En soms in die vroee oggend ure **** ek steeds jou stem...
wanneer ek sukkel om te slaap,
maar my lyf deuretrek is van moegheid
, voel ek nog jou sagte aanraking.
Dan ***** jy by my soos die neurie van 'n lang vergete wiegelied in die agterkop,
of
die weergalming van ons gegillende stemme deur die lang gange van die lewe...
dis dan wanneer die hartseer my tref.
Dit vul die l e e m t e s wat gelaat is deur die s p a s i e s waar jou vingers altyd so
perfek
In myne gepas het,
in die dooie gevoel,
oor al die plekke waar net jou aanraking
soms
genoeg was om elektrisiteit op te wek
wat my nog vir weke speelvol geprikkel het.
Dan vorm dit saam in die [kamers] van my hart,
waar jou n.a.a.m,
jou < liefde 3
en jou ~legende*
vir altyd sal bly
... en stroom deur die vensters van my siel...
sodat ek weer 'n gesonde uitkyk op die lewe kan he.
Soos 'n magtige rivier
loop dit by al die voue af,
maar altyd met grasie...
en ek huil