Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"skeur" poems
Hier onder die afdak staan ons nou Sjuijt! Bly stil! Gouwsie gaan ons in hou. Vir ‘n **** praat Mnr. Smit nou, So ‘n langtam, papbek manier van woorde kou Lees ‘n versie, Gluur vir Stoute Daan, Begin toe bid, Maar wat gaan nou aan? My hartjie pyn, nie fisies seer.. Dis verlange wat my hart so skeur. Met oë toe en ore oop Klink Smitie net sos Oupa Hendrik, Terug van die dood.
0
Jan 20, 2014
Jan 20, 2014 at 1:13 PM UTC
Verlang na Pyn
Want die more bring die goue die nuwe , hitte , dag en wind wat deur die takke skeur die dood wat huil ;n kind wat lag en twyfel sypel deur die huurglas soos tik , of sandstorms bring die tyd ook wroegings van interne euforie en donker oorskry die norms geen meer swart en wit geen meer ja , nee reg, verkeerd ek weet nie ek weet nie meer nie elke dag bring heldersiendheid met eerste oogoplsag maar elke more twyfel ek terwyl Janus vir my lag... terwyl 'n amper skynbare keuse op 'n defnitiewe antwoord wag
0
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:39 AM UTC
As tyd nie leer nie
Eina! Die prikkel van n naald Gif vloei soos water in my lewens-strome Val my liggaam aan met geweld Die skeur en afbreek van my drome Elkeen voel ek Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld Dis die knop wat als begin het, nee Die trek van n kanker stokkie Die waarskuwing op die boksie gee mee My lus kon ek nie meer hou nie 'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn' **** ek soos die rook diep in my longe verdwyn ***** is my voorland Ek kan lankal nie meer op my bene staan My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan Ek is skaam, so so skaam Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil O dood, ou vriend Vir my kan jy maar kom haal Ek wag al maande vir jou, Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal Hy was erger, soveel erger as ek Sy are het al begin kraak Na Elke inspuiting, of behandeling Het hy op alles gebraak Ek is amper daar, ek voel dit aan my Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
0
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC
Aan die dood se sy