"onskuldige" poems
As jy weer in jou dagboek skryf
Onthou
Dat daar rede genoeg is
Om te bly vashou
Die goue blaar in die somerson,
En die blou moederkappies
Hulle wag nog steeds vir jou
Teen tafelberg
Waar onskuldige bloed nog steeds
Vermeng is met die sout see water
Daai water wat ons voorouers gedra het naar hierdie land van prag en praal
Het jou bevry en weggedra naar n plek ver hier vandaan
Ook al is ek en jy deur afstand en tyd geskei
Hou ek daai oop bladsy
Van jou treurigheid
Langs my sy
Oct 28, 2023
Oct 28, 2023 at 7:12 PM UTC
ek glo nie,
maar vanaand bid ek,
nie vir wat of wie,
maar vir wat ooit was,
vir my onskuldige jeug,
toe ek plesier kon haal uit pakkies swiets, toe ek nie geweet het van oud word nie,
ek glo nie,
maar vanaand is ek op my knieë,
want iewers het ek my onskuld verloor,
my plesier word nie meer geput uit sondag oggend cartoons,
of met vriende speel na school,
met vrees in my hart sluit ek my oë,
en verdwaal in hierdie jongere drome,
vanaand is daar geen hallelujahs,
en geen amens
Jun 18, 2020
Jun 18, 2020 at 7:02 PM UTC