Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"plek" poems
Dit is die trane wat niemand sien nie Die seer wat niemand voel nie Dit is die koue gevoel in jou hart wanneer jy van buite af inkyk *** almal lag Dit is die eensaamheid op naweke Die stilte wanneer jy skree Dit is die afwesigheid van n warm hand Die oorblyfsels van n gebroke sielsband Dit is die spasies tussen jou vingers Elkeen n herinnering van n tekortkoming Dit is die koue winters alleen Die somers spandeer onder skaduwee Dit is die hinkering na "ek is lief vir jou" briefies Die drome oor die "ek is trots op jou" soentjies Dit is al die gebroke beloftes Die "liefde met voorwaardes" Dit is die idee van *** alles moet wees Wat keer dat jy gelukkig is Dit is die wonde wat brand wanneer jy dalk mag glimlag Om jou te herinner van jou seer se mag Dit is die donker aande sonder sterre Jou dood stille foon op die moeilikste tye Dit is die konstante bevraagteken van jou waarde Die "gaan nie eers probeer" nie's Omdat jy voel niemand sien jou raak En skielik is gelukkig wees, n verbode taak Maar dit is die leemte in my hart Die swaarte krag van al die vrae Die "Opsoek na die vermiste stuk van my legkaart" Wat die hartste praat Dit is die gewoonte om te voel jy misluk Dit is die "minderwaardige" plakker in die plek van jou gesoekte legkaartstuk...
0
May 12, 2014
May 12, 2014 at 12:25 PM UTC
legkaarstuk
**** jy die **** van yster-gordyn wat val en die aarde omhels ten laaste sy afwaartse versnelling. Dit maak seer mamma... Gewere word neergelê as ń universiële teken van hoop en vrede , maar verlang na ń lid van die geledere. Dit maak seer mamma... Ons was almal naïef; in ons drome was daar plek vir twee, Ń eindelose see waar ons kon wegvaar van die ontbindinde spoke van gister, waar ons ons hande in soutwater-poele kon was iewers langs die kus van versoening... Dit maak seer... Niemand sou kon raai dat die jare se snellertrek en loopgraaf grawwe jou eens sagte vel kon magnetiseer nie... *** kon ek voorsien dat jy ń bietjie van die geweld gaan steel het om vir jouself te hou nie. *** sou ek weet dat jou vingers jeuk sonder die dooie staal wat dit streel nie... Een skoot Twee skote Drie skote Ń eenman vuurpelaton reën op my neer en dring deur my ope arms... Jy het nog altyd ń plek in my hart gehad, maar nou het jy dit beset met lood en alle onskuld uitgerook met brandende kruit... Dit maak seer... Dele van jou hang nog swaar op al die plekke wat saakmaak en seermaak en trek my af grond toe... Eina... Liefde ek het altyd geweet ons het mekaar se ruë gehad... ek hey net nie geweet jy was besig om ń rooi kruis vir jou fissier op myne te verf nie... Dit maak seer mamma... Koebaai
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:48 PM UTC
Kuikens na 'n oorlog
*keer op keer telkens weer vlak voor zonsopgang hoevaak nog wakker te worden met een steen in mijn buik hoevaak nog betraande ogen te openen in het holst van de nacht in de stilte na de storm als een zwarte koude wind je neemt me steeds weer eventjes mee naar een plek waar ik niet wil zijn nee het is er niet fijn het doet pijn keer op keer een geschaden vertrouwen wanneer laat je me met rust dit is wat het doet met een vrouw jij, geschaden vertrouwen ik wantrouw jou*
0
Aug 15, 2017
Aug 15, 2017 at 11:36 PM UTC
Nachtmerrie
Onder die laslappie kombers van die sterre en die maan het my hart talle male verstik aan n proetjie eensaam. ñ koue hart wat reik Na iets om vas te hou in bed wat oorloop Van spasies net vir jou , maar in die siekbed van die see Het ek te veel tyd spandeer Voor n plafon van hoop Wat met motreen bo my oopskeer. En in retrospek kyk ek na my bed Wat nog altyd leeg staan Nie sonder jou nie Maar oor die twyfel in my eie bestaan. My bed was net leeg... Oordat my hart leeg was Soos n vol kanvas Met wit leeg gekwas. Want ek was daar, En nou dat ek verstaan Weet ek die nag is net donker Sonder die sterre en n maan. Wat my laat met die vraag... Was dit die bed of was dit ek Want wat is werklik leeg- Die mens , of die plek?
