Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"lewens" poems
Jare van hartseer, jare van pyn. Eendag sal dit verdwyn en die lewe sal wees ja, makliker om te leef. Dag vir dag stap ons deur die woude van gedagtes en *** ons dan herrinder word deur die vlaktes van daai gedagtes. Dan onthou ons die goeie ou dae van vreugde en menigte liefde en so verander ons dag na dag ons lewens van hartseer vlaktes na wonderlike gedagtes. 2016/01/05
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:52 AM UTC
Vlaktes van gedagtes...
Vandag het jy verjaar Nog ń druppel van die bas tot die blaar Ek het jou gaan soek in die branders Ek het vergeet vir ń oomblik ons lewens is nou anders Net vandag het ek gevoel Hulle sê die eerstes is altyd ń warboel Tog was alles weer okay Die oomblik toe ek van die branders af ry Mag die lewensjaar vir jou voorspoed bring Mag jou menswese in oorvloed sing Van hier tot daar Ek hoop jy het lekker verjaar
0
Mar 12, 2017
Mar 12, 2017 at 6:16 PM UTC
Lekker verjaar
Nog n jaar is verby, waar gaan die tyd dan heen? Ek was klein en toe verdwyn n paar jaar. Toe is ek groot en het skoon vergeet van dinge wat verby is. Ywerig om groot mens te wees was alles tevergeefs want nou dat ek is, wens ek vir n lewens rewind in my mind, om alles weer van voor af te beleef soos gegee was aan my voor die groot mens wees wens. Dankbaar vir genade van bo vir n lewe so groot en ryk vol pragtige mense en wense. So se ek dan dankie, dankie vir klein en groot, vir die hulpende hande in my lewens boot vir nog n jaar wat sowaar verby is. 2016-08-14
0
Dec 20, 2016
Dec 20, 2016 at 1:23 AM UTC
Nog n jaar...
Eina! Die prikkel van n naald Gif vloei soos water in my lewens-strome Val my liggaam aan met geweld Die skeur en afbreek van my drome Elkeen voel ek Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld Dis die knop wat als begin het, nee Die trek van n kanker stokkie Die waarskuwing op die boksie gee mee My lus kon ek nie meer hou nie 'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn' **** ek soos die rook diep in my longe verdwyn ***** is my voorland Ek kan lankal nie meer op my bene staan My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan Ek is skaam, so so skaam Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil O dood, ou vriend Vir my kan jy maar kom haal Ek wag al maande vir jou, Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal Hy was erger, soveel erger as ek Sy are het al begin kraak Na Elke inspuiting, of behandeling Het hy op alles gebraak Ek is amper daar, ek voel dit aan my Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
0
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC
Aan die dood se sy