"onskuld" poems
My kinderjare was
Soetsappige drome
En ek het weggesluimer
Agter suiwer onskuld,
Met ń krag van geloof
Wat my oortuig het dat
My God ook jou God is...
Dat elke pad ń onnodige
Veiligheidsgordel verg
Dat elke beursie ń oneindigheid van R20
Note besit het en dat
Elke graf leeg was na die derde dag
Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde
Uiltjies knip wat my
Tot die meerderheids
Besef van addolosensie gebring het.
Selfs al het ek teen ń
Eksponensiële spoed
Ń volwasse begrip ontwikkel
,Was my redenasie oor die
Hiernamaals nog vaag
Met slaap in die oog
Eers toe daar een
langs my Val
En tien aan my sy
Het die drakoniese deun
Van die doodswek my
Uit my snoesige slaap geruk.
Met elke groef wat nuwe
Paaie teer vir my trane,
Elke silwer randjie wat
Lostrek van die donker wolke
En op my hoof kom rus
Soos die koue staal
Van ń koningin se swaard
Wat my inlyf in die
Sidderende realiteit van grootword en lewe
Nou is die droom verby
Nou staan ek op
En vrees om plat te val...
Ek oes en saai
Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai...
Nou word paaie ń lang gebed
Ter beskerming van my hart
Wat ek so maklik uitdeel
En beursies ń kommoditeit
Wat skree van die honger
Soos die mense van ń land
Wat al sy geloof verloor het...
Nou brand die sand my voete
En die seesout droog my vel...
Nou word wraak ń amp
En liefde ń kombinasie
Van gifte en giwwe
, maar ek sal nooit weet
Wanneer is dit wat nie...
Nou word lewe ń gebed.
Ek het ophou my
Kinder rympies sê,
Nou bid ek pynlik swaar
En hoop dat God
Nog genade vir my en
vir jou Sal hê
Amen
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:44 PM UTC
**** jy die **** van yster-gordyn wat val en die aarde omhels ten laaste sy afwaartse versnelling.
Dit maak seer mamma...
Gewere word neergelê as ń universiële teken van hoop en vrede , maar verlang na ń lid van die geledere.
Dit maak seer mamma...
Ons was almal naïef; in ons drome was daar plek vir twee,
Ń eindelose see waar ons kon wegvaar van die ontbindinde spoke van gister, waar ons ons hande in soutwater-poele kon was iewers langs die kus van versoening...
Dit maak seer...
Niemand sou kon raai dat die jare se snellertrek en loopgraaf grawwe jou eens sagte vel kon magnetiseer nie... *** kon ek voorsien dat jy ń bietjie van die geweld gaan steel het om vir jouself te hou nie. *** sou ek weet dat jou vingers jeuk sonder die dooie staal wat dit streel nie...
Een skoot
Twee skote
Drie skote
Ń eenman vuurpelaton reën op my neer en dring deur my ope arms...
Jy het nog altyd ń plek in my hart gehad, maar nou het jy dit beset met lood en alle onskuld uitgerook met brandende kruit...
Dit maak seer...
Dele van jou hang nog swaar op al die plekke wat saakmaak en seermaak en trek my af grond toe...
Eina...
Liefde ek het altyd geweet ons het mekaar se ruë gehad... ek hey net nie geweet jy was besig om ń rooi kruis vir jou fissier op myne te verf nie...
Dit maak seer mamma...
Koebaai
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:48 PM UTC
Sprei jou vlerke
My struikel-kind
, want die berge se rante
Steek skerp teen die wind
Vlug vir jou onskuld
Vlug na die son
Vlieg weg van Gamora
ontsnap van *****
Vlieg ver oor die wolke
My struikel-kind
Daars ń storm wat broei
, maar hou jouself blind
Want sere en blase
Word gou-gou weer heel
Maar geen pleister plak toe
Die letsel van ***
Honger hande neig
Om jou kinderlikke onskuld van jou af weg te steel...
Sprei oop jou vlerke
My struikel-kind
Want die berge se kranse
Hang laag in die wind
Kruip weg vir die hande
Wat jou wil verslind
En keer terug na jou kinderdae
Om jouself weer te vind...
Liefde...
Van ń kaalvoet-kind
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:33 PM UTC
Ek het iewers langs die pad
My onskuld verloor
, maar ek **** dis op ń special
By die bottelstoor.
Dis nou jammer ek is platsak
Sonder geld, sonder naam
Onthou my soos ek was
In ma se fotoraam.
Wie sou my kon waarsku dat
Beloftes en my maagdlikheid
So maklik soos vetkruit breek.
Of dat al daai candy cigarettes
My kon leer om ñ Marlboro
Aan te steek.
Vroeg ryp vroeg vrot,
Op dominee se eer
Verloor al jou onskuld en
En probeer maar weer
Om iewers ń Heer te kry
Wat nog omgee vir my.
Terwyl jy sukkel om jou daily bread
Op die tafel te kry.
My pelle gaan dood , word ryk
Besoek die tjoekie
Word groot ,word fake
En kry STD's en kinders
En ander goed wat hul nie soek nie.
Nou loop ek ń pad van plooie
En grys hare en taxes
Waar Yolo jou nie verder bring
Van die kussies nie...
Face it.
Ons was almal jonk
, was al almal dronk
En ń wyse man weet...
Grootword is nie vir sussies nie.
Jul 13, 2014
Jul 13, 2014 at 12:05 PM UTC
Stilgebore in afwagting op
'n môreson uit die legendes.
Die hoopswyg net voor aanvarding
, wanneer selfs vader tyd verboureerd bly staan.
Die onvoldoende doods-uur
Tussen die hap van n gifgoue appel
En die val van onskuld en skoonheid.
Die tingel in die vingers
van die Engel in swart,
nóg genoeg om te gryp
-Nóg genoeg om te los
, net genoeg om in die huiwer te dros
Dus dood wat geduldig
die venster bewasem.
Trek drogbeelde uit skadu's
Soos n laaste asem...
Dis nog hier, nog daar-
Nog vals, nog waar
En ons almal is n kat in n doos
- wandelend in beide lewe en dood
, want die verskeie dimensies
Is maar eintlik grensloos.
Die paradoks van einste bestaan
Word gekonsentreer in n tydstip
Van alles verstaan.
Dec 5, 2014
Dec 5, 2014 at 12:00 PM UTC
ek glo nie,
maar vanaand bid ek,
nie vir wat of wie,
maar vir wat ooit was,
vir my onskuldige jeug,
toe ek plesier kon haal uit pakkies swiets, toe ek nie geweet het van oud word nie,
ek glo nie,
maar vanaand is ek op my knieë,
want iewers het ek my onskuld verloor,
my plesier word nie meer geput uit sondag oggend cartoons,
of met vriende speel na school,
met vrees in my hart sluit ek my oë,
en verdwaal in hierdie jongere drome,
vanaand is daar geen hallelujahs,
en geen amens
Jun 18, 2020
Jun 18, 2020 at 7:02 PM UTC