Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Johan Nel Sep 2019
Bo op 'n berg
Met my bobbejaan gedagtes wat terg
Die eggo van my mania skree terug
Wat soek jy hier?

Ek drink uit die rivier
Ek sink my oë in die rooi son
Ek **** alweer
Die donker wolke
Die reën wat kom

Ek laat my gedagtes so dans
Plek tot plek
Gras van Kees
En mens en vlees

Sny deur my
Woede en naaktheid
Die lag van 'n sekere malheid
En die sagtheid van jou moeder ken
En dan meer bring ek twee
Van my na die tafel in 'n oop gesprek
Met my leemtes en my onbeheerbare
Soeke na wat ek herken binne my donker gate
Ek dwaal verlate
In riviere van die samelewing
Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn
In die strate van spoed en bloed
Die woorde uit die bek van die dier
Die ongetemde kwaad van primate
Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles
Tot hy verval en wegkwyn
Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre
Waarheid en verlossing
Waar vind ek die antwoord vir alles?
© Johan Nel 2019.09.18 23:38
MIEKL Nov 2022
en ná die storm se kalm
en ná die wind en reën
is die sagtheid van die aarde oorverdowend

my blinde oë
en krom ou hart
lê soos sade en
vrôt in die land

tot onder sterlig een aand
dié muwwe vlies bars
en 'n fyn wit worteltjie
voel-voel die wêreld in kruip

*

and after the storm's calm
and after the wind and rain
the softness of the earth is
deafening

my blind eyes
and crooked old heart
lay like seeds and
rot in the land

'til under the starlight one night
this mouldy membrane burst
and a fine white root
tentatively creeps into the world

— The End —