0
Jul 9, 2016
Jul 9, 2016 at 2:49 AM UTC
'n leë bed
Als een zoeklicht, opgericht Naar een hemel vol sterren Kruist ze lichtstralen, verhalen En schiet verder in de nacht Voor één moment, onbekend Voor de lege eenzaamheid Dan weer eindeloos, zwart Een knipperlichtrelatie Met de glinsterende maan Stralend middelpunt Van de nacht die zij zelf Slechts bliksemsnel verlichten mag Zij, kortstondig als de dag En voor de maan niet anders Dan de sterren Die hij lichtjaren eerder Al doven zag De afstand onoverbrugbaar Tussen haar en het donkerste licht Vindt ze zichzelf In het laatste kwartier Terug aan de kust De enige plek waar zijn vingers haar beroeren Waar zijn passie in de golven Haar op haar knieën dwingt Waar de zwarte eenzaamheid Haar niet langer van hem scheidt Daar waar de maan Het tij steeds weer keert
0
Apr 20, 2015
Apr 20, 2015 at 5:40 PM UTC
Het laatste kwartier
n Moeder het ek al gedink is  wonderlikste skepping op arde. Sy vermaan, verstaan en dan bestaan net oral en die hele tyd gereed om te vergeet wat ek altyd verkeerd doen. Sy othou die goeie met soveel soenne en drukkies en help altyd met die en met daaitjies. Haar hart is skoon en woon in n plek wat my hart genoem word en sal altyd myne bly. 2016/01/09
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:47 AM UTC
n Moeder...
Bo op 'n berg Met my bobbejaan gedagtes wat terg Die eggo van my mania skree terug Wat soek jy hier? Ek drink uit die rivier Ek sink my oë in die rooi son Ek **** alweer Die donker wolke Die reën wat kom Ek laat my gedagtes so dans Plek tot plek Gras van Kees En mens en vlees Sny deur my Woede en naaktheid Die lag van 'n sekere malheid En die sagtheid van jou moeder ken En dan meer bring ek twee Van my na die tafel in 'n oop gesprek Met my leemtes en my onbeheerbare Soeke na wat ek herken binne my donker gate Ek dwaal verlate In riviere van die samelewing Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn In die strate van spoed en bloed Die woorde uit die bek van die dier Die ongetemde kwaad van primate Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles Tot hy verval en wegkwyn Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre Waarheid en verlossing Waar vind ek die antwoord vir alles?
0
Sep 18, 2019
Sep 18, 2019 at 5:40 PM UTC
Bobbejaan Gedagtes
dis amper vyf jaar later. jy drink nog saam my koffie in my bed tydens ons stiptelike afspraak - op nostalgiese Sondae aande wanneer die wêreld stilraak, kort voor die week weer sy stophorlosie aanpas. die herinneringe tog só aanskoulik, maar stééds kan ek myself nie bring om jou stem te herroep nie! voor ek jou kan vasgryp, weer saam jou kan lag óf my gesig sag teen jou bors kan vasdruk, verdwyn jy, en Skuld neem jou plek in tussen die lakens, klink die koppie teen myne gee ‘n grynslag en sluk my heel in.
0
Jul 21, 2019
Jul 21, 2019 at 1:47 PM UTC
Sondag afspraak.
Jy beweer ek oordink dit. Jy beweer my kop loop raas. Jy **** stilte sal my goed doen, Maar ek vergaan; gaan staan In die plek van die woorde Wat jy te bang is om te uiter... Te bang WAS om te uiter. En nou is dit te laat. Woorde verlang na uitlating En ek, ek verlang na woorde, maar jou belydenis-sku geaardheid Het geweier om beide aan te raak. N hart kan leer om lief te hê, Maar jou stilte het sy sê gesê.
