"naald" poems
Daar is niks meer om te sê nie
Ek weet nie wat ek wil hê nie
Daar is niks meer om te sien nie
En alles raak nou blou.
Laslappies las komberse
Nie die gebroke mense
Of stukkies glas
Van ń siel wat lankal nie
Meer pas nie.
Maar dit keer my nie
Dit steur my nie
En ek sit en naald my
Lugkastele aan my vel.
Ń Asjmykomal op my voorkop
En ń golden great marriage
Op my linkerhand.
So spaar maar my lawaaiwater
En bring die tissues
Ons celebrate later
My twintowers en
Ander airplane-related issues
Dit is 11 September in my hart
Daar is niks meer om te sê nie
Ek weet nie wat ek wil hê nie
Daar is niks meer om te sien nie
En alles raak nou blou.
Bou nog ń lugkasteel
Vir jou.
Dit is altyd 11 September in my
Hart
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:08 PM UTC
Ge moet maar is proberen
om door een glazen wand
uw hand uit te steken
Of om uw oren te spitsen
en door een betonmolen te horen
waarover de mensen staan kletsen
Als ge wa zit rond te zweven
zonder te leven, in een zeepbel
zonder naald, zonder een stem
dan is er geen mens die erom zal geven
als ge zonder het te merken
heel voorzichtig en langzaamaan
doorzichtig wordt.
De zwaarte enkel te verlichten
door de leegte te inhaleren
in steeds grotere dosis
en steeds gretiger teugen
tot ge begint te geloven
dat het zo wel beter is
En al zout ge beloven
Uzelf te verplichten
uw ogen te openen
Ge zout het vergeten
en zonder het te weten
uw leven voorbij zien flitsen
Aug 16, 2019
Aug 16, 2019 at 12:08 PM UTC
Eina! Die prikkel van n naald
Gif vloei soos water in my lewens-strome
Val my liggaam aan met geweld
Die skeur en afbreek van my drome
Elkeen voel ek
Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld
Dis die knop wat als begin het, nee
Die trek van n kanker stokkie
Die waarskuwing op die boksie gee mee
My lus kon ek nie meer hou nie
'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn'
**** ek soos die rook diep in my longe verdwyn
***** is my voorland
Ek kan lankal nie meer op my bene staan
My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan
Ek is skaam, so so skaam
Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil
Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil
O dood, ou vriend
Vir my kan jy maar kom haal
Ek wag al maande vir jou,
Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal
Hy was erger, soveel erger as ek
Sy are het al begin kraak
Na Elke inspuiting, of behandeling
Het hy op alles gebraak
Ek is amper daar, ek voel dit aan my
Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC