Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"seerste" poems
Met skewe takke, met 'n krom stam en die seerste dorings wat in my vasklou Daar waar die bloeds aar le vind ek jou in die donker nag met die skeinheilige lig wat ons altwee verblind En so ontmoet ons in die rooi valende duine met die vonke van 'n vuur binne my.
0
Jun 23, 2016
Jun 23, 2016 at 5:46 AM UTC
Met Rooi Rose
Jy ry op die hanekraai en kom le in my oor. Jou tree 'n bekende geluid. Jou teer drafstap deur my drome maak my seerste monsters stil. En sus my in 'n doodsluiterse rus. Jou oe laat my handsaamslaan op die lumier van meer as een. Jou aansig maak van my gelowig. Jou luim is 'n seestroom wat stoot en trek en ek sit vasgekeer in jou rooi getui en ek mik dieper , ek mik dood! My liefste jou aanraak stuur gode deur my dooie are en ruk my terug vanaf die donker sluiers. Jy is die maan, die sterre- nee die nag! wat om my toevou en my wieg wanneer my arms na niks gryp. Jy is die openbaring waarna lewelose streef en die anker waarna vryes verlang. Bring my terug, na die gelykstreep, voor die tyd ons invang. Ek wil jou prys met woorde wat God se toorn op my sal bring maar dit hang aan my lippe soos ek wag vir more se son om jou te besing. Dit is my vroegoggend gedagtes, van my lieflike laatslaper, wie ek nooit akkuraat sal kan prys nie , want ek is maar net 'n versotte ou dinkgaper.
0
Dec 25, 2014
Dec 25, 2014 at 7:21 PM UTC
Dinkgaper
Jy moet daardie swart hond binne jou beveg Voordat hy oorneem Staan teen hom op en wys vir hom wie is baas Maar hy kan so oordonderend blaf sê jy Met tye maak hy jou eie stem stil Hy lieg baie vir jou Vertel jou dinge wat jy vrees Hy speel op jou gevoelens Hy ken jou swakhede Hy byt waar dit die seerste maak Maak stil daardie verdomde hond Jy gee hom te veel kos   Hy teer op jou gedagtes Hy's deel van jou Jy wil ontsnap Maar net waar jy gaan Daar is hy ook Soos 'n skaduwee wat volg Jou enigste wapen is jou gedagtes Di's al wat jy het om hom te oorwin Verander jou gedagtes Verander *** jy **** Verander dit nou 26-Sept-2024 Sean Achilleos
0
Sep 26, 2024
Sep 26, 2024 at 5:23 AM UTC
Swart Hond