Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"moeg" poems
Jou intrieke detail En fokus, riem deur Jou werk soos are... En ontmitologiseer die Twyfel rondom ń Onbetwyfelde meesterstuk... Jou woorde is die huid Van ń poëtiese mens Wat sy stem verhef Oor die onbenullighede Wat my begaan , en My fyn moed, So breekbaar soos ma Se porselein goed... Raak jy verlore of Raak jy aan my hart. Raak jy dalk moeg Vir die bleeksiel wat Vêr verlore raak in jou Oneindige insig. Want jou woorde spoel Oor die blaai in ń Vloedgolf van misverstand, soutwater smart streel Jou alliterende liefde Wat verby my rym... Ons was nog altyd ń klug. Verlief op ń digter. Onbenullig, die metafoor. Tussen die lieflike lyne -Sal ek myself verloor.
0
Apr 29, 2014
Apr 29, 2014 at 8:05 PM UTC
Digterlike liefde
Wat is Soet sonder suur Wat is Lente sonder winter Wat is Lig sonder donker Wat is Wolk sonder droogte Wat is Kos sonder honger Wat is Slaap sonder moeg Wat is Lewe sonder dood Wat is Ek sonder jy Wat is Is sonder niks? https://blominblou.weebly.com/blog/wat-is
0
Aug 12, 2020
Aug 12, 2020 at 3:03 AM UTC
Wat Is
ek het iemand nodig om namens my te bid, te pleit my gebede val soos ouds op dowe ore ongehoor ek voel oud en alleen uit gesmyt ek het nou op gehou pm te glo ek kan toor ek het ver geval en seer gekry ek het op gegee op my my kop en my lyf probeer mekaar so ver moontlik vermy weereens het ek myself verloor ek is te moeg om op te staan om weer te begin soek ek is bang vir die kry, die kruis verhoor ek voel teen gekant en vervloek ek is niks nie anyways
0
Jul 8, 2015
Jul 8, 2015 at 12:02 AM UTC
my tattoo
In my droom wereld... Daar, in die verte, is n bed vir as ek moeg raak. n Berg wat ek gebruik as n kuns muur. En n oop veld vol rose. Bo my, die blou lug met reen druppels wat val, maar wat nie nat maak nie. My gedagtes wat rond sweef. musiek wat gehoor word maar nie gesien word nie. En dan, jy. n Bed vir my en jou. Jou naam op die berg met klippe, gevorm soos harte, gepak. n Oop veld rose wat jou emosie kleur wys. Reen druppels wat val, wys my jou trane. My gedagtes wat vir jou wys *** spesiaal jy is vir my. Musiek om als te laat kalmeer. En jy, vir my om lief te he, sonder om te stres oor wat jy sal **** of se as jy weet jy is die een wat ek wil he.
0
Oct 22, 2014
Oct 22, 2014 at 3:30 PM UTC
In my droom wereld...
Wat skryf die hand? Wat skryf die pen? In 'n kunste swyg wat ek so goed herken. *** loop die sinne uit in 'n meesterstuk, wanneer die muse aan my stiltes verstik? *** skep ek weer skrywes wat mense laat wroeg, sonder die hartseer en met al hierdie moeg? *** laat ek my digters tong luiters in die oopgraf in met 'n hand vol liefde raak my siel weer blind. Waar kom my ritme en passie vandaan , maar beter nog, met die koms van geluk ... waar het dit heen gegaan?
0
Mar 12, 2015
Mar 12, 2015 at 3:53 PM UTC
Geluk in-diepte (uit)
ek is moeg en ek will alles uitspoeg al die omkraplikheid al die stres al die frustrasie ek wil rus op eilande van verwonder sade saai met vrede i am tired and i want to spit everything out all the discomfort all the stress all the frustration i want to rest on islands of wonder sow seeds with peace
0
Nov 4, 2011
Nov 4, 2011 at 8:55 PM UTC
ek wil rus - i want to rest
want my fyn porselein is nou skerwe op die vloer als wat goed is in die lewe; saam met die suur melk uitgemoer al my heuningtee en moerkoffie staan nietig in my kas , ek hunker na n glasie brandewyn om die herrinneringe mee weg te was. Want Vader al val 'n duisend aan my sy en tien duisend hier langs my vlieg Eros se pyle net die heeltyd verby. Ek is moeg vir alleen wees moeg vir bang wees vir koue voete koue hande en 'n hart wat altyd koud sal wees. waars die liefde en genade waarvan ons in ****** en die Bybel lees. Waars my stukkie hemel. Waars my engelkoor. Is dit ook tussen my suur melk... of het ek dit deur bottervingers verloor?
