dis van papers wat smag. Edel en opreg is die regter se kaf. Heilig is die helde van die bars van die nag. Ons onthou die spoke van Oranje stad, Ons kleef aan hulle woorde soos n tros vol kak. Ons hou van die serries en die doef van Jak, En moenie met my stry nie ek sal jou in pak. Melodie jou wysie met ewige tone, mengel mooi jou woordtjies met jou oulike drome. Hou die fort van veiligheid en nasionalisme, Wees n patriot en vermoor Anglisisme. Beskerm jou mother language teen n kombuis taal. Daar is niks in hierdie wereld wat die taal mag vaal.
0
Jan 25, 2010
Jan 25, 2010 at 8:55 PM UTC
Die Digter -Afrikaans
Was dit my sonde om te droom, te wens? Was dit wreed om te verwag dat jy my iewers in jou soet woorde sou vind? Kyk ek dalk na jou met die oorhoofse afwagting van 'n kind? Sal jy met sjarme my kan vermaak of is teaterkuns 'n masker vir jou haat? Ek smag na jou taal, jou moedertong in my uitgehongerde mond. Oh die beeld- wat ons met sulks silwer stem kan skep! *** sal jou brief my vind? Sal daar 'n tuin ontstaan as ek jou antwoord naslaan? Se jy sal bly, net vir my! Se my brandewyn asem het jou inner kind bevry! Se net jy is lief vir my- en ons sal saam die tonnel-oog wereld met soet liefde en dronkmans woorde verlei. Skryf saam met my in hierdie silwertong, en kyk *** die wereld in afwagting verstar. Die liefde wil blom wanneer twee skrywers bymekaarkom. Die wereld raak nat, met die geuiter, van ons silwer tong.
0
Jul 14, 2014
Jul 14, 2014 at 2:50 PM UTC
Maak liefde in woorde
Ek skryf vandag ñ gedig ñ gedig sonder emosie sonder enige gevoel want soos ek nou voel voel ek leeg, leeg sonder jou... So ek skryf ñ gedig ñ gedig sonder jou maar wel vir jou... ñ Gedig wat wil sê Ek hou van jou Ek is lief vir jou Maar waar is jy nou...
0
Nov 6, 2017
Nov 6, 2017 at 1:59 AM UTC
Sonder jou
Wat skryf die hand? Wat skryf die pen? In 'n kunste swyg wat ek so goed herken. *** loop die sinne uit in 'n meesterstuk, wanneer die muse aan my stiltes verstik? *** skep ek weer skrywes wat mense laat wroeg, sonder die hartseer en met al hierdie moeg? *** laat ek my digters tong luiters in die oopgraf in met 'n hand vol liefde raak my siel weer blind. Waar kom my ritme en passie vandaan , maar beter nog, met die koms van geluk ... waar het dit heen gegaan?
0
Mar 12, 2015
Mar 12, 2015 at 3:53 PM UTC
Geluk in-diepte (uit)
My vingers jeuk om iets te skryf My hart bloei storms Maar my vingers jeuk My gemoed eb en vloei Maar my vingers jeuk om iets te skryf My siel hammer verwoed teen my ribbekas En my vingers jeuk om te skryf My pen hunker om te vloek Die swart ink wil die wit vel breek en skree My polse wil huil My longe wil verteer En my nek wil omhels word met n tou Maar my vingers jeuk om te skryf Ék kan nie díe jeuk krap nie. Dít klou aan mý wese En dít krap mý verstand En ek bloei waansin En ek wil skree vir die maan En ek wil vloek tenoor die son. My vingers jeuk on te skryf En ek gee in tot die demoon Wat honger na n stem. Iewers sal my woorde weer N lee papier vind... En dan kan ek sy lastergille tem.
0
Feb 18, 2017
Feb 18, 2017 at 12:53 PM UTC
Beduiweld
N man kan ook net soveel vat. Of kan hy meer? Stof vergader in my kern My bene toe onder n wit sy net. N hartklop van gewigte wat val, My teen die bed vasdruk. Elke versreël eindig met n punt. Elke strofe sonder rym. Dit is nie n gedig nie, So hoekom hou ek aan met skryf. In n amper-liefdesbrief: N deuntjie sonder noot. *** okal die besonderse seer. In my antwoord wil ek skree. Ek stagneer jou meer, maar stilstand is my dood.
0
Feb 18, 2017
Feb 18, 2017 at 12:52 PM UTC
Stagneer jou meer
Elke dag bring ek notepad op, En begin ek om te skryf, Maar die woorde kom nie. Ek kan vra en ek kan smeek, Maar hul wag langs die kantlyn En spot my stil.
0
Jan 6, 2021
Jan 6, 2021 at 9:43 AM UTC
Can't Write
As jy weer in jou dagboek skryf Onthou Dat daar rede genoeg is Om te bly vashou Die goue blaar in die somerson, En die blou moederkappies Hulle wag nog steeds vir jou Teen tafelberg Waar onskuldige bloed nog steeds Vermeng is met die sout see water Daai water wat ons voorouers gedra het naar hierdie land van prag en praal Het jou bevry en weggedra naar n plek ver hier vandaan Ook al is ek en jy deur afstand en tyd geskei Hou ek daai oop bladsy Van jou treurigheid Langs my sy
0
Oct 28, 2023
Oct 28, 2023 at 7:12 PM UTC
Ingrid Jonker
Skryf poësie in die sand Dis altyd soeter deur jou hand Sien *** die letters smelt as die gety inkom Dis nou te laat om weer huis toe te kom Kom ons hardloop in die nag Wilde harte is op jag Vasgedruk hier in mekaar se arms Lê ons veilig, bly en warm Ek wil jou vra, kan ek soen jou op die bek Soos ons gedoen het toe ons nog verliefdes was Om vriende aan die einde van dit als te bly Was wat ons wou, maar dit gee geen vrede nie
0
Apr 17, 2023
Apr 17, 2023 at 12:35 AM UTC
Vriende aan die Einde