Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"ryk" poems
Met boeke vol helde, soos ek en jy Potgieter, Trichardt, Smuts, Kruger selfs De LaRey Almal met die doel, om hul volk te bevry, Die Afrikaner, uit te brei Om hul families, van leiding te bevry Selfs, De LaRey ‘n Lafhart, wou eers nie beklei Later die held, wat die boere, verder wou lei Familie man, vader seun broer en gesant Ja, die mense was ook bang Maar met passie, Met drang Met dit wat slange vang Het hulle als aangevang Kyk na jou vriend Kyk na jou maat Kyk na die, anderkant die straat Dis jy, wat hul toekoms baat Dis jy, wat hul vereen, ou maat Die Afrikaners, was plesierig Dit, kan julle glo Nou gevul, net met gierig En al hul misnoe Ja, dit kan julle glo Waar is ons eendrag Waar is ons mag Waar is die dae, toe ons nog lekker kon lag Waar is ons helde, van vandag ‘n Held, in elkeen wat die taal verstaan Elkeen, wat n weg vir Afrikaans wil baan Elk, wat sy man wil staan vir die taal, wat min verstaan ‘n Kultuur, wat net ons verstaan ‘n Kultuur, so ryk aan helde soos ek en jy Helde, wat die Afrikaner wil bevry Helde, wat nie bang is om te baklei Helde, soos ek en jy!
0
Oct 23, 2010
Oct 23, 2010 at 2:36 AM UTC
WAAR IS ONS HELDE VAN VANDAG
Dorslip en droogkeel huig ek in die donker van terg gees middernag vir die soet nektar name waarna hierdie barslip hunker. Skimletters vorm elke klinker net so ryk soos 'n paar gisters terug. Pype weerhou om die klank deur te laat, wat finaal n skerwestorting bring. Is ek aan n groter soeke om woorde te smee- wat getuig van verlange en ander leed ,of aan jou invloed die pryseer te gee. **** jy in heimwee ook dan aan my, dit is al wat ek wil weet of het jy ten einde my liefde by n ander gaan kry?
0
Dec 5, 2014
Dec 5, 2014 at 11:57 AM UTC
Droee verlange
Ek het iewers langs die pad My onskuld verloor , maar ek **** dis op ń special By die bottelstoor. Dis nou jammer ek is platsak Sonder geld, sonder naam Onthou my soos ek was In ma se fotoraam. Wie sou my kon waarsku dat Beloftes en my maagdlikheid So maklik soos vetkruit breek. Of dat al daai candy cigarettes My kon leer om ñ Marlboro Aan te steek. Vroeg ryp vroeg vrot, Op dominee se eer Verloor al jou onskuld en En probeer maar weer Om iewers ń Heer te kry Wat nog omgee vir my. Terwyl jy sukkel om jou daily bread Op die tafel te kry. My pelle gaan dood , word ryk Besoek die tjoekie Word groot ,word fake En kry STD's en kinders En ander goed wat hul nie soek nie. Nou loop ek ń pad van plooie En grys hare en taxes Waar Yolo jou nie verder bring Van die kussies nie... Face it. Ons was almal jonk , was al almal dronk En ń wyse man weet... Grootword is nie vir sussies nie.
0
Jul 13, 2014
Jul 13, 2014 at 12:05 PM UTC
Ode aan die oude
Nog n jaar is verby, waar gaan die tyd dan heen? Ek was klein en toe verdwyn n paar jaar. Toe is ek groot en het skoon vergeet van dinge wat verby is. Ywerig om groot mens te wees was alles tevergeefs want nou dat ek is, wens ek vir n lewens rewind in my mind, om alles weer van voor af te beleef soos gegee was aan my voor die groot mens wees wens. Dankbaar vir genade van bo vir n lewe so groot en ryk vol pragtige mense en wense. So se ek dan dankie, dankie vir klein en groot, vir die hulpende hande in my lewens boot vir nog n jaar wat sowaar verby is. 2016-08-14
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:23 AM UTC
Nog n jaar...
Op hierdie aarde, groen en blou Met torings wat die lug uit grou In elke huis waar mens dalk bly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In wye winkels en krom kerke In nommers en vergete merke Waar ryk sweef en arm lei Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In stede, woude, see en woestyn In alles, geen, grof en fyn In luuks, skaars, bont en plein Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In winter, lente, somer, herfs Met albei vuur en skadu bederf Waar ook al maan en son mag skyn Sal ek nooit weer iemand kry soos jy Waar sterre sing en sonne lag Omring met komberse van die nag Waar ou gode en planete gly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In ou legendes en sprokies verhale In dooie sang en in lewende tale In woorde wat die hart oop sny Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In gister se groot verlate vlug In môre se onmeetbare sug In die nou wat ons so graag vermy Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In slaap te dig en drome swart In die wandel en wonder van die hart In seer, troos, kwaad en bly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
0
Aug 4, 2019
Aug 4, 2019 at 5:17 PM UTC
Iemand soos jy
Ryk in maniere wat nie gemeet of Maklik bepaal kan word Oorstallig Rustig Tevrede Ryk daarna uit Na ander oorstelp Wat nie kan help Bedroewig Mismoedig Begewe Deel gerus jou harts lied Sing vir dié in droogse donker Belaai met verdriet Vrylik Lieflik Begeeflik Herinner hulle heimlik Hul oorvloedige innerlike erfstuk Skink 'n heildronk op die Heilbron Bespoedig Begeerlik Begiet Buig saam die kop Ontvang die Heilse heet Verborge net as jy vergeet Ligweg Verhewe Belewe Stap dan heelhartig helder Koester elke kosbare tree Destinasie onbepaald ewig verder https://blominblou.weebly.com/blog/skatlik-ryk
0
Aug 4, 2020
Aug 4, 2020 at 2:04 AM UTC
Skatlik Ryk