Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"nuwe" poems
My kinderjare was Soetsappige drome En ek het weggesluimer Agter suiwer onskuld, Met ń krag van geloof Wat my oortuig het dat My God ook jou God is... Dat elke pad ń onnodige Veiligheidsgordel verg Dat elke beursie ń oneindigheid van R20 Note besit het en dat Elke graf leeg was na die derde dag Dit was deur die verskillende stadia van bogenoemde Uiltjies knip wat my Tot die meerderheids Besef van addolosensie gebring het. Selfs al het ek teen ń Eksponensiële spoed Ń volwasse begrip ontwikkel ,Was my redenasie oor die Hiernamaals nog vaag Met slaap in die oog Eers toe daar een langs my Val En tien aan my sy Het die drakoniese deun Van die doodswek my Uit my snoesige slaap geruk. Met elke groef wat nuwe Paaie teer vir my trane, Elke silwer randjie wat Lostrek van die donker wolke En op my hoof kom rus Soos die koue staal Van ń koningin se swaard Wat my inlyf in die Sidderende realiteit van grootword en lewe Nou is die droom verby Nou staan ek op En vrees om plat te val... Ek oes en saai Met ń bekommernis of my ploeg iets sal maai... Nou word paaie ń lang gebed Ter beskerming van my hart Wat ek so maklik uitdeel En beursies ń kommoditeit Wat skree van die honger Soos die mense van ń land Wat al sy geloof verloor het... Nou brand die sand my voete En die seesout droog my vel... Nou word wraak ń amp En liefde ń kombinasie Van gifte en giwwe , maar ek sal nooit weet Wanneer is dit wat nie... Nou word lewe ń gebed. Ek het ophou my Kinder rympies sê, Nou bid ek pynlik swaar En hoop dat God Nog genade vir my en vir jou Sal hê Amen
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:44 PM UTC
Proses van besef

Continue reading...
64
ek is deurskykend, transparant, deurmekaar opsoek na my vrede, my mensweesm my wees ek voel so secondhand, so op gebruik, so klaar bid vir verlossing, a trade in vir n nuwe vlees, nuwe gees, beter wees my oe hoop op vol trane on gehuil ek slaan lelike kolle uit in my sogenoemde persoonlikheid maar dis alles ek, ek wat my vervuil ek wat my eenkant hou, ek wat my uit smyt ek wat ja se al wil als binne my nee skree ek wat bly staan terwyl ek moes weg hardloop ek wat myself wou uitvee ek wat myself vir cheap thrills verkoop maar hirdie ek is te oud om te kniel hierdie ek word te oud om te glo so ek staan waar ek staan en verniel en ek bly staan sonder n tree en verloor kyk dis ek wat hier staan, te sad om te bid te seer om te huil, versteen deur my toedoen daar is geen hande vat en aansit maar ek dra dit met n smile want dis my skoen
0
Jul 7, 2015
Jul 7, 2015 at 11:42 PM UTC
dis ek
Die fluister van my hart... Ek raak stil en luister *** fluister my hart. Die liggiese geklop in my keel maak my bly oor die lewe wat ek voel. Myne praat van die ope lug so blou, ek hou dit vas, en van die wind wat vry waai sonder om toestemming hoef te vra. Van die son wat vroeg oggend goud op kom met die begin van nog n nuwe dag, wat warm bak teen jou rug as jy dit die minste verwag. Van harde hande werk in die kombuis na die tuin wat vra vir bietjie liefde en gesels. So is die lewe vol lewe, vol kere vir lekker lag. Ja dit gee mens krag om die mooi te sien, in elke dag. 2016-11-28
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:19 AM UTC
Die fluister van my hart...
Drome is gemaak om n lang nag interesant te maak. Dis n sprokies verhaal van goeie dinge of selfs die slegte. Van kastele en weelde, n lewe vele meer voor sal soek of selfs drome van cowboys en crooks met perde wat gallop op en af die berge, opsoek na diamante en gewere. Dan is daar die nagmerries wat mens se hare laat rys, n skrik en n gesnik en wakker voor die wekker en n gewonder wat sopas gebeur het! n Droom kan beloon, n droom kan verloon, n droom kan waarheid word dit hang af *** jy voel. Egter klein bietjie raad van n nuwe jaar se digter… droom n droom, leef die oomblik met of sonder die donker nag, want n ware droom is oomblik van waarheid waaruit jy jou kastele kan bou in n ware sprokiesland vandag. 2016/01/26
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:42 AM UTC
Drome...
Want die more bring die goue die nuwe , hitte , dag en wind wat deur die takke skeur die dood wat huil ;n kind wat lag en twyfel sypel deur die huurglas soos tik , of sandstorms bring die tyd ook wroegings van interne euforie en donker oorskry die norms geen meer swart en wit geen meer ja , nee reg, verkeerd ek weet nie ek weet nie meer nie elke dag bring heldersiendheid met eerste oogoplsag maar elke more twyfel ek terwyl Janus vir my lag... terwyl 'n amper skynbare keuse op 'n defnitiewe antwoord wag
0
Sep 2, 2014
Sep 2, 2014 at 9:39 AM UTC
As tyd nie leer nie
So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik tuis; Tuis soos in n vreemde wereld wat juis net vir my gemaak is. Die outydse geboue wat vertel van jare terug, die noue strate wat ver af le amper verby more, die klasieke fietse met klokkies wat "trieng" in die verby gaan na ander plekke, ook die french brode wat jou vertel van vandag en die krag van twee hande wat gebruik is om die smaak in jou gedagtes te laat verdwaal, om n storie te vertel. So loop ek deur die strate van Paris en voel dadelik bly; Bly soos n kind wat haarself bevind in n lewe vol nuwe dinge, vol nuwe betekenisse soos n nuwe paar oe wat oop gaan om te sien en dan te verstaan. Maar die lewe gaan aan met n lank terug en n more wat kom of n vandag wat verby gly na n elke dag; Wat my vertel van n lewe van geluk en plesier om te geniet vandag, elke dag. 2016/07/17
0
Jul 3, 2017
Jul 3, 2017 at 1:39 AM UTC
Vandag
ek is ‘n honger wese my lyf verslind alles wat kan verteer my brein smag altyd na meer en meer niks is sover genoeg nie my keel bly oop ek drink diep en weer aan die kelk van die lewe ‘n dors geles is ‘n oop deur na ‘n nuwe smagting ek bly ‘n honger wese my ewige lus is die soetste geur die beste sous vir alles wat ek so swaar leer dis die poort na dit wat ek begeer
0
May 6, 2022
May 6, 2022 at 11:58 AM UTC
ewige honger