Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"omgee" poems
Wanneer n mens jou gedagtes laat dwaal, oor die jarre laat verdwaal dan besef mens weereens die wonderwerke van mense. Mense wat sterk is, sterker as wat ek is. Mense wat wense laat waar word, soos in n storie lyn waar alle hartseer verdwyn. Dan is daar n spesifieke mens wat ek die beste voor wens. Wat my elke dag laat weet dat pyn mens nie kan terug hou van n lewe vol lewe en geluk nie. n Ware punt van krag, wat regtig niks terug verwag behalwe die omgee en die liefde van n mens wat niks het om terug te gee behalwe n dankbare hart nie. Jy is my beste maat, my nooit verlaat, my buddy en my sussie. Ek is jou grootste fan dall. Beslis is jy alles en meer waarvoor ek kon wens en sal jou altyd lief he en trots wees op jou. 2016-04-16
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:30 AM UTC
Ek is jou fan...
Ek skrik die 10de Augustus wakker. Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg. Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker. Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg. Vaagweg **** ek, "I look to you" "And when melodies are gone" "I hear you in a song" Ouma was ons eie Whitney Houston Haar sterk gees was ons rots. Al het ons met tye lekker koppe gebots. Sy was my vestiging, ons familie se trots. Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou. Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou. Ouma se omgee het my soveel keer gered. Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed. Mag die voëltjies altyd bly sing Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring Ouma was altyd bereid om te help Vol genade het ouma, harde harte versmelt Mag oupa altyd verlief bly Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry 'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is Al sit ek heel wat die potte mis Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer. Dankie vir elke koppie soet tee Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee Dankie dat julle vir my alles kon gee Dat hulle harte net liefde kon skree Dankie dat ouma my veilig kon hou Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou. Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou. Ek gaan ouma mis, al my liefde, Thomas.
0
Aug 16, 2018
Aug 16, 2018 at 2:52 AM UTC
H1938 - 2018
Liefde is: om die langpad Kaap toe deur te dring met Afrikaans is Groot treffers omdat jy sien *** Pappa sy vingers teen die maat van die ritme tik. Dis om te weet dat Mamma wel omgee al is sy soms te besig om na jou gunsteling gedigte te luister. Dis om saam met Boeties rugby te speel al wil jou lyf al vir jare nie meer hardloop en rond gestamp word nie. Liefde woon hier Tussen die gee en kry, Tussen die op offeringe, Tussen ons almal.
0
Nov 28, 2018
Nov 28, 2018 at 2:05 PM UTC
Liefde
Ek het iewers langs die pad My onskuld verloor , maar ek **** dis op ń special By die bottelstoor. Dis nou jammer ek is platsak Sonder geld, sonder naam Onthou my soos ek was In ma se fotoraam. Wie sou my kon waarsku dat Beloftes en my maagdlikheid So maklik soos vetkruit breek. Of dat al daai candy cigarettes My kon leer om ñ Marlboro Aan te steek. Vroeg ryp vroeg vrot, Op dominee se eer Verloor al jou onskuld en En probeer maar weer Om iewers ń Heer te kry Wat nog omgee vir my. Terwyl jy sukkel om jou daily bread Op die tafel te kry. My pelle gaan dood , word ryk Besoek die tjoekie Word groot ,word fake En kry STD's en kinders En ander goed wat hul nie soek nie. Nou loop ek ń pad van plooie En grys hare en taxes Waar Yolo jou nie verder bring Van die kussies nie... Face it. Ons was almal jonk , was al almal dronk En ń wyse man weet... Grootword is nie vir sussies nie.
0
Jul 13, 2014
Jul 13, 2014 at 12:05 PM UTC
Ode aan die oude
My letsels is die sinne My vel is die papier Lees daaruit wat jy wil Die wat omgee bly nog hier My trane is die voorblad My bloed is steeds die ink In my skree ń monster Wat ek nog moet verdrink Die rowe is die punte wat Ek soms nog skraap en skuur My voorkop pêrel sweet In my oë brand hell se vuur My lemme is my penne Die papier hier op my lyf Elke liewe liefdes briefie- Ń letsel, net vir jou geskryf...
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:40 PM UTC
Letsels
Dit was middernag op ń Saterdag aand Ek was voor die tv in my warm wolkombers ; hulle was styf teen mekaar gekrul In die stormdreine van Die Rosestad Dit was nag. Dit was 1 uur op ń Sondag oggend Ek was in ń glasie brandewyn verlore ; Sy was in ń ongeluk in Die Laan bestorwe Dit was nag. Dit was 3 uur op ń Sondag oggend. Ek het aan haar lippe gehang oor die foon ; Hy het homself met ń leerbeld gehang Oor ń brief in ń hastige hand. Dit was nag. Dit was 5 uur op ń Sondag oggend. My kussing was vol trane. Die stormdreine was vol kadawers. Die Laan het geskitter van glas skerwe. Die brief was vol verdriet. , maar wie sal omgee? Wat die oë nie sien nie... En niemand het gesien nie, Want dit was nag.
0
Jun 23, 2014
Jun 23, 2014 at 7:44 PM UTC
Die nag
deur elke donker diepte en oomblikke waar my kniëe wil vou kan ek omdraai en weet: ek het vir jou my sonnestraal as die lig min raak 'n omgee hart en oog wat altyd oor my waak liefde was vir my onbekend, deur die verlede geskend maar elke oomblik saam jou wys jy is my beter helfte jy bring die mooi in my uit en wys my *** pragtig ek is ek het dit nooit aanvaar nie maar dit kom met tyd ek kyk na jou oë en weet die wêreld kan maar van my vergeet want in jou oë sien my toekoms ek sien my my geluk, my swaarkry ek sien my huis; daar waar ek vir altyd wil bly. woorde sal nooit genoeg wees maar ek weet dit met siel en vlees - my liefde vir jou oorskry enige wetenskaplike reëls of biologiese reaksies vir nou, vir jou, vir altyd.
0
May 9, 2023
May 9, 2023 at 11:42 AM UTC
sonnestraal