Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"opnuut" poems
Die ou kniee knak en kraak en maak geraas , maar sal sukkel-sukkel teen die rand hou om jou te dra. **** *** ek kriekbeen, in die laatnag na jou vra. My ribbes is marimbas, uitgehonger vir die hokmaak van 'n antieke snaardrom hart. Wat nou met mening elke been se noot raak slaan en hammer asof opnuut gevorm en gespeen. En tog die kop raas soos basyn geskal en bomval, want binne woed die stryd van goed teen kwaad. Ek speel vir jou 'n simfonie: Die lirieke dalk af, maar tog op maat. Ag ek's sommer simpel, dis die liefde wat so praat...
0
Sep 5, 2014
Sep 5, 2014 at 7:14 PM UTC
Simfonie (Vir Snoekie)
100 jaar herrinering 100 mense ween 100 trane val daar 100 druppels reen van die hemel heen Dankie vir die reen o God die plase was so droog die kommer word nou weggespoel uit talle boer se oog oor droewe grond wat kraak en bars streel helend hand loop water vars oor die mielies, koring en oor goue hawermout dans in die wind die jongeling en skyn opnuut wee goud die Here het geantwoord oor wenige gebed bewys van vooraf weereens al genade wat hy het maar wolke breuk, strome spoel die grond word weer genees maar spokend, kaal en lenig sal die kerk weer Sondag wees onthou jy jou gelofte my Afrikaner kind wat nou soos na dood siektes voor die oe ontbind **** my woord op nuut oor die heuwels sal dit reis tot my volk gaan terugkeer sal opbrengs , soos geloof, deur droogtes vergreis
0
Oct 20, 2013
Oct 20, 2013 at 1:17 PM UTC
Droogtes en ander sake van geloof
met nat oë en stem rasper-hees sal sy my eers met kaneel en gemmer genees met swaar lyf en kop wat klop salf sy my eers met heuningwoorde gesond en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei met die seer wat nog so rou in haar talm bid sy eers die onrus in my kalm en ek weet saans ween en woed onverbiddelike storms in haar gemoed en dan soggens uitgespoel en broos is sy nooit te swak om haar kroos eersmaal te troos vir speelgrond wond of hart wat breek terwyl daar dubbeltjies soveel dieper in haar insteek die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het vir elke afvlerkkind die lyntjies waar sy op die mooiste wyse haarself met ander verbind waar sy soveel ander se seer verberg ten spyte van alles wat dit van haar verg hier sit ek stil en verwonder my aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
0
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC
mamma