Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"onthou" poems
Rooi rosige wange En n eerlike mond n Hart van goud My Ouma Ek sal nooit ooit my Ouma met Rooi wange En die mooiste glimlag vergeet nie En jou lag Jou stewige lag Jou Hart Wat so vol liefde was My Ouma Ek sal nooit vergeet dat dit was jy Wat vir my afrikaans geleer het Ek het dit altyd met jou gepraat My Ouma Jou geselskap was altyd eerlik En jy het altyd my hart verstaan My Ouma Wat so lief vir Facebook was My Ouma Van muis stories En my Ouma saam met Wie Ek gebak het My Ouma Van rose My Ouma Van liefde My Ouma Van lang goodbyes En altyd ons ding Waar ons het gese Ons is so lief vir mekaar My Ouma Ek sal altyd dankbaar wees Vir ons tyd saam My lieflike Ouma Ek sal jou met Rooi wange En blou grimering onthou My regte egte Ouma Ek sal jou lag altyd **** En jou laaste glimlag sien En lippe Wat gese: "Ek is so lief vir jou, my skat. Altyd." Ouma Ek sal jou nooit ooit vergeet nie Ouma Ouma My mooiste ouma Van rose En Rooi wange. Totsiens my Ouma
0
Jul 4, 2016
Jul 4, 2016 at 4:14 AM UTC
My Ouma
Trek my siel uit met swart onlogiese krapmerke op my pick n pay strokie. Breek my fingers af op n hout skryf blad en hou die honde naby vir die bene wat spat. Vermergel dan my vellies en gooi dit op n graf en se dis vir al die girlys -dis van papers wat smag. Edel en opreg is die regter se kaf. Heilig is die helde van die bars van die nag. Ons onthou die spoke van Oranje stad, Ons kleef aan hulle woorde soos n tros vol kak. Ons hou van die serries en die doef van Jak, En moenie met my stry nie ek sal jou in pak. Melodie jou wysie met ewige tone, mengel mooi jou woordtjies met jou oulike drome. Hou die fort van veiligheid en nasionalisme, Wees n patriot en vermoor Anglisisme. Beskerm jou mother language teen n kombuis taal. Daar is niks in hierdie wereld wat die taal mag vaal.
0
Jan 25, 2010
Jan 25, 2010 at 8:55 PM UTC
Die Digter -Afrikaans
Jy was my maaitjie, Vol lewe, vol praatjie... Jy en jou “ninnie” Nou is jy nie meer hier nie Behalwe in my hart… Lieflike sommers dag, Julle swem en lag, In huis toe om te eet, Scrambled eggs, of het jy al vergeet? Jy gaan buitentoe, klaar geëet, Swembad oop – ons het vergeet. Na ‘n ruk soek Rina jou, Hol buitentoe, sy het onthou… En daar lê jy, die water koud, Mietie spring in, jou pols is oud. Boet is vinnig, bel hospitaal, Maar Rina is koud, Rina is vaal… Want liewe Jesus het haar baba seuntjie kom haal. Ek pyn nogsteeds 10 jaar later, My maaitjie, Jy – onder die water. Familie kind, die helder liggie Dof skyn nou jou gesiggie – Behalwe in my hart…
0
Nov 11, 2013
Nov 11, 2013 at 3:35 PM UTC
Huldeblyk aan André (Afrikaans)
Jare van hartseer, jare van pyn. Eendag sal dit verdwyn en die lewe sal wees ja, makliker om te leef. Dag vir dag stap ons deur die woude van gedagtes en *** ons dan herrinder word deur die vlaktes van daai gedagtes. Dan onthou ons die goeie ou dae van vreugde en menigte liefde en so verander ons dag na dag ons lewens van hartseer vlaktes na wonderlike gedagtes. 2016/01/05
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:52 AM UTC
Vlaktes van gedagtes...
Die rede vir die vlamme in hel is nie om die Duiwels te martel nie, maar om ons warm te hou. Onthou ons is koudbloedig...
0
Jun 11, 2017
Jun 11, 2017 at 7:02 AM UTC
Hel
Ek skrik die 10de Augustus wakker. Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg. Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker. Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg. Vaagweg **** ek, "I look to you" "And when melodies are gone" "I hear you in a song" Ouma was ons eie Whitney Houston Haar sterk gees was ons rots. Al het ons met tye lekker koppe gebots. Sy was my vestiging, ons familie se trots. Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou. Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou. Ouma se omgee het my soveel keer gered. Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed. Mag die voëltjies altyd bly sing Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring Ouma was altyd bereid om te help Vol genade het ouma, harde harte versmelt Mag oupa altyd verlief bly Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry 'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is Al sit ek heel wat die potte mis Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer. Dankie vir elke koppie soet tee Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee Dankie dat julle vir my alles kon gee Dat hulle harte net liefde kon skree Dankie dat ouma my veilig kon hou Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou. Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou. Ek gaan ouma mis, al my liefde, Thomas.
