Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"skaam" poems
So word ons wakker in ons tent en dit reen...aggenee!! Maar dis koel en ons voel gelukkig. Ek is vuil, so amper dat ek wil huil, maar huil van lekker soos n krekker want dis vakansie tyd!! My hare is so waar deur mekaar, maar wat maak dit saak want niks gaan my keer om vir n gogga te wys *** deur mekaar ek rerig kan weesie... Tanne geborsel en room half gesmeer, laat die dag begin want dis ons en ons ford bakkie die keer...alweer... Kies n rigting en so voeter ons daarin... Saans kom ons by die kamp moeg geploeg die bosse in om nou rustig te raak met n koeldrank in ons hand. Dan word n vuurtjie gemaak deur die braafste ou ini land om n vleisie te braai vir die fraaiste meisie, hand aan hand. Mens voel gou dankbaar vir klein dingetjies soos n stort... n warme een, die oop velde of selfs die digte bosse, die veld blommetjies so geel of die gras so lank en groen, die voels so mooi volle kleurrig en die jakkals so skaam maar nuuskirig. En wanneer dit donker word le daar baie voor soos die uile se geluide, die sonbesies wat hulle vlerkies saam klap of dalk n hihena wat na oorskied kom krap. So geniet ons die bos vol avontuur gepos net vir ons en ons se dankie aan ons Skepper vir n skepping net vir ons. 2016/03/14
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:32 AM UTC
Ons avontuur...
Jy het die reg tot lewe Oh grondwet, die dood lag jou uit! Die sardoniese blik van 'n gesteelde besluit, **** jy nie die klop-klop van vier perde hoef wyle die openbaring in jou blaaie kom poef. Skaam jy jou nie vir sulks blatante leuen, of het jy jou ore aan Satan verleen toe jy jou hoop soos saad versprei om naief- die jeug, in die versoekingte lei. Ons eet karkas-krummels as 'n daaglikse brood Terwyl jy ons verseker dat jy die waarheid ontbloot soos die arme tiener meisie, geryp; en nou - dood. Jou bedoelings was goed, maar jou kakpraat te groot.
0
Jul 14, 2014
Jul 14, 2014 at 6:38 AM UTC
Die regte is verkeerd
Eina! Die prikkel van n naald Gif vloei soos water in my lewens-strome Val my liggaam aan met geweld Die skeur en afbreek van my drome Elkeen voel ek Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld Dis die knop wat als begin het, nee Die trek van n kanker stokkie Die waarskuwing op die boksie gee mee My lus kon ek nie meer hou nie 'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn' **** ek soos die rook diep in my longe verdwyn ***** is my voorland Ek kan lankal nie meer op my bene staan My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan Ek is skaam, so so skaam Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil O dood, ou vriend Vir my kan jy maar kom haal Ek wag al maande vir jou, Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal Hy was erger, soveel erger as ek Sy are het al begin kraak Na Elke inspuiting, of behandeling Het hy op alles gebraak Ek is amper daar, ek voel dit aan my Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
0
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC
Aan die dood se sy