"mooiste" poems
Rooi rosige wange
En n eerlike mond
n Hart van goud
My Ouma
Ek sal nooit ooit my Ouma met Rooi wange En die mooiste glimlag vergeet nie
En jou lag
Jou stewige lag
Jou Hart Wat so vol liefde was
My Ouma
Ek sal nooit vergeet dat dit was jy Wat vir my afrikaans geleer het
Ek het dit altyd met jou gepraat
My Ouma
Jou geselskap was altyd eerlik En jy het altyd my hart verstaan
My Ouma
Wat so lief vir Facebook was
My Ouma
Van muis stories
En my Ouma
saam met Wie Ek gebak het
My Ouma Van rose
My Ouma Van liefde
My Ouma Van lang goodbyes
En altyd ons ding
Waar ons het gese
Ons is so lief vir mekaar
My Ouma
Ek sal altyd dankbaar wees
Vir ons tyd saam
My lieflike Ouma
Ek sal jou met Rooi wange
En blou grimering onthou
My regte egte Ouma
Ek sal jou lag altyd ****
En jou laaste glimlag sien
En lippe Wat gese:
"Ek is so lief vir jou, my skat. Altyd."
Ouma Ek sal jou nooit ooit vergeet nie
Ouma
Ouma
My mooiste ouma
Van rose
En Rooi wange.
Totsiens my Ouma
Jul 4, 2016
Jul 4, 2016 at 4:14 AM UTC
Ek skrik die 10de Augustus wakker.
Iets voel verkeerd, so swaar, so leeg.
Met 'n knop in my keel raak my gemoed swakker.
Min het ek geweet, dat treur so swaar kon weeg.
Vaagweg **** ek, "I look to you"
"And when melodies are gone"
"I hear you in a song"
Ouma was ons eie Whitney Houston
Haar sterk gees was ons rots.
Al het ons met tye lekker koppe gebots.
Sy was my vestiging, ons familie se trots.
Mag die rose in Bloemfontein altyd ouma se naam onthou.
Die pragtige rooikop dogtertjie in liefde toegevou.
Ouma se omgee het my soveel keer gered.
Die dankbaarheid gekoester in my mooiste gebed.
Mag die voëltjies altyd bly sing
Terwyl ouma se stories mooi herinneringe bring
Ouma was altyd bereid om te help
Vol genade het ouma, harde harte versmelt
Mag oupa altyd verlief bly
Sodat ons verdwaaldes, ook die regte prentjie kan kry
'n 53 - jaar, onvoorwaarlike liefde verhaal
So opreg, en eerlik, die mooiste mylpaal
Dankie dat ouma my aanvaar het vir wie ek is
Al sit ek heel wat die potte mis
Dankie vir alles wat ek by ouma kon leer
Dankie vir elke drukkie, vergifnis, keer op keer.
Dankie vir elke koppie soet tee
Vir al die miljoene trane wat ouma moes afvee
Dankie dat julle vir my alles kon gee
Dat hulle harte net liefde kon skree
Dankie dat ouma my veilig kon hou
Ons verlang alreeds, en sal verewig onthou.
Ons bly, onvoorwaarlik lief vir jou.
Ek gaan ouma mis, al my liefde, Thomas.
Aug 16, 2018
Aug 16, 2018 at 2:52 AM UTC
met nat oë en stem rasper-hees
sal sy my eers
met kaneel en gemmer genees
met swaar lyf en kop wat klop
salf sy my eers
met heuningwoorde gesond
en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei
bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei
met die seer wat nog so rou in haar talm
bid sy eers die onrus in my kalm
en ek weet saans ween en woed
onverbiddelike storms
in haar gemoed
en dan soggens uitgespoel en broos
is sy nooit te swak om haar kroos
eersmaal te troos
vir speelgrond wond of hart wat breek
terwyl daar dubbeltjies soveel dieper
in haar insteek
die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het
vir elke afvlerkkind
die lyntjies waar sy op die mooiste wyse
haarself met ander verbind
waar sy soveel ander se seer verberg
ten spyte van alles wat dit van haar verg
hier sit ek stil en verwonder my
aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC