Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"maande" poems
Wanneer het ek die ses maande uitruil program en die arktiese nagskfof aanvaar? My horlosie het gaan stilstaan in laat nag - donkernag. My lot op die muur , 'n kraak in die wal... die spervuur van eros wat rondom my val... dis al ; dis al - dis al.
0
Nov 12, 2015
Nov 12, 2015 at 5:42 PM UTC
Donker nag....
Kom ons wees oppervlakkig Kom ons verbeel ons dit was niks , 'n nag vol stampe en stote dis al , - dis al Kom ons wees naief en jonk en dom , en ... ag ek weet nie ons leef mos net eenkeer? Kom ons wees koud en hard, soos die plaiveisel en die mure waarteen jy my vasgedruk het as ons soen! Kom ons bou vir maande aan iets en verloor dit in jou hortende stem wat soms die sprong oor die berge kon maak, maar nou wegkwyn in kuberstiltes -stiltes -stiltes waar jou ***** se echo in die verlede verdwyn. Waar is jy nou? Nou dat my are al lintend- swerwend in die wind agter jou wapper en my hart knus in jou glas bottel le... nog 'n glas bottel, was al wat jy werklik wou he. Kom ons wees verlief Depressief Agressief Neem inisiatief en vergeet van my... ,want diep binne het ek jou nog eintlik lief... Hello Genisis Kom ons wees oppervlakkig...
0
Jun 3, 2014
Jun 3, 2014 at 6:10 AM UTC
Siklus
Eina! Die prikkel van n naald Gif vloei soos water in my lewens-strome Val my liggaam aan met geweld Die skeur en afbreek van my drome Elkeen voel ek Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld Dis die knop wat als begin het, nee Die trek van n kanker stokkie Die waarskuwing op die boksie gee mee My lus kon ek nie meer hou nie 'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn' **** ek soos die rook diep in my longe verdwyn ***** is my voorland Ek kan lankal nie meer op my bene staan My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan Ek is skaam, so so skaam Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil O dood, ou vriend Vir my kan jy maar kom haal Ek wag al maande vir jou, Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal Hy was erger, soveel erger as ek Sy are het al begin kraak Na Elke inspuiting, of behandeling Het hy op alles gebraak Ek is amper daar, ek voel dit aan my Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
0
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC
Aan die dood se sy