Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"merke" poems
Dis nou die tyd om te babbel En my mond verby te praat , want hulle sê mos A drunk man's words is A sober man's thoughts... En wie weet dalk vind ek Die antwoorde in ń diep gesprek met myself... Sien ek is nie een van daardie AA lappies wat skeinheilig Sit en slukkies suip om Geluk onder in die bottel Op te spoor nie. Ek rook skaamteloos en Omhels die intense stank Van 10 jaar se lewe wat ek Mors en longkanker, want Dit herrinner my an oupa se Skoot en *** veilig ek was In daardie asbak woonstel Waar ek soos white-trash eers my brood moes inspekteer vir Indringer kokkerotte wat ook Maar net teen ons kompeteer het Vir ń krummeltjie kos. Ek babbel, want wat anders kan mens doen as vrees jou aangryp as die koue staal jou hande brand - En nee ek praat nie van lemme en inspuitings nie, Want lemme maak merke waarvan ek reeds te veel het wat nou oor my polse uitgesprei lê en my herrinner *** swak ek was, maar *** sterk ek was... en inspuitings los ek vir die dokters en susters en die bloeddiens Wat my leeg wil tap om een of ander sad case se lewe te red met bloed van ń bloedjie wat self nog in die verdoemtenis rond dwaal. Ek babbel, want dis social anxiety en scary stuff om in ń kring te sit en Russian roulette te speel met al 5 van die mense wat ander van jou verwag om te wees. Want wat gebeur as ek myself in hierdie hoerasie van persoonlikhede raakskiet. *** weet ek watter een is ek as elke een die sneller swaar trek en hoop en bid vir ń blank... *** weet ek. Kliek... Kliek... Kliek... Kliek... Bang!! En nou babbel ek maar weer ... Want ek het so pas agtergekom ek weet ook nie juis *** dit voel om dood te wees nie. Wie is ek... *** sal ek weet Bang! Bang! Bang! ... Ek weet.
0
Apr 26, 2014
Apr 26, 2014 at 8:23 PM UTC
Tyd om te babbel

Continue reading...
43
Die arendgod was reeds verswelg Agter sleepvoet trapsietjies Wat met motreen sy voetspoor laat Menigte kleure het deurmekaar gedreun Om hul water afhantlikes met 'n bulderende Brander van stemme te dra En die skerts wat dans oor hulle skouers Dan af traan om met hulle verwante menigte te vereenselwig Die gedreun van stemme bereik 'n stilte vol antisipasie Die bekoordes vind hul ligging ... Op hul merke... Gebore vir die oomblik... Kneukels raak wit van koue en klou... Iewers flits 'n meganiese weerligstraal... En ons swem rugslag in die sproeireen
0
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:38 PM UTC
Rugslag in die sproeireen
Op hierdie aarde, groen en blou Met torings wat die lug uit grou In elke huis waar mens dalk bly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In wye winkels en krom kerke In nommers en vergete merke Waar ryk sweef en arm lei Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In stede, woude, see en woestyn In alles, geen, grof en fyn In luuks, skaars, bont en plein Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In winter, lente, somer, herfs Met albei vuur en skadu bederf Waar ook al maan en son mag skyn Sal ek nooit weer iemand kry soos jy Waar sterre sing en sonne lag Omring met komberse van die nag Waar ou gode en planete gly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In ou legendes en sprokies verhale In dooie sang en in lewende tale In woorde wat die hart oop sny Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In gister se groot verlate vlug In môre se onmeetbare sug In die nou wat ons so graag vermy Sal ek nooit weer iemand kry soos jy In slaap te dig en drome swart In die wandel en wonder van die hart In seer, troos, kwaad en bly Sal ek nooit weer iemand kry soos jy
0
Aug 4, 2019
Aug 4, 2019 at 5:17 PM UTC
Iemand soos jy
ich jage meinen gedanken hinterher, und erkenne mich selbst manchmal nicht mehr. es scheint so, als würde sich alles um mich drehen, irgendwie ist es so als würde ich die welt nicht mehr verstehen. was ich mache scheint falsch zu sein, innerlich fange ich langsam an zu schreien. weiß nicht was ich tue und liege im zimmer, ich fühle mich so als wäre das ein gewitter. alles scheint so als würde es nicht vergehen, ich bin in meinem kopf angelangt und merke ich bleibe stehen. alles um mich verändert sich, und alle anderen lassen mich plötzlich im stich.
0
Nov 24, 2018
Nov 24, 2018 at 7:25 PM UTC
gedanken
NA'H HOORKE! NA'H HOORKE GNAW! TE HNAH BRE JOO EEBER!! AR MAN NA TU JAR AH FERJ JU! TIL JORD UTEN FOTSPOR MERKE and the rest is just gibberish because i said so.
0
May 8, 2016
May 8, 2016 at 3:35 PM UTC
chant and explanation
jy het soos 'n warrelwind in my lewe ingekom; onverwags en alles omver gegooi, maar op 'n goeie manier. ek kan vir die eerste keer uit my buik uit lag, my hare deurmekaar los, en pizza eet sonder om te huiwer. daar is nie vlinders nie, maar 'n rustigheid oor my. ek is só bang dié goeie tyding draai en jy stap weg, so vinnig as wat jy gekom het. so vou vir 'n ring, 'n belofte, uit geroeste draad. wat rooibruin merke aan my vingers laat wanneer die noodlot jou probeer steel. sommer ogiesdraad, dat dit nie regtig is nie. maar dat my hart kan rustig raak. vat my pinkie in joune en seël dit met 'n sagte soen en ek sal weet - jy is hier om te bly.
0
Feb 6, 2023
Feb 6, 2023 at 3:23 AM UTC
belofte