"lyntjies" poems
Rook hom uit met
Silwer linte teer
En nikotien
Smoor hom in
ń bredie van
alkahol en kaffiën
Sny hom uit
Met skêr of lem
Verdoof met dwelms
Die bose gees se stem...
Hy krap swaar laserasies
Wat tierstrepe verf
Oor die sagte weefsel
Van my hoof organe
En spring tussen
Sinapse totdat
Impuls ń inhirente
Sindroom word...
Skree. Hy skree. Hy SKREE.
Krap en skree en brand,
Hy brand .... HY BRAND
So Rook hom uit met
Marlboro red
En black mix
Smoor hom in
ń vat van
Russian bear en red bull
Sny hom uit
Met ń dokter se lem
Snuif hom uit in lyntjies
Dis te veel, sy donnerse stem
...
May 6, 2014
May 6, 2014 at 5:42 PM UTC
met nat oë en stem rasper-hees
sal sy my eers
met kaneel en gemmer genees
met swaar lyf en kop wat klop
salf sy my eers
met heuningwoorde gesond
en wanneer die lewe my hoogtak-drome snoei
bewerk sy my sodat ek opnuut kan groei
met die seer wat nog so rou in haar talm
bid sy eers die onrus in my kalm
en ek weet saans ween en woed
onverbiddelike storms
in haar gemoed
en dan soggens uitgespoel en broos
is sy nooit te swak om haar kroos
eersmaal te troos
vir speelgrond wond of hart wat breek
terwyl daar dubbeltjies soveel dieper
in haar insteek
die plooikuiltjies waar daar gedurig riviere deurgeloop het
vir elke afvlerkkind
die lyntjies waar sy op die mooiste wyse
haarself met ander verbind
waar sy soveel ander se seer verberg
ten spyte van alles wat dit van haar verg
hier sit ek stil en verwonder my
aan Ma se halfweghuis hart wat altyd oopbly
Jan 5, 2018
Jan 5, 2018 at 7:54 AM UTC