0
Aug 16, 2018
Aug 16, 2018 at 2:52 AM UTC
H1938 - 2018
100 jaar herrinering 100 mense ween 100 trane val daar 100 druppels reen van die hemel heen Dankie vir die reen o God die plase was so droog die kommer word nou weggespoel uit talle boer se oog oor droewe grond wat kraak en bars streel helend hand loop water vars oor die mielies, koring en oor goue hawermout dans in die wind die jongeling en skyn opnuut wee goud die Here het geantwoord oor wenige gebed bewys van vooraf weereens al genade wat hy het maar wolke breuk, strome spoel die grond word weer genees maar spokend, kaal en lenig sal die kerk weer Sondag wees onthou jy jou gelofte my Afrikaner kind wat nou soos na dood siektes voor die oe ontbind **** my woord op nuut oor die heuwels sal dit reis tot my volk gaan terugkeer sal opbrengs , soos geloof, deur droogtes vergreis
0
Oct 20, 2013
Oct 20, 2013 at 1:17 PM UTC
Droogtes en ander sake van geloof
dit reen altyd iewers in kaapstad en altyd iewers in my hart branders golf diep binne my nes jy is hulle altyd vry jy weet ek haat jou nog partykeer net so tussen die branders se golf en kom weer hou my vas en ek sit waar ek sit en jy weet van die dinge wat ek nie kan vergeet so hier sit ek en sug en onthou van die diep merk op my gewrig en weet van die rede hoekom ek hier sit en maak vrede met myself en met jou wat my nie meer vashou
0
Jul 13, 2015
Jul 13, 2015 at 12:49 PM UTC
ek en jy
Ek het iewers langs die pad My onskuld verloor , maar ek **** dis op ń special By die bottelstoor. Dis nou jammer ek is platsak Sonder geld, sonder naam Onthou my soos ek was In ma se fotoraam. Wie sou my kon waarsku dat Beloftes en my maagdlikheid So maklik soos vetkruit breek. Of dat al daai candy cigarettes My kon leer om ñ Marlboro Aan te steek. Vroeg ryp vroeg vrot, Op dominee se eer Verloor al jou onskuld en En probeer maar weer Om iewers ń Heer te kry Wat nog omgee vir my. Terwyl jy sukkel om jou daily bread Op die tafel te kry. My pelle gaan dood , word ryk Besoek die tjoekie Word groot ,word fake En kry STD's en kinders En ander goed wat hul nie soek nie. Nou loop ek ń pad van plooie En grys hare en taxes Waar Yolo jou nie verder bring Van die kussies nie... Face it. Ons was almal jonk , was al almal dronk En ń wyse man weet... Grootword is nie vir sussies nie.
0
Jul 13, 2014
Jul 13, 2014 at 12:05 PM UTC
Ode aan die oude
Somewhere in Cape town it always rains And in some part of my heart the rain always stays Waves crash deep within me Like you,  they are always free You know sometimes I still hate you Just in between the waves build up and break through Hold me tight and I sit where i Isit and you know Of all the things I cannot let go So here I sigh and sit And remember the deep scars on my wrists And we remember the reasons Why I sit here quietly and let peace in Peace for myself and I'm letting you be You who no longer hold onto me Ek en jy dit reen altyd iewers in kaapstad en altyd iewers in my hart branders golf diep binne my nes jy is hulle altyd vry jy weet ek haat jou nog partykeer net so tussen die branders se golf en kom weer hou my vas en ek sit waar ek sit en jy weet van die dinge wat ek nie kan vergeet so hier sit ek en sug en onthou van die diep merk op my gewrig en weet van die rede hoekom ek hier sit en maak vrede met myself en met jou wat my nie meer vashou
0
Jul 13, 2015
Jul 13, 2015 at 3:47 PM UTC
You and I (ek en jy translated)
Jou woorde is ń vlak graf Wat doodluiters Op my pad gevly lê En wag en lê en lag. Ek wat onder daglig dommel , verlore in die uitspansel Wat uit jou hoop lumier, Val vinnig vir jou vangwip. Verval in die verkeerde tydstip. Thenatos, finato , finaal. Jy wou nog altyd agter Jou swart kuil wegkwyn, En die waarheid en seerkry En skande ontduik. Bely jy jou donker aan my? Ag timmer tog jou naam In my steun en vergeet nie Jou pedantriese woorde nie. *** anders dan nou sal ek Met engelstem die Uitloop besing van pederastie. Onthou my vir my Donquichoterie, Want jy is nie regtig Lief vir my nie.
0
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:06 PM UTC
Dood van ń idealis
Sy vra: "Hoekom is jy nou so n non"? Ek sê: **** is mos eintlik net vir die lewendes". Ek is my eie memento mori. Jy is die oorsaak van dood. Laat dit so op my graf geskrywe staan: -Hier lê die skerwe van iets amper heel- ,want nou sit ek weer aan jou tafel en my laaste maaltyd is n herkouing van spoegsels vergete tye saam met jou En ek kou en ek kou en ek onthou: *** warm jou hande was teenoor jou hartskou , *** gretig jy was om my vas te hou en na die tyd toe te snou. "Ek sit nou waar jy gesit het" , grinnik jou wellus oor die porselein rand en ek wil vir jou sê staan op en gee vet want almal wat daardie stoel beset wals met die noodlot en wink vir seer. "Kom ons probeer , nog n keer" Sê jou hand langs jou ritsluiter , maar ek voel n veer , want kadawers ken nie lustigheid nie en ek is oorgebalsem met n gelofte. Los die dooies dat ons rus, Los daardie "ons" begrawe in die kis.
