Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"onverwags" poems
my engel sonder vlerke, jy het onverwags jou verskyning gemaak my hart geneem sonder om eens aan my te raak met my hart op my mou al was ek soveel keer gewaarsku tog voel ek só veilig by jou my engel sonder vlerke, ek wil weet wat laat jou lag, *** om jou gemoed op te beur as jy nie kans sien vir die dag ek wil weet *** jy koffie drink, jou hartslae per minuut en waaraan jy elke sekonde van die dag **** my engel sonder vlerke met jou groenbruin oë en mooiwees glimlag laat jy my weer in sprokies glo vir jou doen ek alles, sonder om ‘n oog te knip, net oor ek oor jou mal is alles net vir my engel sonder vlerke.
0
Dec 24, 2020
Dec 24, 2020 at 12:49 AM UTC
engel
Die krag van krag is onverwags, maar prag wanneer jy dit minste verwag. Wat is krag? Dis n gevoel van mag, van laat gaan en niks terug verwag, maar tog so in beheer van meer as net my gevoelens, wel ja min of meer. Dit gee my die wil om te wil, of om nie te wil as ek niks het om oor te wil, of om n verskil te maak in tye van onware naar, ja dit is so waar. Krag kan verskeur of verrineweer sonder goeie beheer, maar met n wil van krag het krag n mag om net goed te verwag...hou dit vas of laat dit gaan solank jy een ding verstaan dat sonder krag moet jy geen krag terug verwag. 2016
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:25 AM UTC
Krag...
Onverwags verskyn prag voorwaardelik Verdoesel my ongemaklike donker twyfel Natuur bekoor beskeie knus veranderlik Herinner koel met bot kleurvolle bloeisel Koester sigbaar aarde hart soet met vrolik Landskap verwelkom lag lente groen raaisel Verlig gemoed swaar wat was ondergeskik Verkwik vaal winter koue geil met verskansel Blommeryk kyk spruit uit kyk! Is dit nie Wonderlik?
0
Jul 24, 2020
Jul 24, 2020 at 6:26 AM UTC
Blommeryk
jy het soos 'n warrelwind in my lewe ingekom; onverwags en alles omver gegooi, maar op 'n goeie manier. ek kan vir die eerste keer uit my buik uit lag, my hare deurmekaar los, en pizza eet sonder om te huiwer. daar is nie vlinders nie, maar 'n rustigheid oor my. ek is só bang dié goeie tyding draai en jy stap weg, so vinnig as wat jy gekom het. so vou vir 'n ring, 'n belofte, uit geroeste draad. wat rooibruin merke aan my vingers laat wanneer die noodlot jou probeer steel. sommer ogiesdraad, dat dit nie regtig is nie. maar dat my hart kan rustig raak. vat my pinkie in joune en seël dit met 'n sagte soen en ek sal weet - jy is hier om te bly.
0
Feb 6, 2023
Feb 6, 2023 at 3:23 AM UTC
belofte