Hello Poetry
Submit your work and get some sparkles! Create free account
"leuens" poems
Vrees, vir die geordende paar letters wat jou naam uitspel. Vrees, want jy bedreig my geluk soos 'n dors parasiet. Vrees, vir die monster wat jy in staat is om te wees. Angs, jy maak my bang, jou kaarte is onvoorspelbaar en jy speel satireis sonder reels, grense of stippellyne vervaag tussen wat joune is en wat bly eintlik myne. Angs, jy vat en gee dinge wat moes bly, jy kom en gaan en verwoes ons bly agter, 'n stukkie gronderosie hou op, want ek is nou moeg. Angs, want jou griewelike vure brand helder warm, ek is bedek met die paraffien wat jy oor my uitgestort het. Leuens, jy wat gevul id met ongesonde nyd raak jy nooit moeg, om so vieslik te verwoes? 'n Onverdiende tug beloon my met somber wanhoop Ons almal nodig nou 'n bietjie rus, die leemte wat jy vul sal ons nie maklik mis.
0
Sep 10, 2012
Sep 10, 2012 at 5:53 PM UTC
Vrees
Daar's 'n droogte in Namakwaland Daar's 'n droogte by die see Droogte skeil in Weste-winde Wat oor ons mense vee En as ons in ons diepstes met ons gewete oorleg pleeg merk ons ook die droogte wat deur ons jeug beweeg Geen meer: "jammer oom"; dis als net jy en jou Weg -die dae van asseblief; dis "gee dit vir my nou" Vergeet die ring, dis uit my ding, niks gewag totdat jy trou dis oopmondkou , dis sharrap nou, 'n treurspel om te aanskou en ek as buitestander, van die leuens en van die leed ek kan rus met die wete, daar is 'n tent vir my gereed
0
Mar 23, 2014
Mar 23, 2014 at 11:36 AM UTC
Droogte #1
Die waarheid In die nag se doodse donker is selfs die krieke stil , maar saam met honde huil -Bloedstollend- weerklink haar gil Die waarheid breek die stilte die buurt slaap onversteurd sy knaag weg aan my siel ... los my stukkend en verskeurd Teen haar aanval is ek magteloos , met net die wapens van die gees, mens kan haar nie oorwin nie want waar jy nog moet beskerm - was sy alreeds gewees Sy laat haar droewe spore in die kamers van jou hart en met vlymskerp, rooi vingernaels los sy letsels van die smart Teenstander. Díe is sy nie- retireer vir geen swaard, nóg gebede haar verwoesting : jou eie toedoen slegs spoke van jou verlede... Tog , selfs in waarheid lê daar leuens -versprei in dit wat sy voorspel , want die einde van jou storie is joune om te vertel ja... *** droewig okal haar verhaal bly dit jóúne om te bepaal
0
May 5, 2014
May 5, 2014 at 5:54 PM UTC
Die waarheid
In die nag se doodse donker is selfs die krieke stil , maar saam met honde huil -Bloedstollend- weerklink haar gil Die waarheid breek die stilte die buurt slaap onversteurd sy knaag weg aan my siel ... los my stukkend en verskeurd Teen haar aanval is ek magteloos , met net die wapens van die gees, mens kan haar nie oorwin nie want waar jy nog moet beskerm - was sy alreeds gewees Sy laat haar droewe spore in die kamers van jou hart en met vlymskerp, rooi vingernaels los sy letsels van die smart Teenstander. Díe is sy nie- retireer vir geen swaard, nóg gebede haar verwoesting : jou eie toedoen slegs spoke van jou verlede... Tog , selfs in waarheid lê daar leuens -versprei in dit wat sy voorspel , want die einde van jou storie is joune om te vertel ja... *** droewig okal haar verhaal bly dit jóúne om te bepaal
0
Apr 4, 2014
Apr 4, 2014 at 2:16 PM UTC
Die waarheid
Ons almal breek,bou Snoesig toegvou Versteek van ware Ellende En die ellende Van die waarheid Leuens maak ń knus kombers Tot hul te veel raak Jou storie: In bloed Op die laken in gepers!!
0
Apr 15, 2014
Apr 15, 2014 at 6:24 PM UTC
leuenkombers