"lankal" poems
Is moeilik om te begryp,
en nie rerig mooi nie.
Dis 'n spoegspat soos 'n herrie-
'n gemmors wat langs die kar staan en bedel.
Dis 'n gemoedsbekakking... ag verskoon tog
verswakking soos die breakdowns innie gossip magazine.
Ag shame , hulle dra ook maar swaar aan society se crimes
en al dai drugs is maar ommie pyn te verlig.
Kyk nounet daar , sterre wat pyn , is seker maar
'n metafoor. Vir wat? Se jy my!
Jy wat my analiseer en dissekteer...
want daar is geen meer sterre wat pyn nie,
die woorde wat rym ennie
ander goeie goed is lankal van alle kleur bevry
in my agterkop waar dit donker is soos
'n land waar hoop 'n feeverhaal is.
Dis te donker om nou te rym,
maar te donker om in te hou...
so ek sny maar die kanker stuk vir stuk uit
en bloei nonsens-ink op die blaai.
Aan die einde is dit nie net die gedig nie.
Dis die ganse wereld wat rym.
Elke herrie en spoegspatter
elke gerookte ster en hartseer kokkedoor
ek , jy - ons almal is 'n gedig.
Ons almal rym...
ons is net te moeilik om te verstaan
en nie altyd mooi nie.
Jun 9, 2015
Jun 9, 2015 at 5:07 PM UTC
Daar is niks meer om te sê nie
Ek weet nie wat ek wil hê nie
Daar is niks meer om te sien nie
En alles raak nou blou.
Laslappies las komberse
Nie die gebroke mense
Of stukkies glas
Van ń siel wat lankal nie
Meer pas nie.
Maar dit keer my nie
Dit steur my nie
En ek sit en naald my
Lugkastele aan my vel.
Ń Asjmykomal op my voorkop
En ń golden great marriage
Op my linkerhand.
So spaar maar my lawaaiwater
En bring die tissues
Ons celebrate later
My twintowers en
Ander airplane-related issues
Dit is 11 September in my hart
Daar is niks meer om te sê nie
Ek weet nie wat ek wil hê nie
Daar is niks meer om te sien nie
En alles raak nou blou.
Bou nog ń lugkasteel
Vir jou.
Dit is altyd 11 September in my
Hart
May 24, 2014
May 24, 2014 at 3:08 PM UTC
Eina! Die prikkel van n naald
Gif vloei soos water in my lewens-strome
Val my liggaam aan met geweld
Die skeur en afbreek van my drome
Elkeen voel ek
Dis vir my gesondheid, maar sal my menslikheid nog geld
Dis die knop wat als begin het, nee
Die trek van n kanker stokkie
Die waarskuwing op die boksie gee mee
My lus kon ek nie meer hou nie
'Dis twak, hoekom sal dit op entjies verskyn'
**** ek soos die rook diep in my longe verdwyn
***** is my voorland
Ek kan lankal nie meer op my bene staan
My liggaam het ingesak toe my spiere vergaan
Ek is skaam, so so skaam
Die nurse, nog n kind, moet my doeke ruil
Ek voel verneder, maar dit pyn as ek huil
O dood, ou vriend
Vir my kan jy maar kom haal
Ek wag al maande vir jou,
Maar jyt iewers by die ou langs my verdwaal
Hy was erger, soveel erger as ek
Sy are het al begin kraak
Na Elke inspuiting, of behandeling
Het hy op alles gebraak
Ek is amper daar, ek voel dit aan my
Een van die dae is ek ook aan die dood se sy
Dec 14, 2019
Dec 14, 2019 at 4:00 PM UTC
Die son het geskyn oor die more
van ons mense,
terwyl die mis stilletjies inbeweeg oor hierdie toe nog rustige waters,
Ja wit skuim soos 'n skim
was met duisende
jare van ons voorvaders se rus en vrede verwelkom.
Met bloed van verwoerd het die wit skuim en die skim gesien hierdie paradys is vir hulle baie goed en met 'n spieel en versteekte dolk en drank
agter die kraag
ons"primatiewe volk" se gehee
sistematies
vertraag, belieg, omgekoop
verslaaf
verkrag
vermoor
ultemiet
ook
soos 'n dwaas
heeltemal
verplaas.
.
Die son skyn oor die more
van ons mense terwyl die mis
stilletjies uitbeweeg oor hierdie
onrustige waters, honderde jare
van marteling kan jou brein so
KONDISIOENEER,
om te luister na die valse profeet wat vir jou
dan!!
met
hulle leuns
BEKEER
en
REGEER.
Skrik wakker my mense
dit het tyd geword
om braaf terug te veg vir ons
EER,
want "hierdie pyn"
is van ....lankal af
SEER
.
Jy is eintlik sy baas
Dit gaan oor waar jy jou kruisie plaas,
BRUINMENS
stem!!!
EG
hierdie plek gewaarborg
deur geskiedenis
is
eintlik
JOU
geboortereg.
Sep 7, 2021
Sep 7, 2021 at 2:29 PM UTC