Submit your work, meet writers and drop the ads. Become a member
Niek Aug 2017
Suutjies
Daagliks die vrees om die tak te los
Kyk op
Arm man se baadjie moedig aan

Vlerke al stompelend
Maar skitter soos die maan ophys

Soos die lewe

Wie is jou son
en laat jy die donker skitter?
Blom In Blou Aug 2020
Gedagtes wat eenvoudig lig lief is
Kan helder maak
Koppe wat te slim swaar donker deurmekaar raas

Woorde wat moedig sag sappig is
Kan heel maak
Harte wat moedeloos af gebreek is blaas

Dade wat beleefd groots gaaf gelukkig is
Kan skeppend maak
Hande wat hopeloos toegevou honger staan staak

Drome wat goedhartig braaf kreatief is
Kan hemels moontlik maak
Oorkom toekoms wat donker verborge na vrees smaak

— The End —