"mnr" poems
Hier onder die afdak staan ons nou
Sjuijt! Bly stil! Gouwsie gaan ons in hou.
Vir ‘n **** praat Mnr. Smit nou,
So ‘n langtam, papbek manier van woorde kou
Lees ‘n versie,
Gluur vir Stoute Daan,
Begin toe bid,
Maar wat gaan nou aan?
My hartjie pyn, nie fisies seer..
Dis verlange wat my hart so skeur.
Met oë toe en ore oop
Klink Smitie net sos Oupa Hendrik,
Terug van die dood.
Jan 20, 2014
Jan 20, 2014 at 1:13 PM UTC
My bed verlang na ewewig
En kantel as ek lê, My arm kweek ń
onwrikbare
Verlange na ń glimlag wat
Daarteen druk en Selfs nou en dan
Speels byt.
Die ysere
Koue wat
Dwing om
In my oop
Arms te
Kom rus.
My kat spin hard op my bors,
Duidelik in haar skik met die
Wete dat sy,
vir nou
Op jou geresserveerde kussing
Kan lê
En met
Daardie
Wete
Verlekker
Sy haarself
In my
Ellende
Die leemte hier is groter as net die Dubbelbed oop spasie op my
Queensize bed en die lieflike geeste wat deur my arms gly
En giggel
Want ek
Wag vir
Iets wat
Dalk nie
Kom nie
Dalk is dit beter so, want as jy my innerlike konflik ook soos ń kakofonie
Van dromme
Teen die mure van jou koglea kon voel dans, was hierdie leemte nog
Meer leeg
As ooit
Tevore
En sou
My contact
List net
Soos my bed
Geraak het...
Die wind wat deur my hartskrake seifer,
Fluister jou naam
En flankeer met
My gevoelens....
Hiers ń spasie oop
Spesiaal vir jou...
Mnr _.
-ń tipofrafiese voorbeeld
Van digterlike vryheid
Verwar vir menslike
Eensaamheid...
Apr 22, 2014
Apr 22, 2014 at 2:40 AM UTC