"saak" poems
Al wat jy my wys gemaak het is dat seer die selfde voel
Maak nie saak van watter oord dit spoel
Ek en pyn ken mekaar al jare
Jy het my niks nuuts laat ervaar
Daar is geen onderskeid binne my tussen jou seer en syne
Dit le nou als binne my, dis als nou myne
So wat bly oor van jou sogenoemde goeie intensies, wil ek weet
Binne n jaar of wat het jy als hier vergeet
Die bietjie wat ek gehad het, het ek met jou gedeel
Dit was nie wat jy wou he, my hart het jou verveel
Ek was net n goeie tyd wat jy op gedress het en liefde genoem
Terwl ek lee hande daar gestaan het en jou met my hele hart gesoen
Ek wens ek het harder probeer en jy het net geluister
Toe ek hard en saggies, en aanhoudend nee, nee, nee deur jou soene fluister
Jul 7, 2015
Jul 7, 2015 at 10:24 PM UTC
So word ons wakker in ons tent en dit reen...aggenee!! Maar dis koel en ons voel gelukkig.
Ek is vuil, so amper dat ek wil huil, maar huil van lekker soos n krekker want dis vakansie tyd!!
My hare is so waar deur mekaar, maar wat maak dit saak want niks gaan my keer om vir n gogga te wys *** deur mekaar ek rerig kan weesie...
Tanne geborsel en room half gesmeer, laat die dag begin want dis ons en ons ford bakkie die keer...alweer...
Kies n rigting en so voeter ons daarin...
Saans kom ons by die kamp moeg geploeg die bosse in om nou rustig te raak met n koeldrank in ons hand.
Dan word n vuurtjie gemaak deur die braafste ou ini land om n vleisie te braai vir die fraaiste meisie, hand aan hand.
Mens voel gou dankbaar vir klein dingetjies soos n stort... n warme een, die oop velde of selfs die digte bosse, die veld blommetjies so geel of die gras so lank en groen, die voels so mooi volle kleurrig en die jakkals so skaam maar nuuskirig.
En wanneer dit donker word le daar baie voor soos die uile se geluide, die sonbesies wat hulle vlerkies saam klap of dalk n hihena wat na oorskied kom krap.
So geniet ons die bos vol avontuur gepos net vir ons en ons se dankie aan ons Skepper vir n skepping net vir ons. 2016/03/14
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:32 AM UTC
Voel jy ook soms asof die wêreld na 'n einde kom
Niks maak meer saak nie
Niks het meer waarde nie
Al wat oorbly is nou
Alles voel so lank gelede
Die jare het verby gevlieg
Hier staan ons aan die einde van 'n reënboog
En na alles wat gedoen en gesê was
Kruis ons paaie weer mekaar
'n Bittersoet versoening
Ons het 'n kronkelpad geloop
Ons het tydelik ontspoor
Maar nou verstaan ons mekaar
Niemand is tog so anders nie
Ons het meer ingemeen as wat ons kon droom
Maar dit was 'n stryd
Net om te vind dat ons tog so eenders is
Tyd gemors, tyd verloor
Hier staan ons nou op die laaste spoor
Die fluit het geblaas
Die treine rol in
Treine wat mekaar gemis het
Treine wat behoort aan mekaar
Jan 17, 2025
Jan 17, 2025 at 6:06 AM UTC