0
Feb 18, 2017
Feb 18, 2017 at 12:51 PM UTC
Necrophilia
It is sharpening crimson steel in a knife as of that, with it fingers softly bleed like care and rise as a shuttered peach in a sturdy piece of scarlet, paid in heed. Your foreboding onthou my skin is no more truly nor less rigid unplugging of violin strings out of a guttural chords into a straight morbid fire, and a pain structure hardens, straightens, embeds them forever into every light’s riddance, this trial mended. Welcomed fireflies in a solstice. bonfire. forest. [stygian]. Love, my dearest Love, if your ever evanescent body or voice even exists: if I ever dare to greet in my tears music it only may be to bleed with you in one common fluid, to have my ribs torn gently by each your promise barely for my hand’s taking, endure time to have my truer form by you, a sensation, clad in lilac velvet that goes under the name of “Paper Airplane” by my thoughts. To keep. Us. Intact. More than as rain we always are. A child picked up a solitary chalk and sketching protruded some things by that hand & sight, some sun with injustice drawn, that elders’ words and acts have not put up. Some of the chalk simply lays everyday crushed.
0
Sep 10, 2020
Sep 10, 2020 at 7:09 PM UTC
Kupala, Ill-lit Shrine
My liefste mens My beminde Jy. Jy is n meesterstuk. Jy is digkuns, jy is melodie Jy is ink en papier en woorde Jy is n kaleidoskoop in anatomie. Jou mond is my kompas As my kop verdwaal Gerroes en deur die wind verweer Kan jou sagte woorde my veilig laat huistoe terugkeer. Jou hare, watervalle oor die skatkamers Waar ek my geheime neerle Van fluisters in die donker Tot hardop liefde opse. Dat ek myself aan jou mag gee My swaar, my lig, my heimwee My gister, my more, my vandag. My geslote deure, my trane, my glimlag. Jou hande is sleutels wat my kamers oopsluit En oor my gly soos water oor rante Om hoeke om draaie My sirkels, my vierkante My donker steugies en oop plaaspaaie. Jou oe is die verlede, die toekoms en nou En as jy lag sien ek padkaarte in hulle oopvou Wat lei na orals en nerens Na die sterre En na onthou. Jou bors is my vesting. My kaggel, my lig, my beskerming Waar ek veilig my hart kan hou Om saam met jou dans Op die ritme van vetrou. My liefste mens, my beminde Jy is sterre oe en oop-oog droom Jou glimlag breek, vee weg en maak skoon. Jy maak die storm in my rustig. Jy is die vrede na die reen... Jy is my virewig
0
Jul 4, 2021
Jul 4, 2021 at 2:54 PM UTC
Jy
As jy weer in jou dagboek skryf Onthou Dat daar rede genoeg is Om te bly vashou Die goue blaar in die somerson, En die blou moederkappies Hulle wag nog steeds vir jou Teen tafelberg Waar onskuldige bloed nog steeds Vermeng is met die sout see water Daai water wat ons voorouers gedra het naar hierdie land van prag en praal Het jou bevry en weggedra naar n plek ver hier vandaan Ook al is ek en jy deur afstand en tyd geskei Hou ek daai oop bladsy Van jou treurigheid Langs my sy
0
Oct 28, 2023
Oct 28, 2023 at 7:12 PM UTC
Ingrid Jonker
Daar's 'n plek in ons siele, War die seer nie kan inkom nie. Maar waar is hierdie punt, Waar lê dit binne ons? In die diepte van ons harte, Agter die mure wat ons bou, Kan ons kyk tussen die krake, En vind 'n Sleutelsteen Wat ons heel hou? 'n Klein onbreekbare IETS Waarin ons vergete hoop nog slaap? 'n Picture van wat ons is Voor die ligte uitgaan Maar wat sou ons dit noem, As ons dit selfs kon vind? Sou ons dit selfs kon herken, As dit ons in die oë sou staar En sê: „Ek bestaan“? Sou ons daarna kon luister, As ons dit selfs kon **** — As ons selfs kon onthou *** om sy taal te praat? 'n Klein onbreekbare IETS Waarin ons vergete hoop nog slaap 'n Picture van wat ons is Voor die ligte uitgaan Daar's 'n plek in ons siele, Waar die seer kan nie inkom nie.
0
Oct 19, 2020
Oct 19, 2020 at 9:40 PM UTC
Die Atoom
nóú is alles dit verdwyn of jy laat los of klou glip deur jou geheue as jy gryp na die moes en sou dis die vegeetbare rituele die nietighede wat ons op ons voete hou vou jou wasgoed voer jou kinders koester jou kleinood onthou om te onthou
0
May 13, 2022
May 13, 2022 at 11:01 PM UTC
oomblik