0
Nov 30, 2017
Nov 30, 2017 at 2:16 AM UTC
Sênnet
As jy weer in jou dagboek skryf Onthou Dat daar rede genoeg is Om te bly vashou Die goue blaar in die somerson, En die blou moederkappies Hulle wag nog steeds vir jou Teen tafelberg Waar onskuldige bloed nog steeds Vermeng is met die sout see water Daai water wat ons voorouers gedra het naar hierdie land van prag en praal Het jou bevry en weggedra naar n plek ver hier vandaan Ook al is ek en jy deur afstand en tyd geskei Hou ek daai oop bladsy Van jou treurigheid Langs my sy
0
Oct 28, 2023
Oct 28, 2023 at 7:12 PM UTC
Ingrid Jonker
trek jou kos uit die modder druk jou wortels donkerdiep suig jou lewe uit die lig reik jou takke tot die bloue niet drink alles om jou in en draai dit tot groei rig jou gesig na die son tot jy bot en bloei dis hier waar jy staan tot hier het jy gekom hier is ‘n kans ‘n plek om te blom
0
Apr 13, 2022
Apr 13, 2022 at 12:27 PM UTC
blom waar jy staan
Die son het geskyn oor die more van ons mense, terwyl die mis stilletjies inbeweeg oor hierdie toe nog rustige waters, Ja wit skuim soos 'n skim was met duisende jare van ons voorvaders se rus en vrede verwelkom. Met bloed van verwoerd het die wit skuim en die skim gesien hierdie paradys is vir hulle baie goed en met 'n spieel en versteekte dolk en drank agter die kraag ons"primatiewe volk" se gehee sistematies vertraag, belieg, omgekoop verslaaf verkrag vermoor ultemiet ook soos 'n dwaas heeltemal verplaas. . Die son skyn oor die more van ons mense terwyl die mis stilletjies uitbeweeg oor hierdie onrustige waters, honderde jare van marteling kan jou brein so KONDISIOENEER, om te luister na die valse profeet wat vir jou dan!! met hulle leuns BEKEER en REGEER. Skrik wakker my mense dit het tyd geword om braaf terug te veg vir ons EER, want "hierdie pyn" is van ....lankal af SEER . Jy is eintlik sy baas Dit gaan oor waar jy jou kruisie plaas, BRUINMENS stem!!! EG hierdie plek gewaarborg deur geskiedenis is eintlik JOU   geboortereg.
0
Sep 7, 2021
Sep 7, 2021 at 2:29 PM UTC
Toe die wit skuim soos 'n skim dog ek was Dom, maar nou trek ek slim
De eerste plek van mijn suikerfeestgebed! Je was al oud, maar nooit een stuk antiek, Je had ook nooit een mooie minaret, Maar toch een moskee, vanbinnen klassiek. Nu loop ik langs jou stenen, met gedachten Die steeds proberen te herinneren *** het nou was; wat mensen hier brachten, Wat was het wat ik deed al die keren? O gebouw van oudsher, nu ben je onbekend, Een oude plaats alleen van nostalgie, Door nieuwelingen word je niet gekend, En nu een stukje in de poëzie. Eerst kleine handjes, kleine gebeden, Nu een jongeman, kijkend naar het verleden.
0
Aug 1, 2018
Aug 1, 2018 at 7:35 AM UTC
Toen ik langs de oude moskee liep:
Daar's 'n plek in ons siele, War die seer nie kan inkom nie. Maar waar is hierdie punt, Waar lê dit binne ons? In die diepte van ons harte, Agter die mure wat ons bou, Kan ons kyk tussen die krake, En vind 'n Sleutelsteen Wat ons heel hou? 'n Klein onbreekbare IETS Waarin ons vergete hoop nog slaap? 'n Picture van wat ons is Voor die ligte uitgaan Maar wat sou ons dit noem, As ons dit selfs kon vind? Sou ons dit selfs kon herken, As dit ons in die oë sou staar En sê: „Ek bestaan“? Sou ons daarna kon luister, As ons dit selfs kon **** — As ons selfs kon onthou *** om sy taal te praat? 'n Klein onbreekbare IETS Waarin ons vergete hoop nog slaap 'n Picture van wat ons is Voor die ligte uitgaan Daar's 'n plek in ons siele, Waar die seer kan nie inkom nie.
0
Oct 19, 2020
Oct 19, 2020 at 9:40 PM UTC
Die Atoom
soms breek ‘n hart oop wat binne was bloei uit deur skeure en krake wat buite wag skiet wortel in diep vars gate ‘n gebroke hart is ‘n vrugbare plek plant versigtig gee mooi water
0
Mar 2, 2019
Mar 2, 2019 at 1:48 AM UTC
groei
*wolken voor de sterrenregen als zij, houden van geheimen een plek om te schuilen bij zij die gelukkig zijn geluk op een groot podium*
0
Dec 13, 2017
Dec 13, 2017 at 7:08 PM UTC
Grot