0
Jun 23, 2014
Jun 23, 2014 at 7:46 PM UTC
Noem my bottervingers.
finally na jare se rusteloosheid jare van verlore wees, rond soek na my elke avenue na jaag, opskop en my kniee numb pleit het ek my vrede om jou om my gekry my en jou se safe place weg van al die jare s elies en disgrace ek vat my dae een vir een soos ek kans sien en dit sal n lieg proe as ek nie se my verlange le diep het altyd gedink as ek beter was sou ek jou verdien maar ek was te naief, te jonk, te blind het myself my gevoelnes verbied ek was moeg vir wag, die seer, die verwyt moeg vir die fluister van trane oor my wange en die verlange ek wou nie die weggeooi meer wees, wou jou weg smyt bang vir alleen wees, wou nie die faulty een wees, bang ek het vir ons ons eie soace create n safe place waar nie ek of jy mekaar ooit weer kan forsake ek hoef jou nooit weer te soek want ek weet waar jy gaan wees finally you can help chase away my fears
0
Jul 7, 2015
Jul 7, 2015 at 11:54 PM UTC
Verlig
So word ons wakker in ons tent en dit reen...aggenee!! Maar dis koel en ons voel gelukkig. Ek is vuil, so amper dat ek wil huil, maar huil van lekker soos n krekker want dis vakansie tyd!! My hare is so waar deur mekaar, maar wat maak dit saak want niks gaan my keer om vir n gogga te wys *** deur mekaar ek rerig kan weesie... Tanne geborsel en room half gesmeer, laat die dag begin want dis ons en ons ford bakkie die keer...alweer... Kies n rigting en so voeter ons daarin... Saans kom ons by die kamp moeg geploeg die bosse in om nou rustig te raak met n koeldrank in ons hand. Dan word n vuurtjie gemaak deur die braafste ou ini land om n vleisie te braai vir die fraaiste meisie, hand aan hand. Mens voel gou dankbaar vir klein dingetjies soos n stort... n warme een, die oop velde of selfs die digte bosse, die veld blommetjies so geel of die gras so lank en groen, die voels so mooi volle kleurrig en die jakkals so skaam maar nuuskirig. En wanneer dit donker word le daar baie voor soos die uile se geluide, die sonbesies wat hulle vlerkies saam klap of dalk n hihena wat na oorskied kom krap. So geniet ons die bos vol avontuur gepos net vir ons en ons se dankie aan ons Skepper vir n skepping net vir ons. 2016/03/14
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:32 AM UTC
Ons avontuur...
Vrees, vir die geordende paar letters wat jou naam uitspel. Vrees, want jy bedreig my geluk soos 'n dors parasiet. Vrees, vir die monster wat jy in staat is om te wees. Angs, jy maak my bang, jou kaarte is onvoorspelbaar en jy speel satireis sonder reels, grense of stippellyne vervaag tussen wat joune is en wat bly eintlik myne. Angs, jy vat en gee dinge wat moes bly, jy kom en gaan en verwoes ons bly agter, 'n stukkie gronderosie hou op, want ek is nou moeg. Angs, want jou griewelike vure brand helder warm, ek is bedek met die paraffien wat jy oor my uitgestort het. Leuens, jy wat gevul id met ongesonde nyd raak jy nooit moeg, om so vieslik te verwoes? 'n Onverdiende tug beloon my met somber wanhoop Ons almal nodig nou 'n bietjie rus, die leemte wat jy vul sal ons nie maklik mis.
0
Sep 10, 2012
Sep 10, 2012 at 5:53 PM UTC
Vrees