Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"ligte" poems
Teen die hange van die berge-nag Speel die donker op die ligte sag Die kalm daal op die chaos-stad Van klank en mense op elke kronkel pad Dit voer jou mee in 'n sterre mat In skoon lug met 'n oop kop Kan gedagtes net vloei en skrop Aan dinge wat is en kom Aan mens wees, goed en krom Aan die eenvoud en dit wat verstom Woorde lê in 'n niks-wees dwaal Dis rou, dit is maar net  -  dis kaal Net om die stemme wat skree te verlos Dinge wat 'n uitlaat soek in die kosmos Dit het ink gevind, soos vuur in fynbos
0
Jul 12, 2016
Jul 12, 2016 at 4:53 AM UTC
Berge in die nag
Bo op 'n berg Met my bobbejaan gedagtes wat terg Die eggo van my mania skree terug Wat soek jy hier? Ek drink uit die rivier Ek sink my oë in die rooi son Ek **** alweer Die donker wolke Die reën wat kom Ek laat my gedagtes so dans Plek tot plek Gras van Kees En mens en vlees Sny deur my Woede en naaktheid Die lag van 'n sekere malheid En die sagtheid van jou moeder ken En dan meer bring ek twee Van my na die tafel in 'n oop gesprek Met my leemtes en my onbeheerbare Soeke na wat ek herken binne my donker gate Ek dwaal verlate In riviere van die samelewing Die masjien wat liggies trap op ligte wat skyn en verdwyn In die strate van spoed en bloed Die woorde uit die bek van die dier Die ongetemde kwaad van primate Wat stoei met homself en sy produk en sy bestaan en sy wêreld en sy alles Tot hy verval en wegkwyn Verdwyn agter 'n swart gordyn bedoel vir die son en sterre Waarheid en verlossing Waar vind ek die antwoord vir alles?
0
Sep 18, 2019
Sep 18, 2019 at 5:40 PM UTC
Bobbejaan Gedagtes
Daar's 'n plek in ons siele, War die seer nie kan inkom nie. Maar waar is hierdie punt, Waar lê dit binne ons? In die diepte van ons harte, Agter die mure wat ons bou, Kan ons kyk tussen die krake, En vind 'n Sleutelsteen Wat ons heel hou? 'n Klein onbreekbare IETS Waarin ons vergete hoop nog slaap? 'n Picture van wat ons is Voor die ligte uitgaan Maar wat sou ons dit noem, As ons dit selfs kon vind? Sou ons dit selfs kon herken, As dit ons in die oë sou staar En sê: „Ek bestaan“? Sou ons daarna kon luister, As ons dit selfs kon **** — As ons selfs kon onthou *** om sy taal te praat? 'n Klein onbreekbare IETS Waarin ons vergete hoop nog slaap 'n Picture van wat ons is Voor die ligte uitgaan Daar's 'n plek in ons siele, Waar die seer kan nie inkom nie.
0
Oct 19, 2020
Oct 19, 2020 at 9:40 PM UTC
Die Atoom