"skeur" poems
Hier onder die afdak staan ons nou
Sjuijt! Bly stil! Gouwsie gaan ons in hou.
Vir ‘n **** praat Mnr. Smit nou,
So ‘n langtam, papbek manier van woorde kou
Lees ‘n versie,
Gluur vir Stoute Daan,
Begin toe bid,
Maar wat gaan nou aan?
My hartjie pyn, nie fisies seer..
Dis verlange wat my hart so skeur.
Met oë toe en ore oop
Klink Smitie net sos Oupa Hendrik,
Terug van die dood.
Jan 20, 2014
Jan 20, 2014 at 1:13 PM UTC
Want die more bring die goue
die nuwe , hitte , dag
en wind wat deur die takke skeur
die dood wat huil ;n kind wat lag
en twyfel sypel deur die huurglas
soos tik , of sandstorms
bring die tyd ook wroegings
van interne euforie
en donker oorskry die norms
geen meer swart en wit
geen meer ja , nee
reg, verkeerd
ek weet nie
ek weet nie meer nie
elke dag bring heldersiendheid
met eerste oogoplsag
maar elke more twyfel ek
terwyl Janus vir my lag...
terwyl 'n amper skynbare keuse
op 'n defnitiewe antwoord wag
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:39 AM UTC
Eina! Die prikkel van n naald
Gif vloei soos water in my lewens-strome
Val my liggaam aan met geweld
Die skeur en afbreek van my drome
Elkeen voel ek
Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld
Dis die knop wat als begin het, nee
Die trek van n kanker stokkie
Die waarskuwing op die boksie gee mee
My lus kon ek nie meer hou nie
'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn'
**** ek soos die rook diep in my longe verdwyn
***** is my voorland
Ek kan lankal nie meer op my bene staan
My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan
Ek is skaam, so so skaam
Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil
Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil
O dood, ou vriend
Vir my kan jy maar kom haal
Ek wag al maande vir jou,
Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal
Hy was erger, soveel erger as ek
Sy are het al begin kraak
Na Elke inspuiting, of behandeling
Het hy op alles gebraak
Ek is amper daar, ek voel dit aan my
Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC